Hoofstuk 12

63 0 0
                                    




Ons verdrink onsself van oordink. Ons is stadig maar seker besig om onsself te verdrink deur te dink aan alles.

Die volgende oggend toe ek my oë oop maak was ek in my bed in die koshuis kamer.
Die skerp oggend lig wat deur die venster skyn het laat ek sukkel om my oë behoorlik oop te maak.

Ek het dadelik regop gesit en my hande deur my oë gevryf.

"More Roomie! Jy moes 'n lekker aand gehad het toe ek hier kom was jy uit soos 'n kers" Althea het 'n warme koppie tea oor aan my gehandig.

Ek was baie deurmekaar, maar ek het die koppie gevat en dadelik op die grond langs my neergesit.

"More dit is weird! Ek kan nie onthou hoe ek by my bed uitgekom het nie , al wat ek kan onthou is Esme.." Ek het myself dadelik gekeer.

Esme wat buite die koshuis gehang het.. Vrek! ek het vinnig opgevlieg en my slippers gesoek.

"En nou as jy so haas? Wat gaan aan? Jy kon dalk 'n black out gekry het , dit gebeur as mens te veel gedrink het" Het Althea probeer om my gerus te stel.

"Althea, ek het nie baie gedrink nie, was daar nie enige nuus van iemand wat gehang het nie?" Ek het probeer om rustig te raak soos ek vir Althea die vraag vra.

"Nee , man Lex niemand het gehang nie, daar is ook geen nuus van enige iemand wat gehang het nie wat gaan met jou aan die afgelope paar dae?" Althea was besig om haar klere op die bed te gooi reg om haar tas te pak want sy gaan huistoe vir die vakansie.

Ek wou met alles in my deel wat die afgelope tyd met my gebeur, maar ek kan nie, want dit maak self nie vir my sin wat met my gebeur nie.

Ek moes seker weer 'n visie gekry het , want ek kon sweer ek het Esme gesien hang by die boom waar die parking van die koshuis is, dit was so duidelik. En alles wat gebeur het die wurg in Nevin se kamer die gees wat ek gesien het toe ons arriveer Nevin se neus wat gebloei het voor ek geloop het van die koshuis af. Klomp goed het nie vir my sin gemaak nie.. wat is die universe besig om vir my te vertel.

"lexi! Ek praat" Het Althea my weer terug gebring aarde toe.

"Askies tog! Vandat ek en Christo opgebreek het , voel ek nie myself nie"

"Aih hartjie is verstaanbaar , as jou hart in stukkies is voel dit asof jou wêreld inmekaar tuimel is normaal solank jy net nie fokus verloor nie" Sy het so delekaat saam met my gepraat.

Om eerlik te wees, ek weet nie sien ek goed omdat my hart seer is oor Christo of sien ek werklik die goed maak seer so? Ek verstaan nie.

"Ek sal seker oor dit kom, maar verskoon my gou ek wil gou vir Esme bel sy het gisteraand geloop sonder om my te sê, ek is nogals bietjie bekommerd"

"Dit is reg hartjie ek pak solank gaan jy nie huistoe?"

"Nee ek bly hier , het tyd op my eie nodig"

"Jy kort nou reeds om tussen jou familie te wees" Althea kon sien ek wil bel maar sy hou aan met praat.

"Kom ek maak net gou die call dan sal ek vir jou verduidelik hoekom ek nie huistoe wil gaan" Ek het vinnig in die badkamer verdwyn.

Ek het dadelik vir Esme gebel.
Haar foon het reguit voicemail toe gegaan.

"Kan wees dat sy op die bus al is, maar sy kon tenminste vir my 'n boodskap gestuur het" Het ek gesit en redineer.

Ek het op whatsapp gegaan om te kyk wanneer sy online was.
Dit het nog 8 uur die vorige aand gewys.

"Damn! Esme waar is jy antwoord jou foon!" Het ek begin skree in die badkamer soos ek weer haar nommer bel en dit net weer voicemail toe gaan.

"Iets is fout!" Ek het uit die badkamer gestorm.

Ek het nie Nevin se nommer gehad om hom te vra of hy al iets gehoor het nie. Ek het vinnig my pienk gown gekry.

"Lexi wat gaan aan? Jy laat ek bekommerd raak.. Lex!" Althea se gesig het kommer gespel.

"Ek moet, gaan kyk of Esme okay is, sy antwoord nie my oproepe nie en sy was nog gisteraand laas online"

"Die meisie waarmee jy studeer altyd? Ek is seker sy is okay jy bekommer jou verniet Lex , ek sweer die break up maak jou paranoid"

"Paranoid? So nou is ek Paranoid? Ek is nie paranoid nie ek wil net op my vriend gaan kyk as ek net hier gaan sit en niks doen en dink sy is oraait iewers op 'n bus of slaap gaan ek maal raak ek moet gaan kyk of sy oraait is Esme is verslaaf aan haar foon sy sal nooit so lank van Whatsapp af bly nie" Ek het uitgestorm voordat Althea iets terug kon sê.

Soos ek by die trappe af hardloop hoor ek duidelik Esme se stem skree "Lexi HELP MY!! HELP MY!! HELP MY!!!!"

"Esme ?? is jy daar Esme!!" Het ek begin skree soos 'n maal ding soos ek van die trappe af hardloop.

"Wat gaan aan? Hoekom maak jy so vroeg geraas?" Wou die koshuis moeder weet.

"Tannie Martie het jy gehoor, iemand het pas geskree vir hulp!" Het ek aan die koshuis moeder probeer verduidelik.
"Lexi ek het niks gehoor nie, is jy seker jy is okay kind?"

"Ek moet hardloop, ek moet gaan kyk of Esme okay is" Ek het soos die wind uit verdwyn by die koshuis deur.

En skierlik kry ek 'n reuk... dit het soos dood geruik.

"Asseblief! Hou op speeletjies met my speel!" Ek het voor Esme se koshuis op die gras inmekaar neer geslaan en alles het weer donker begin raak.

'Lexi... jy was waarsku' Het 'n snaakse stem met my gepraat die selfde stem van die vorige aand.

"Los my laat ek gaan! Los my !!" Het ek geplei.

Word vervolg.

Comment, like, share .

Dit Moes EindigWhere stories live. Discover now