Maak my liewer seer met die waarheid as wat ek bedreig word met 'n leuen.
"Is jy ook lief vir my?" Het Nevin gevra soos hy langs my terug na die brug se kant loop om Airtime te koop.
"Ek wou eers daarteen baklei maar , ek kon eenvoudig nie." Het ek al te skaam aangegaan.
'Jy wil nie hoor nie!!!! Ek waarsku jou vir jou eie bes wil!!! Ek is nie jou vyand nie!!! maar jy maak my jou vyand' Dit het donker begin raak in die middle van die oggend het dit begin donker raak die stem het kwaad geklink en die wind het kwaai begin waai.
"Kom Lexi ons moet by 'n veilige plek uitkom!! Die wind is te sterk!!" Nevin het my aan my arm getrek.
"Dit is die gees! Dit is kwaad ons moet op die brug uitkom ek moet my Ma vra wat aangaan" Ek het gesweer ek gaan nie laat die wind my keer om by die cafeteria uit te kom nie.
" Is jy van jou sinne beroof? Ons gaan dit nie tot by die brug maak nie ons moet nou net hier iewers indraai luister vir die eenkeer na my" Nevin het my behoorlik in 'n gebou getrek.
"Ek moet weet anders gaan dit nie ophou nie" Ek het kwaai met hom aangegaan op daardie oomblik was my emosies onkeerbaar.
"Lexi ek verstaan jy moet airtime kry om jou Ma te bel maar kyk hoe lyk dit daarbuite dus 'n storm jy gaan seerkry ons moet vir nou eers net hier in die gebou skuil totdat dit weg is"
En nes ek vir Nevin wil terug antwoord gebeur dit weer ek kry 'n visie.
Floyd slaan aan Esme. Hy slaan haar laat die bloedspat in sy kar.
"STOP!!! STOP!! JY MAAK HAAR SEER!!!" begin skree ek.
"Lexi is jy oraait?? Is jy oraait?"
Nevin het my weer terug gebring na realiteit.
"Floyd slaan aan Esme!!!" Ek het gebewe en ewe skierlik kom die son weer uit en die winde raak rustig.
"Wat bedoel jy??" Nevin kyk na buite verbasend.
"Ek hoop jy glo my nou" Hy het gesien hoe dit buite lyk hoe die weer vinnig weer na normaal toe verander het.
"So dit is waar? Jy het soort van 'n gawe??" Sy mond het oop gehang.
"Ek vermoed so een waaroor ek nie beheer het nie, of ek verstaan dit nie, my Ma sal my miskien duidelikheid kan gee"
Ek was daardie oomblik baie bekommerd oor Esme , maar soos voorheen die goed wat ek oor haar gesien het, het nie waar geword nie net die voor val met Althea het waar geword.
"Wat het jy oor Esme en Floyd gesê?" Het Nevin gevra.
"Ek het 'n visie gekry dat hy aan haar slaan , maar ek weet nie of dit waar is nie, nie al my visies word waar nie , ek weet nog nie hoe en wat die gawe is nie en hoe om dit te beheer en al hierdie dinge ek is deurmekaar Nevin ek wil gaan kyk of Esme reg is maar ek wil ook nie want al die visies wat ek oor haar gekry het die afgelope tyd het nie waar geword nie" Ek het so vinnig begin praat laat my asem skoon jaag.
Nevin het daar gestaan en my aangekyk hy het sy kop begin krap
"Ek weet nie wat om vir jou te sê nie, maar kom ons gaan koop die airtime en dan bel jy jou Ma en dan gaan ons klas toe ek is seker Esme is oraait Floyd sal nie aan haar slaan nie"
Ek was op die punt om 'n ineen storting te kry.
My foon het dadelik gelui nes ek en Nevin die gebou verlaat dit was 'Christo'
"Wat soek jy?? Daar is nie plek in my lewe vir jou nie!! wat soek jy!!" Het ek dadelik begin raas oor die foon.
"Jy moet my terug vat asseblief, vreemde goed is besig om te gebeur en jou Ma reken is omdat ons mekaar gelos het ek weet nie wat aangaan nie Lexi maar ek sien en hoor goed!!"
Ek kon in sy stem hoor dat hy bang is, maar wat ek nie verstaan het is hoekom hy ook vreemde goed sien en hoor of speel hy speeletjies saam met my?
"Ek is oppad klas toe, ek kan jou nie help nie gaan sien 'n pastoor en moet my nie meer bel nie!"
Ek het die foon in sy oor neergesit.
En Nevin het na my gekyk "Wie was daai?"
"Somer maar niemand nie jy weet hierdie mense wat kontrak fone aan mens wil afsmeer" Ek moes lieg mens kan nie jou huidige met jou verlede meng nie dit werk eenvoudig nie.
Die feit dat snaakse goed vir Christo ook begin pla het, het in die agter kant van my kop vas gesit . Daardie woorde het oor en oor in my kop afgespeel.
Het Christo dalk ook die gawe?
Of is dit hy wat hierdie speeletjies saam met my speel , omdat ek aanbeweeg?
Iets maak net nie vir my sin nie.
En ek was reg iets het nie sin gemaak nie maar die beseffing kom altyd te laat..... Te laat..
Word vervolg
Comment, like, share

YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.