Die lewe is kort en dit gaan gou verby moet nie 'n minuut mors om aanstoot te neem of om negatief en bitter te wees nie kies om elke oomblik gelukkig te wees.My moeder het daardie middag vir my gebel, om te hoor moet sy geld stuur vir my om huistoe te gaan vir die vakansie.
"Ek gaan nie meer huistoe kom nie, stuur vir my die geld sodat ek maar vir my kos kan koop."
Ek het in die oomblik die besluit gemaak om nie meer Ashton toe te gaan vir die June vakansie nie, ek wou net nie heeltyd in Christo raak loop nie, ek bly liewer op kampus stok siel aleen en vervelig sal 'n boek kry of series om die tyd te stoot."Lexi ons verlang jou my kind, jy is so ver van die huis af en nou wil jy nie huistoe kom nie jou broers verlang jou"
My ma het baie hartseer oor die foon geklink, en ek het sleg gevoel maar om in daai plek te wees gaan my net meer martel as enige iets anders en al wil ek so graag my familie sien wil ek dit nie aan myself doen nie, ek is beter af hier in Bloemfontein waar daar geen herinderinge van ChriLex is nie. ja dit is wat ons mekaar genoem het.
"Ek weet Ma , maar ek het 'n belangrike projek waaraan ek moet werk en as ek by die huis is sal ek nie fokus nie"
Ek moes vinnig aan 'n verskoning dink, want ek kan nie vir haar vertel dat ek nie wil kom omdat ek nie vir christo wil sien nie.
"Aih my kind solank jy veilig is en kos het is alles oraait ek is lief vir jou, jou Pa en broers gaan teleurgestel wees maar ek verstaan"
Dit het my seer gemaak maar ek weet as ek nou hier bly en eers met die volgende vakansie gaan sal ek teen daai tyd beter voel.
Ek het my Ma met 'n swaar hart gegroet.
"Lexi gaan jy nie bietjie uit saam met ek en my klasmaats ons gaan bietjie vir Bloemfontein plat verf" Althea was nat uitgevat en reg vir die aand en dit was maarnet half vyf gewees, ek was nog in my rokkie.
Ek wil so graag 'ja' gesê het vir Althea maar ek kon nie want ek het Nevin belowe ek sal kom en as 'n regs student moet ek by my woord hou al kan ek lieg maar ek het nie sy nommer nie.
En wie wil dan nou saam met 'n groep sielkunde studente uithang. Dink net, ek wil nie oor myself heelaand hoor nie.
"Ek kan ongelukkig nie vanaand nie, iemand in my klas hou ook 'n pens down besigheid, en ek wil graag gaan ek nodig bietjie uitkom op my eie" Ek weet nie het dit rof geklink nie maar ek gaan meeste van my tyd uit saam met haar.
"Daar is geen probleem nie Lexi , geniet jouself en vat iets uit my hangkas want ek weet jy hou nie van boud wys nie ek het hierdie oulike swart number hier"
So ek het nie style nie, is dit wat sy probeer sê, is dit wat sy probeer sê? Maar in die agterkant van my kop weet ek, ek het nie style nie ek trek alewig soos 'n man aan tracksuits en so en in die somer het ek rokke wat mooi net tot onder my kniee kom.
Althea het die mooiste kort swart rok uit haar hangkas gehaal. Ek kon my op daardie oomblik in dit sien. My oë het geskitter.
"Dit is net reg vir daai bene van jou girl , as ek sulke mooi bene gehad het was ek elke dag in kort rokke" Het Althea met 'n glimlag op haar gesig aan my gesê.
Dit was winter buite en Bloemfontein se weer was 'n tief gewees , maar ek Lexi Callum was nie by dit gewees nie ek was lanklas uit gewees so hoekom nie .
Althea het geloop en ek het vinnig in die stort gespring.
Soos ek onder die water staan, maak Nevin weer sy verskyning hierdie is hy kaal en sy neus bloei ek het dadelik die water afgesit om hom te help maar voor ek aan hom kon vat het hy verdwyn.
Ek het paniekerig begin raak , ek het op daardie stadium gedink ek is besig om maal te raak ek wou nie eers meer na die partytjie gaan ek het op my bed met die towel rond om my lyf gesit en probeer sin maak. Dit was nie die eerste keer wat ek sulke duidelik visions kry nie.
Ek kan onthou toe ek maar net 7 jaar was het ek die eerste vision gekry my Uncle my Mammie se broer het twee weke na daai vision dood gegaan in 'n tragediese ongeluk, ek het dit nooit met enige iemand gedeel nie end it was die eerste en die laaste keer wat dit gebeur het dit het vir my vreemd gevoel dat dit weer begin het eers met die droom oor Christo en toe die duidelike baklei tussen hy en Nevin en nou weer.
Ek het begin bewe want dit was 'n teken dat iets sleg gaan gebeur iemand gaan dood gaan of iets gaan gebeur ek wens ek kon op daardie stadium geweet het wat dit was , maar ek het nie geweet nie ek was deurmekaar.
Word vervolg
Wat dink julle is die betekenis agter die vision wat sy gekry het oor Nevin se neus wat bloei.
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.