Hoofstuk 5

77 1 0
                                    



Die lewe eindig wanneer jy ophou droom , liefde eindig wanneer jy ophou omgee, en hoop eindig wanneer jy ophou glo.

Ek het my oë twee keer geknip om seker te maak ek sien reg.
"Lexi wees myne, die blaai het vir 'n rede by jou voete beland lexi wees myne" Sy stem was so duidelik.

Maar voor ek 'n woord wou sê oorompel Christo vir Nevin. Ek knip my oë weer en dus verdwyn hulle albei. Ek het so groot geskrik dat ek dadelik opgestaan het en die kamer deur soek het.

"Wat is jy besig om te doen?" Vra Althea toe sy sien dat ek basies die kamer omkrap.

"Het jy twee manetjies gesien die kamer verlaat?"

Althea het my baie vreemd aangekyk, maar ek weet wat ek gesien het.

"Nee ek het nie, hoekom wat gaan aan was hier 'n inbraak moet ek vir huismoeder laat weet?" Althea begin op haar senuwees te raak.

Vir 'n oomblik wou ek sê ja maar  dan val dit my by dit was nie waar nie dit was net weer in my kop hoe op aarde kon hierdie twee hier in my kamer gewees het, Christo is myle ver.

"Dit is nie nodig nie ek voel seker maarnet nie lekker nie"

"Moet ek vir jou medisyne gee ek het genoeg pyn pille?" Vra Althea besorg.

"Dit is nie nodig nie, ek wil nie nou myself dose en netnou wanneer ek moet gaan skryf is ek heel vlou"

Althea het net haar kop geskud en terug ingegaan na die kombuis om haar breakfast klaar aanmekaar te slaan.

Ek het weer terug gekeer na my lessenaar.
Wat kon dit wees want dit was duidelik gewees ek het nog nooit iets so duidelik gesien nie, of miskien is ek besig om maal te raak.

Min het ek op daardie stadium geweet van die gawe.

Die dag het vinnig geloop soos gewoonlik , toe ek myself weer kry staan ek voor die eksamen lokaal en wag vir die tyd om aan te breek , meer belangrik vir die fasiliteerders omte sê ons kan maar inbeweeg.

Esme het my gewaar en nader gekom. Ek wou haar nie naby my hê nie want ek was op my senuwees en ek weet as sy nou weer nader kom, kom vra sy onodige vrae wat gaan maak laat ek paniek. Maar ek kon haar nie wegjaag nie dit sou baie lelik van my gewees het om haar weg te jaag. So ek het maar gelos laat sy naby kom.

"Ek is so jammer ek kon nie vanoggend hersiening saam met jou gedoen het nie ek het besef ek het nie hoofstuk 9 geleer nie , toe moes ek nou die paar ure gebruik om dit te memoriseer." Gaan Esme voort met haar koddige stemmetjie.

"Dit is oraait Esme , solank jy nou reg is"

"Ek is nog nie reg nie myt hart klop vinnig wat van as hulle die hele acts vra?"

Esme het rerig op my senuwees erger begin werk. Maar voor ek my frustrasies kon deel met haar loop Nevin verb yen ek voel hoe my gesig verander.

Ek gevoel hoe my hart vinnig klop die vision wat ek die oggend gesien het speel in my kop weer af.

'Wil jy nie myne wees nie' of wat ook al sy woorde was het weer 'n verskyning gemaak.

"Hy het jou gegroet hoe ken jy hom?" Onderbreek Esme my gedagtes.

"Het hy my gegroet" Vra ek verbaas want ek het nie gehoor of gesien nie.

"Ja hy het, en jy net stil gestaan en niks gemaak"

"Aih esme moet nie so jok nie, hy sal my nie groet nie en as hy my gegroet het sou ek mos gesien het"  Ek was ewe kwaai met esme hoe kon sy vir my so lieg maar dit was die waarheid hy het my gegroet en ek was in my eie wêreld.

"Hy het jou sowaar gegroet"

"Ek nie gesien nie, en ek hom nou die aand buite die bib ontmoet, maar ek was so awkward"

Ek praat nooit hart sake uit nie maar ek moes die stukkie en ek meen klein stukkie vir Esme vertel het, ek kon haar nie baie vertel nie. Ek kon nie netnou dink sy ek is maal veral as ek haar moet vertel van die vision wat ek gesien het..

"Hy is nogals baie aantreklik.."

"Hy is ja!" Gaan ek baie kort af voort.

Die fasiliteerder laat wee tons dat ons moet ingaan.

Nevin kom sit reg voor my.

"Halo, jy wat sigarette mors" Gaan Nevin voort.

Ek het 'n ongemaklike laggie afgegee amper asof dit forseer is.

"Jy kry net nie genoeg van my nie, maak net seker jou blaai val nie weer vandag by my voete nie want ek het 'n rok aan"

Nevin glimlag breed soos hy weer omdraai en voor hom kyk.

Word vervolg .

Comment, like, share

Dit Moes EindigWhere stories live. Discover now