Sluit jou oë in rustigheid en jy sal alles raaksien. Raak stil en luister , en jy sal die waarheid hoor.
"Gaan jy maar liewer klas toe, ek wil aleen nou eers wees ek sal later by Esme hoor waaroor die les gegaan het"
Nevin was langs my ons was oppad terug van die brug af.
"Is jy seker? Wat het gebeur, jy lyk nie lekker na die foon oproep wat jy ontvang het nie"
Nevin was baie oplettend en ek het nie daarvan gehou nie, maar ek het altyd 'n manier gekry om hom te verseker dat alles 'okay' is, seker maar 'n vaardigheid wat ek besit.
"Ek is seker , ek sal beslis na die ander klasse kom ek moet eers hierdie gesprek met my Ma het, ek is oraait ek is seker maarnet bietjie gespanne oor alles wat tans besig is om te gebeur, doen my 'n guns asseblief kyk of Esme okay is" My stem het anders geklink asof dit wil breek. Om eerlik te wees was ek nie myself gewees nie, my kop het miljoene dinge begin dink.
Want hoe kan dit moontlik wees dat Christo ook dieselfde gawe as ek het, dit maak nie sin tensy iemand dit aan ons gedoen het soos 'n vloek oor ons gespreek het, maar dit is nie moontlik nie ons bly tog nie in 'n sprokies wêreld waar alles oor towerkuns draai.
"Is reg ek sal op haar check... Ek gaan jou mis in klas, sterkte en belowe my as jy my nodig gaan het stuur my 'n boodskap ek gee nie om , om in die middel van my klas uit te hardloop nie" Nevin het my 'n pik soen op my lippe gegee, dit het so vinnig gebeur maar ek kon die elektrone voel reg deur my liggaam ons is sowaar vir mekaar gemaak.
En vir 'n oomblik het ek stil gestaan amper asof ek vries.
"Uhmm Dankie ek maakso laat jy wegkom jy gaan laat wees" Ek het vinnig die ongemaklike stilte gebreek.
"Sterkte lief vir jou"
Ek het daar gestaan en kyk hoe hy wegloop sonder 'n woord. Is dit nie te gou vir hom , om vir my te sê dat hy lief is vir my?.
Ek het in die kamer geloop my het vinnig begin klop.
'Moet ek nog jou hand vashou?' Het die stem weerklank in die kamer.
Ek het dit eenvoudig ignoreer , soos ek die oproep maak.
Die foon het aaneen gelui. Dit het selfs na voicemail gegaan.
Ek het weer probeer.
"Lexi my kind aih hoe bly is Mamma dat jy bel ek verlang jou so baie, jou broers ook jou Pa ook die huis is maar stil sonder jou, ek is bietjie teleurgesteld in jou oor die hele Christo gebeure maar ek moet maar vrede maak die lewe gaan aan en jy verdien geluk"
My Ma het die foon baie vinnig geantwoord en baie vinnig ook gepraat sy het my skaars kans gegee om ordentelik te groet of om haar terug te groet. Vir my het dit net vreemd geklink dat sy skierlik nie omgee dat ek en Christo finaal verby is die vorige dag het sy my so verskree op die foon omdat ek haar nie ingelig het nie.
"Dankie dit gaan goed saam met my ook, nou nie snaaks nie maar ek mis julle ook ek hoop om julle binnekort te sien maar ek wil nie nou oor die huis en Pa en my broers praat nie, Mammie daar is vreemde goed wat saam my die afgelope tyd gebeur, ek weet nie hoe om dit te stel nie maar ek hoor iemand en ek sien goed vooruit en die stem het gesê Mammie weet alles"
Ek kon haar asemhaling aan die anderkant van die foon hoor ek het my op die bed neer geplaas.
"Ek... Uhmmm... Lexi ek moes weet o my kind!!" Dit het geklink asof sy besig is om 'n paniek aanval te kry aan die anderkant van die foon.
"Is Mammie okay?" My hart het skierlik weer begin jaag is dit so erg as sy so klink.
"Lexi.... Ek weet nie hoe om jou die te vertel nie maar.. Ek nie gedink dit sal saam met jou gebeur nie, ek was al te bly toe ek sien daar is nie tekens nie ek gedink dit het my bloed vrygespring"
Sy het in raaisels begin praat.
"Wat bedoel mammie?? Ek verstaan nie maar so Mammie is bekend met wat besig is om met my te gebeur??" Ek het 'n hewige knop gesluk.
Daar was 'n groot stilte ek het net haar asemhaling gehoor.
"Sien vroue in ons familie... Vroue in ons familie my kind is swaar ek sal myself nooit kan vergewe nie" Sy het begin huil en met een toe slaan die foon af.
"Mammie!! Mammie !! is jy daar??" Ek het dadelik die foon op die bed gegooi en heen en weer begin loop my hande het begin bewe.
"Wat het sy probeer sê? Wat is dit met vroue in ons familie? Hoekom klink dit asof sy skuldig voel of bang voel vir my? Here help my asseblief , ek weet nie meer watter kant toe nie dit voel asof die duiwel my hele lewe oorgevat het, die vorige paar maande van my lewe was perfek maar hierdie voel soos 'n nagmerie , dit voel donker" Trane het van my wange afgestorm.
Skierlik het ek weer verdwyn in 'n donker visie.
Nevin het met rooi oë na my gestaar hy het 'n mes steek in sy maag gehad my hande was vol bloed en Christo het gestaan en lag vir my. Die mes het op die vloer vol bloed gelê.
"Jy het dit gedoen Lex!!" Skree Christo soos hy uitbars van die lag.
Nevin het na my met groot oë gekyk voordat hy voor my neer gesak het.
Word vervolg.
Comment, like, share.
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.