Soms moet ons die berg uitklim, want die uitsig is soveel beter van bo af.
Althea het groot geskrik "Wat gil jy so?"
"Ek kan dit nie glo nie, ek het met 5 onderskeidings my semester geslaag" Dit het dadelik my by opgehelder.
"Natuurlik sal jy, jy studeer jou dan so in 'n mik" Het Althea voort gegaan.
"Ek was bekommerd want met die laaste twee eksamens het ek deur baie gegaan en my kop wou nie die werk absorbeer nie, maar ek was seker maar verkeerd wag laat ek my gaan was en kyk of Esme al terug is" Ek was dadelik opgewonder ek het soos 'n dapper muis die badkamer ingegaan om te stort.
Soos ek die water aan sit en naak onder die shower kop staan en wag vir dit om oor my lyf te loop hoor ek 'n harde skree en klap teen die shower glas.
Dit was Esme haar hande was volbloed soos sy teen die shower glas neer vaal en dit besmeer met bloed.
"Esme!! Esme!" Het ek benoud geskree soos ek die shower pomp toe draai en die deur oop maak. Maar toe ek buite die shower kom is daar geen Esme en geen bloed aan die glas.
Dit het te veel vir my geraak ek het inmekaar op die toilet pot gesit en huil.
"Lexi is alles nog okay daar binne?" Het Althea skierlik gevra.
Ek het vinnig my trane gesluk om reg te klink "Ek is fine"
"Ek hoor seker weer stemme kon sweer jy skree"
"Nee man jy verbeel jou rerig self hoekom sal ek dan nou skree?" Ek het opgestaan en weer in die stort gespring.
Ek het begin wonder wat dit kan wees , ek gedink as ek Nevin gaan uitlos dan gaan alles stop en na normaal keer soos voorheen.
'Dit is in jou bloed' maak weer 'n verskyning in my kop.
"Wat is in my bloed? Hoekom gebeur hierdie goed dan saam met my? Dit kan net my verbeelding is ek moet nog môre 'n afspraak maak met 'n berader" Ek het met 'n swaar gemoed uit die shower geklim.
Althea was uit soos 'n kers op haar bed , sy was seker baie moeg van die travel besigheid.
Ek het maar my handsakkie gevat en uit by die deur geloop oor na Esme hulle se koshuis.
Dus sien ek sy klim weer uit Floyd se golfie hy maak die boot oop en haal haar sakke uit sy soen hom en dus trek hy weg.
"Lex is goed ek sien jou kom help my aaseblief die tasse opdra my been is nog bietjie nie lekker nie" skree sy dadelik.
Ek het nader geloop bietjie verbaas maar gelukkig om haar in eenstuk te sien na die aklige goed wat ek die afgelope tyd oor haar sien end room.
"Ek is so bly om jou weer te sien, ek is so jammer ek het nog nooit vir jou gebel na jou boodskap is jy okay?" Het ek dadelik besorg gevra.
"Ek is in eenstuk , ek het 'n man gehad wat vir my die hele twee weke gesorg het, dink net girl my was water aangedra my gehelp was hy my net op die skinkbord gedra." Sy was baie gelukkig ek kon dit op haar gesig sien.
"So jy wil vir my sê dat jy nog nooit by die huis uitgekom het?"
"Nog nooit nie toe die bus omkeer toe beland ek in een van die hospitale en toe kom kuier Floyd my en toe ek onslaan word toe bied hy aan dat ek by hom gaan bly"
Ek het haar een tas gevat ek was baie geskok my vriend was die heeltyd hier maar nooit gesê 'Lexi ek is hier wil jy nie na my toe kom of op my opcheck'
Ek wou dit vir haar sê, maar ek kon nie dit sou lelik klink.
"Ek sien , nee jinne ek is bly jy het jou geniet en dat Floyd so mooi na jou gekyk het, dit wil behoorlik gedoen wees" Het ek geglimlag.
Sy was op die wolke en ek gaan nie my vriend se by bederf deur my negatiwiteit.
Ek het saam met haar ingegaan maar nie vir lank nie want ek het weer 'n boodskap van Nevin ontvang.
'Ek sien jy is by Esme ek is buite kom uit asseblief'
'Stalk jy my nou? Weet jy dit is 'n erinstige offence?'
Ek was bietjie lelik met hom , nadat ek weet ek het ook vir hom geval.
'Nee ek stalk jou nie, maar jy vermy my nou al vir 'n week'
'Ek kom, maar ek soek eerlikheid van jou af'
'Enige iets as dit beteken ons gaan mekaar weer gereeld sien enige iets'
Ek het net geglimlag soos ek sy laaste boodkap lees.
"Ek moet nou gou gaan, ek sien jou dan more in die klas en jy beter jou A game bring is die laaste semester"
"Iemand is opgewonder loop net uit my kamer uit toe" Het Esme lag, lag aangegaan.
Ek het verdwyn uit haar kamer.
Ek was op my senuwees want ek het op daardie stadium nie geweet kan ek Nevin vertrou met die waarheid hoekom ek rerig weg van hom af moes bly of steeds moet bly. Of moet ek hom in 'n hoek uit en in oor sy verlede vra.
Om eerlik te wees ek was steeds deurmekaar, ek het nie geweet is die ding geheg aan my of aan Nevin nie maar ek moet iewers begin.
Nevin het 'n arm stut om sy arm gehad en hy het daar gestaan ek het hom jammer begin kry. En ek het skierlik nah om gehardloop en in sy arms te spring. Hy was al te bly
Word vervolg
Comment, like, share
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.