As 'n eier vanaf die buitekant gebreek word dan eindig lewe. As 'n eier vanaf die binnekant gebreek word dan begin lewe. Aller groot dinge begin vanaf die binnekant.
Die trane loop af van my wange af soos die criminal law vraestel voor my lê en skierlik verdwyn ek weer na die verlede.
Die laaste dag toe ek Ashton verlaat het speel in my kop af. Die manier waarop Christo my 'n drukkie gegee het en ons laaste soen, sy laaste woorde is vars in my kop
"Lex ek sien jou June vakansie , sterkte en maak die beste van jou semester as jy goed doen sal ek jou op daardie piekniek date vat, pas jou op en onthou wat jou doel is fokus ek is lief vir jou Lex"
Ek het hom styf vasgehou so styf asof ek geweet het dit was ons laaste tyd saam. Ek wou nog altyd op 'n piekniek date gegaan het een tussen die wingerde, maar Christo wou nooit nie. Hy het geen romanse in sy lyf gehad nie, hy was soos die eier wat van buite afbreek en dood is. Christo kon nie eers ordentlik liefde maak nie, hy het hierdie crazy porn obsession gehad en wou dinge altyd op daardie manier doen rof en beskof, nie dat ek nie gehou het van die manier waarop hy dinge doen , maar soms moet 'n vrou delekaat behandel word.
Hy was my eerste en ek sy eerste ons albei was maar min ervaar. Maar elke keer as hy my geraak het, het ek iets spesiaal gevoel, jy weet daardie butterflies waarvan almal praat en ek nie omgegee hoe hy my behandel nie ek was verlief.
Ek het vir ou laas na hom gekyk voor ek op die taxi geklim het, dit was 'n lang rid gewees.
Skierlik kom ek weer by en sien die vraestel voor my en die tyd by die groot horlosie voor.
Ek het vinnig my trane afgevee en my pen opgetel en begin skryf ek het blank geslaan toe ek die eerste vraag lees, en ek het my oë vir 'n sekonde toe gemaak om te mediteer om al die negatiewe gedagtes uit my kop te kry en dit het gewerk toe ek na die tweede vraag gaan kom alles wat ek die afgelope dae studeer het terug. Veral die werk wat ek hersien het toe Christo se nuwe meisie se moord in my kop afspeel. Dit was so duidelik die pen het behoorlik oor die papier gegely.
"Julle tyd is op sit neer julle penne" Maak een van die fisiliteerders hulle self duidelik.
Ek het met trots en trane in my oë my pen neer gesit dit was my laaste module ek het bietjie verlig gevoel, maar soos ek uitstap val dit my by dat ek moet Ashton toe gaan vir die vakansie en dit beteken ek gaan vir Christo sien , natuurlik gaan ek hom sien Ashton is so klein.
My glimlag het dadelik weer in 'n frons verander.
"Was die vraestel so sleg dat jy skaars wil glimlag" Gaan Nevin voort.
Ek wou Nevin daardie dag die tief in my gewys het, maar dit was nie sy skuld dat ek gevoel het soos ek gevoel het.
So ek het maar weer my glimlag terug op my gesig gesit en na hom gekyk.
"Dit raak nou 'n gewoonte , dat jy my so onkant vang" Het ek in die mees vriendelikse manier geuiter.
"Dit voel net vir my maklik om jou te nader"
Al wat deur my kop gegaan het was 'hy is 'n smooth talker' Met daai ligte bruin oogies van hom en sy dimple wat duidelik uitsit wanneer hy glimlag.
"Is dit, ek bly jy voel gemaklik om saam iemand te praat wat jy paar dae gelede amptelik ontmoet het" Ek was bietjie kras, maar hy verdien dit nadat hy en Christo so 'n scene opgeskop het in my kamer vroeeër al was dit nie werklikheid nie het dit so gevoel.
En ek het begin wonder hoekom dit gebeur het, wat was die boodskap. Op daardie stadium het ek nie die boodskap verstaan nie.
"So hoe was die vraestel jy is seker bly jy is klaar?" Het hy gevra asof hy nie die boodskap kry dat ek rustig aleen wil terug loop na die koshuis.
"Dit was redelik gewees, ek is bly ja" Ek het hom beantwoord sonder om hom die vraag terug te vra.
"Dankie dat jy gevra het die vraestel was bietjie moeilik en ja ek is ook bly kyk hier wil jy nie dalk vanaand na vishuis toe kom daar is 'n pens down situation wat gebeur"
Tipies Nevin , ek wou 'nee' sê en myself bejammer in my kamer want ek weet vir 'n feit Althea gaan uitgaan so ek gaan aleen wees. En ek wou my pap drink dit was die plan.
"As ek kan 'n vriend saam bring dan kom ek met graagte" Het ek baie opgewonder voort gegaan ek wou Esme saam sleep op die manier weet ek , ek het iemand wat agter my kyk en seker maak geen boy vat kanse nie veral nie Nevin nie.
"Jy is meer as welkom om 'n vriend saam te bring"
"Sien jou dan later" Ek het vir Esme gesien en dadelik vir Nevin gegroet om tot by haar te gaan.
Min het ek geweet Nevin het daardie dag daar gestaan en na my gekyk met 'n glimlag soos ek na Esme gehardloop het.
Word vervolg
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.