Om weg te hardloop van jou probleme is die een resies wat jy nooit sal wen nie. Kniel eerder voor God dan sal jou probleme weghardloop van jou af.
"Ek het jou vreeslik verlang Lexi" Nevin het my styf vasgehou met sy een arm wat nie in 'n stut is nie.
En dis het ek vinnig weg geruk dit het so goed gevoel om in sy arms te wees die manier waarop hy my styf vasgehou het, het my laat veilig voel, maar ek moes wegruk die oomblik toe ek onthou dat ek nie naby hom moet wees nie. En vir die tyd wat ek weg van hom afgebly het ,het ek nog nie weer kontak gemaak met die bose gees nie.
"Wat gaan nou aan? Het jy my nie verlang nie?" Het Nevin heel deurmekaar gevra.
"Ons mag nie, ons kan nie" Ek het vinnig van hom af weggehardloop.
Hy het al agter my aangehardloop "Lexi ek het letterlik my gevoelens vir jou erken , weet jy hoe dit voel wanneer 'n man moet erken da thy gevoelens vir iemand het?? Weet jy ??? Dit is nie maklik nie Lexi maat ek weet wat ek vir jou voel, en ek kan sien jy voel dieselfde hoekom hardloop jy van jou gevoelens af weg? Is dit omdat die Christo manetjie jou seer gemaak het"
Ek het in my spore omgedraai en in 'n oomblik van wan sin vir Nevin 'n klap gegee "Jy praat nie met my so nie! Jy bring onder geen omstandighede vir vir Christo op nie! julle mans is almal dieselfde! Maak asof dit sulke groot feminine ding is om jou gevoelens te erken!"
Nevin het sy wang gestreël met sy een hand hy was geskok.
Om eerlik te wees ek was ook bietjie geskok wat het in my gevaar hy het nie lelik bedoel nie, hy het nie eers iets gesê wat lelik was nie.
"Wat gaan aan met jou? Is asof jy woede in jou het een oomblik is jy nxa met my en die ander oomblik ignoreer jy my vir 'n week en as jy my sien spring jy in my arms end an stoot jy my weg en dan is jy so rou met my" Die woorde het met soveel seer uit Nevin se mond gekom. Ek kon sien da thy rerig vir my geval het. En ek het vir hom geval.
Die donker ding het weer agter Nevin begin lag 'Goed so Lexi, goedso! Jy doen die regte ding stap nou weg vertrou my die is beter vir altwee van julle loop weg voor jy hom seer maak'
"Jy jou gemors , is deur jou wat ek hom geklap het!! Is deur jou wat ek glo hy is besig om mind games met my te speel!! Vok uit my lewe uit!! Gaan terug waarvandaan jy kom !! En dit is in die hel jou duiwel!!!" Ek het geskree. Nevin kon nie die ding hoor of sien nie.
Hy het natuurlik gedink ek praat saam met hom.
"Lexi wat gaan met jou aan? Vok jy is een weird meisie" Nevin was geskrik en het dadelik weg begin loop.
"Asseblief moet nie gaan nie!" Trane het van my oë afgeloop.
"Hoekom moet ek bly? Jy is dan so rou met my? Ek het jou niks gemaak nie" Sy rug was op my gedraai maar hy het stil gestaan.
"Ek is so jammer, maar bo natuurlike dinge is besig om met my te gebeur, ek is gewaarsku om weg van jou af te bly" Die woorde het my mond verlaat sonder dat ek twee keer daaroor gedink het.
Hy het dadelik omgedraai en tot by my gekom "Hoe meen jy bo-natuurlike dinge soos spoke?"
"Ja soos spoke en meer as spoke soms , ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie, ek het nog niemand vertel nie maar dit gebeur nou al van voor die vakansie ek weet nie wat om van dit te maak nie en as ek nie doen soos van dit wat vir my gevra word nie dan kry iemand seer" Trane het gestroom van my wange.
Nevin se oë het dadelik gerek en hy het 'n diep knop gesluk "Kan dit waar wees?"
"Ek het geweet jy gaan my nie glo nie, ek het geweet!"Ek het baie histeries voort gegaan.
"Nee , ek glo jou! Ek glo jou! Dit verduidelik jou snaakse gedrag die aand in my kamer wat jy aangeneem het ek het jou gewurg , die oomblik toe jy en Esme by die party kom dit begin sin maak hoekom jy so aangegaan het... Ek glo jou" Het hy vinnig voort gegaan. Hy het my 'n drukkie gegee maar iets omtrent sy gesig uitdrukking was ander dit was asof hy van iets weet waarvan ek nie weet nie.
"Ek is bly jy glo my! Ek kon dit nie meer langer in hou nie"
"Ek moet nou gaan ons sien mekaar more by die klas" Nevin het ewe skierlik vinnig weg geloop asof hy iets wegsteek.
Word vervolg
Comment, like , share.
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.