Hoofstuk 2

111 0 0
                                    



Soms bevind jy jouself in die middel van nêrens en soms in die middel van nêrens vind jy jouself.
Ek het daardie oggend terug gekeer na die koshuis kamer, my kamer maat was alreeds weg om haar eksamen afte le. Ek het die kamer vir myself gehad, ek het eers vir my 'n stewige onbyt aanmekaar geslaan en na daardie onbyt het ek aan die slaap geraak. 

Ek het begin droom, en in my droom was ek by die huis gewees in Ashton 'n klein dorpie in die wes-kaap. Ek was tussen my hele familie en ek was gelukkig. Skierlik was daar 'n klop aan die deur en my ma gee my 'n bevel om die deur oop te gaan maak.. ek het nie nog twee keer gedink nie ek het gehardloop om dit oop te maak want ek het geweet dit is Christo , ek het in sy arms gespring maar hy het my skierlik weg gestoot en geen woorde het sy mond verlaat nie.

Ek het wakker geskrik sweatdruppels het van my voorkop af getap. In daardie oomblik wou ek sin maak van my droom.
Ek het dadelik vir Christo 'n boodskap gestuur.

'Ek gaan jou nou bel my lief'
Dit was sy presiese woorde op die boodskap.

Ek het nie verstaan hoekom hy my wou bel nie, hy kon mos net gesê het hy is 'Oraait' .

Maar duidelik het hy iets op die hart gehad. Ek en Christo het sedert Hoër skool uitgegaan, ons het paaie geskei nou nie opgebreek nie ,maar ek wou na die universiteit van die vrystaat kom en hy wou in Stellenbosch studeer. Ons het besluit om die afstand verhouding ding 'n kans te gee en dit werk perfek of ek het gedink dit werk perfek want ons het mekaar vakansie tye gesien as ons albei in Ashton is.

My gedagtes het weer met my begin speel wat kan so dringend wees dat Christo wil bel, hy verlang maar seker net my stem, maar die droom was ingeprint in die agterkant van my brain.

Die foon het gelui en ek het dadelik geantwoord.

"Het jy my so verlang dat jy nie wil text vandag nie?" Vra ek dadelik soos ek die foon optel met soveel geluk in my stem.

"Ey Lex , ek en jy moet praat" Christo se stem het anders daardie dag geklink, baie anders.

"Om jou te mis breek my hart elke dag Lex" Gaan Christo aan die anderkant van die foon voort.

"Ek mis jou netso baie, maar is amper vakansie dan sien ons weer mekaar"

"Ek weet nie hoe om die te sê nie Lex ek wou wag tot die vakansie maar ek dink nie dit is regverdig teenoor jou nie, ek kan nie meer die afstand verhouding doen nie dit werk nie vir my nie Lex"

My trane het op daardie oomblik vanaf my wange geloop ek kon nie glo wat hy uiter nie.

"Bedoel dit jy breek op saam met my?"

My stem het gebreek soos die woorde oor my lippe gegaan het.

Ek kon hom hoor asem haal oor die foon "Ja Lex ek breek op saam met jou ek hoop nie jy vat dit persoonlik nie, ek meen ons kan altyd vriende wees"

'Vriende wees' Daardie stukkie het my bietjie gekrap maar ek het nie veel gesê nie my hart was in stukke hy was al mans mens wat ek geken het en 'n toekoms mee gesien het, ek het nooit gedink ons sal opbreek nie nooit.

"Dit is okay Christo geniet jou dag" die foon het ek in sy öre neer gesit.

Ek het dadelik my kop toe gegooi met die kombers en ek het begin huil soos ek nooit van te vore gehuil het nie , dit was die eerste keer wat ek gevoel het hoe my hart kan pyn sonder dat ek enige medikasie daarvoor kan drink.

My kamermaat het na paar ure terug gekeer van die eksamen lokaal en ek het steeds gelê en huil.

"Lexi is jy okay my skat?" Het sy met haar mooi stem bo my bed gevra.

Ek het die kombers oopgegooi en sy kon my rooi oë sien en my nat kussing.

"My skat, hoekom huil jy" Sy sit dadelik op die bed en streël haar koue hande oor my voorkop.

"Hy het my gelos, Christo het my gelos ek weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie alles het dan so perfek gewerk skierlik voel hy die afstand werk nie weer vir hom nie" Ek het gehuil nie eers Althea kon my stil kry nie.

"My skat sulke dinge gebeur, moet nie laat Christo jou so laat huil nie, miskien het hy iemand elke dag nodig by hom dit is hoe somige mans is , hulle kan nie langer sonder iemand nie jy het niks verkeerd gedoen nie" Athea was baie besorg.

Maar ek wou niks verstaan het op daardie oomblik nie dit was te seer, te seer en ek wou sin maak van alles.

"Miskien het hy iemand anders, dit kan wees die vark! Ek is klaar met mans"

Althea het geglimlag "Aih my skat jy is nog ver van klaar af met mans kyk net hoe mooi is jy dink jy rerig jy is klaar met mans? Christo is 'n idioot ek ken hom nie persoonlik nie maar hy klink dom.."

Althea het my daardie middag moed ingepraat al wou ek net lê.
Christo was rerig 'n vark hy kon ten minste gewag het dat ek my middel jaar eksamen klaar skryf maar nee hy kom drop die nuus in die middel van my eksamen.

Althea het verdwyn na haar groep vriende omte studeer vir 'n module wat hulle die volgende dag skryf. Ek het moedeloos in my bed gelê. Ek wou nie eers daardie aand na die bib toe gegaan het nie.

"Lexi! Lexi!" Klop Esme aan my kamer deur.

As dit nie vir Esme was nie het , ek totaal en al nie daardie aand bibioloteek toe gegaan om te gaan studeer vir crim nie.

Ek het met trane in my oë die deur oop gemaak.

"My genade dingetjie wat makeer jy" Het sy in haar koddige stemetjie gevra.

"Ek het nog nooit so dood gevoel soos ek nou voel nie"

"Jy lyk rerig asof jy besig is om die emmer te skop nee jinne trek jou aan ons moet daai criminal law gaan wys wie is ma" Esme was nie die tipe mens wat jou sal jammer kry of saam met jou in jou elende sit nie sy is die tipe persoon wat jou sal aanmoedig om op te staan.

Ek wou graag hê Esme moet weer vra 'Wat fout is' sodat ek kan vir Christo vloek en my woede uitkry maar nie Esme nie sy het net eending op haar mind gehad en dit was om te gaan sit en studeer.

Word vervolg

Dit Moes EindigWhere stories live. Discover now