Hoofstuk 14

31 0 0
                                    



Liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou dit hou aan hoop dit verduur alles.


Ek het vir Nevin tot voor sy koshuis geneem.

"Ek dink , ek moet gaan dankie vir die geselsie ek dit baie geniet ek het nog lanklas so lekker gelag"

Nevin was in sy element skoon vergeet sy neus het gebloei.

"Nee wag Lexi, dit is nog middag en vroeg wat gaan jy nou doen, want indien jy niks planne het kan ek net vinnig vir my 'n T-shirt aantrek en dan kan ons ice cream gaan kry"

Ek het geen planne aangehad ek sou net terug na die koshuis keer om te slaap, maar ek geniet Nevin se geselskap.

"Wag ice cream in die middle van winter? Vat jou kop reg maar ek is nie verbaas jy is dieselfde manetjie wat 'n blote T-shirt aan het in die koue.. Ek stel voor jy kom oor na my toe dan maak ek vir ons hot chocolate" Het ek 'n voorstel gemaak.

Hy het breed geglimlag "Dit klink na 'n plan maar, wat van die koshuis moeder?"


"Tegnies is sy op vakansie, en ek en paar meisies is aleen ek dink nie een van hulle sal my aankla of iets nie want ons almal doen dieselfde"

Ek weet nie hoekom ek Nevin daardie middag oorgenooi het nie, nadat ek 'n duidelike waarskuwing van die swart gees ding afgekry het.

"Okay dan gee vir my paar minute jy kan solank hier op die stoep sit" Nevin het vinnig in gehardloop.

Ek het begin hou van die idea dat Nevin in die omte is, en ek ken hom skaars twee weke, maar vir een of ander rede voel ek veilig as ek in sy geselskap is, en die feit dat hy nie dink ek is maal toe ek hom beledig het dat hy my gewurg het en dat ek bloed op my voet gesien het.

Alles speel daardie oomblik  somer weer in my kop af.

'Wat is besig om te gebeur?'

Ek het nie verstaan nie.

"Ek is terug" Nevin het vars geruik en hy het 'n baie stywe T-shirt aangehad. As ek na hom staar vergeet ek alles omtrent Christo. Ek meen soos in alles. Miskien is dit verkeerd van my om na ander manne te kyk miskien is dit te vroeg.

"Jy is iets anders, jy kan nou skaars 'n woord uiter ek hou nogals van iemand wat mysterouis is" Ek het nie eers besef Nevin wag vir my om 'n woord te uiter.

"Ek is jammer, ek dink somer net hardop" Het ek vinnig geantwoord.

"okay kom ons loop... Vertel my bietjie meer van jou ek ek meen waar het jy eerste jaar weggekruip"  Hy het langs my geloop.

"Wat presies wil jy weet vra dan antwoord ek, ek laaiks nie somer van myself praat nie. Ek kan dieselfde vir jou vra ek jou vir die eerste keer gesien toe jou blaai verongeluk na my voete waai"

In my kop weet ek dit was 'n toeval dat sy blaai na my voete gewaai het, of was dit 'n toeval? Miskien was dit.

"Uhmm kom ek sien jy is mooi , jy is slim, jy is bietjie weird as jy dagga koekies eet, wat wil ek van jou weet? Ek is einlik bly vir daardie wind want as die blaai nooit by jou voete gewaai het, het ek nooit vir jou geken."

"Ek keer jou, maar dankie.. Maar wat wil jy weet?" ek kon sweer ek het bietjie gebloos.

"Van waar is jy? En van wat hou jy" Hy het effens geglimlag en sy mooi dimple het helder uitgesit.

"Ek is al die pad van Ashton af, as jy nie weet waar dit is nie klein dorpie in die wes-kaap mense daar is nogals baie nice ons almal ken so te sê mekaar... Waarvan hou ek uhmm kom ek kyk ek hou van manne wat mooi maniere het, ek hou van chocolates ek het nie 'n gunsteling eet letterlik alles daar is so baie goed wat ek van hou" Ek weet nie hoekom ek genoem het, ek hou van manne wat maniere het nie, ek seker my self daar uitgegooi dat ek beskikbaar en reg is.

"Jy kom van ver, ek is beindruk... ek hoop ek maak die kategorie van mans wat oulike maniere het" Hy het my met sy bruin oë aangekyk soos hy terug antwoord.
Ek het begin verdwaal in sy oë.

"Hulle sê mos as jy ver van die huis af is bereik jy jou doelwitte en is jy meer suksesvol as wat jy by die huis , en van waar is jy as ek mag vra?" Ek het sy vraag van mans met oulike maniere kategorie ignoreer, want ek wil hom laat wonder.

My foon het skierlik in my  broek sak 'n geluid gemaak, dit het soos 'n boodskap geklink, maar ek kon dit nie antwoord nie want ek was in iemand se geselskap.

"Jy kan jou boodskap antwoord"

"Nee dit is nie nodig nie, ek sal kyk wanneer ons by die koshuis is, so vertel my van waar is Nevin?"

"Ek is van Harrismith, jy sal seker nie weet waar dit is nie, maar ek is van daar, lieflike plek met lieflike mense maar rasisme is nogsteeds so klein bietjie 'n rerige ding daar"

Nevin het nie juis gemaklik gelyk  om te praat oor waarvandaan hy kom nie, ek kon sy gesig uitdrukkings sien met elke woord wat sy mond verlaat het. Maar ek wou nie meer vra nie ek dit gebêre vir later as ons mekaar beter leer ken en hy gemaklik voel om my te vertel van sy 'Bagasie'.

"Ek was nog nooit daar nie, en weet ook nie waar dit is nie, maar klink na 'n lekker dorpie, om eerlik te wees jy is die eerste mans mens wat ek meer lekker gesels hier op kampus behalwe nou Keathon" Ons het die koshuis deur binne gegaan.

"Keathon is almal se bra, hy het werk daai een so ek is nie verbaas" Begin lag Nevin.

'EINA!!!!" Hoor ek 'n stem duidelik skree. Dit het soos Esme geklink.
Ek het dadelik vas in my spore gesteek

"Het jy gehoor?" Het ek dadelik vir Nevin gevra.

"Wat gehoor?" Het Nevin dadelik gevra.

Ek het dadelik agtergekom hy het nie gehoor nie.

"Nee niks" Ek het die geskree ignoreer en verder aan na my kamer geloop.

Nevin het ingegaan en ek het dadelik my foon uitgehaal om die boodskap te lees.

'Die bus was in 'n ongeluk ek lê in die hospitaal , ek weet nie hoe erinstg ek beseer is nie maar my een been was in diepe pyn, maar ek is oraait'

Die boodskap was van Esme. Ek het begin bewe so kwaai dat my foon uit my hande geval het.

"Nevin jy moet nou gaan, ek wil aleen wees"

"Maar ons dan nou net hier gekom" Het Nevin na my toe geloop by die deur.

"Asseblief ek wil net aleen wees asseblief"

Ek het sleg gevoel maar ek wou sin maak van alles en as Nevin nog een minuut hier gaan wees gaan ek nie kan alles mooi aanmekaar sit nie.

"Okay ek bel jou later, jy lyk nie reg nie"

"Ek voel nie reg nie, Esme was in 'n ongeluk maar sy is oraait maar iets maak nie vir my sin as ek aleen is sal ek dit kan uitfigure"


"Ek verstaan sien jou dan" Nevin het bietjie teleurgesteld gelyk maar hy het die kamer verlaat.

'Die tekens is regvoor jou, luister na my bly weg van Nevin af'
Die stem het weer 'n klank gemaak in die kamer.

Ek het met groot oë in die middle van die kamer gestaan.

Word vervolg

Comment, like, share

Dit Moes EindigWhere stories live. Discover now