Hoofstuk 10

65 0 1
                                    



Dit is maklik om die lig lief te hê. Wys my jou donker dele wat jy wegsteek.


Ek het gesmeer , ek het sy hand weg probeer druk ek het geskop maar voor ek weer my oë kon oop maak het ek langs my eie liggaam gestaan.  Ek het my laaste asem uitgeblaas.

En Nevin het begin lag asof hy my na sy kamer gebring het om my te vermoor.

Ek het begin skree "Neeee, neee ek kan nie wil dood wees nie"

Dieselfde bose gees wat ek vroëer die aand gesien het, het langs my kom staan.

'Ek het jou waarsku , maar jy wou nie hoor nou gaan jy brand ek gaan jou lewe hel maak" Het die ding begin lag.

Soos die gees in my oor lag het ek weer bygekom.
Ek was pap nat gesweat.

"Is jy seker jy is oraait?" Het Nevin voor my gestaan met kommer in sy oë.

"Jy het my gewurg! Nevin jy het my gewurg dan vra jy nog is ek oraait wat gaan aan met jou??" Ek het my stem toon verander ek het aggresief begin raak.

"Ek het nie aan jou geraak nie, ek sweer ek sal nie" Het Nevin homself verdedig.

Die gees wou hê, ek moet glo dat dit rerig gebeur het, ek het nie geweet nie, ek het nie geweet wat was besig om met my te gebeur nie.

"Ek ken jou van geen kant af nie, en skierlik.. En skierlik gebeur hierdie goed"

Nevin was deurmekaar ek kon sy gesig uitdrukking sien.

"Lexi het jy nie van die spesiaale koekies geeet wat kurt gemaak het?" Het hy gevra met groot oë.

Ek het gestaan en my kop vasgehou "Die goed wil net nie verdwyn nie ek weet nie wat aangaan nie!" Het ek begin gil en uit Nevin se kamer gehardloop.

"Esme! Esme!!" Het ek wild begin skree.

Almal het dadelik alles gestak waarmee hulle besig was om my aan te kyk.

Esme was nie tussen die bondel nie.

"Esme!!! Esme!!!!!" Het ek aaneen geskree soos ek tussen die mense deur loop.

"Nevin se piel doen wonders ek sal moet try!" Maak Keathon 'n opmerking.

Ek het uitgestorm ek kon aan my voel iets is besig om te gebeur , maar ek kon nie my vinger op dit sit nie. ek het vir Esme gesoek en gesoek maar ek het nie vir Esme gekry nie.

Nevin was agter my "Lexi ek is seker sy is saam met floyd, kalmeer"

"Hoe kan jy vir my sê ek moet kalmeer jy het my amper dood gemaak ! Ek loop nie sonder Esme nie" Ek kon aan my voel, ek moes nooit vir Esme aleen gelos het daardie aand met Floyd.

Nevin het 'n manier gekry om my te kalmeer "Kom ek vat jou na die koshuis sodat jy kan slaap"

"Maar Esme"

"Esme is oraait sy is groot sy is saam met Floyd, kom ek loop saam met jou op die manier weet ek jy is veilig" Nevin het my ooreed om te loop sonder dat ek weet Esme is veilig.

"Kom aan en jy sit nie jou hande aan my nie verstaan ons mekaar"

"Maar, ek het nie my hande aan jou gesit nie"

Hy het sowaar nie sy hande aan my gesit nie maar alles het so werklik gevoel.

Ons twee het begin loop, hy het sy baatjie vir my uitgetrek en oor my gegooi soos hy langs my loop.

"Ek is jammer , ek was vanaand so dramaties is net iets voel nie reg nie, en ek kan nie verduidelik nie ek verstaan dit nie" Ek het baie sleg op daardie oomblik gevoel omdat ek Nevin so sleg behandel al wat hy probeer doen het vir die hele nag is dat ek gemaklik moet voel en wat doen ek, ek mors alles op.

"Ek verstaan, ek neem jou nie kwalik nie vandat jy hier gekom het, het jy nie reg gelyk nie miskien moes jy maarnet by die koshuis gebly het ek sou verstaan..." 

Nevin het sy hande heen en weer geswaai soos hy vir my probeer verseker dat ek nie hoef bekommerd te wees nie.

"Maak net seker Esme is by jou vriend bel hom nou asseblief"

Nevin het nie nog twee keer gedink hy het sy foon uitgehaal en dadelik vir Floyd probeer in die hande kry op whatsapp.

"Geen luck Lexi, hulle twee is seker besig om op te vang ek is seker"

Soos ons loop het ek skierlik in 'n damp bloed getrap...

"Nevin!! Nevin! Bloed!!" Het ek benoud geskree soos ek my voete sien wat bedek is met bloed.

Word vervolg

Dit Moes EindigWhere stories live. Discover now