Hoofstuk 29

14 0 0
                                    



Ons het almal die diepe verlange in ons hart om liefgehê te word sonder da tons vir daardie liefde hoef te kwalifiseer...

Ek het na ware liefde gesmag, maar vir my was dit ontmoontlik.
Na die visie wat ek voor Nevin oor hom gekry het wou ek weg kom.

'My kind alles wat jy sien word waar, maar...' My Ma se woorde het in my kop afgespeel en ek het Nevin hierdie moedelose kyk gegee.

"Nie jy ook nie, ek sal my self nooit kan vergewe nie, nie jy ook nie" Het ek die woorde herhaal.

Hy het my wang gestreel met sy hand "Niks sal saam met my gebeur nie"

Ek kon dit voel ,maar omdat hy my so mooi verseker het niks sal gebeur nie moes ek hom glo.

Ek sal nooit daardie aand vergeet nie ook nie wat die volgende oggend gebeur het nie, ek moes luister ek moes wegkom.

"Ek kan nie meer ons doen nie, jy gaan seerkry terwille van my" Ek moes my trane keer ek wou nie wys dat ek swak is nie.

Ek is maarnet 'n twee en twintig jarige wat sulke groot las op haar skouers moet dra. Vir eens in my lewe het ek iemand gevind wat nie net hier is vir my lyf of wat ek kan aanbied nie maar iemand wat rerigwaar omgee...

"Ek weier, niks gaan met jou gebeur nie, niks gaan met my gebeur nie ons is lief virmekaar Lexi ek gaan nie laat jy deur my vingers glip nie jy is die beste ding wat saam met my gebeur het, ek het lanklas so gevoel ek weet ek is veilig as ek saam met jou is, jy laat ek skoons vergeet van die drama by die huis" Nevin se oë het nat geraak.

En ek het verward gelyk asof ek my hart wil volg maar ek kan nie, want ek het hom lief.

'Dit is nou te laat, jy moes lankal weggebly het ek het jou waarsku dat niks goed hiervan sal kom nie' Het die stem weer sy verskyning gemaak.

Trane het gerol soos ek na Nevin kyk.
"Ek is baie lief vir jou, dit moet jy weet ek kan nie my dag indink sonder jou nie"

"Jy hoef dan nie, ons gaan nie ons stop asgevolg van 'n simple gawe nie" Nevin het my hande in sy hande geneem en my diep in my oë gekyk.

'Dan het hy nog 'n nerv om ons 'n simple gawe te noem!!" Het die stem geskree.

Maar soos gewoonlik net ek kon dit hoor.

Ek was tussen twee, ek het nie geweet watter kant toe nie as ek saam Nevin bly gaan hy seerkry as ek wegloop gaan hy seerkry. Wat is beter die fisiese pyn of die emotionele pyn?
Watter tipe seëning is hierdie gawe? Ek kan voorsien dat mense seerkry maar dit ontneem my van my hart volg. En ek is op die principals van liefde groot gemaak.

"Lexi, ek is sterk ek gaan nie seerkry nie, maar ek kan nie sonder jou nie ek ken jou skaars paar maande maar die eerste dag toe ek jou sien toe weet ek, ek wil jou my vrou eendag maak, die eerste dag toe ek jou sien toe weet ek dit! Ek dit geweet" Nevin het aangehou.

"Okay , vat my net halfpad ek gaan jou nie los nie jy is reg ek gaan nie laat 'n simple gawe in my pad staan nie, ons fokus is nou op Esme en Floyd om te bid vir hulle veiligheid, Ek is lief vir jou Nevin en ek belowe om jou nooit te los nie"

Ek moes nooit die belofte daardie aand aan hom gemaak het nie, ek moes eenvoudig nooit nie maar ek het.

Ons het mekaar 'n diepe en intieme soen gegee voordat ons geloop het. Min het ek geweet dit is die laaste wat ons lippe sou raak.

Nes ons op die voorstoep van sy koshuis gekom het, het hy skierlik in eengesak. Ek moes vinnig die koshuis vader roep en ons het hom hospitaal toe gejaag.

Ek het met my kop onderstebo gesit in die wag kamer terwyl die dokters besig met hom was.

Ek  moes van beter weet, en wegloop.

"Hy is in 'n baie kritieke koma die volgende 24 uur is baie krities, julle kan asseblief sy ouers bel en hulle inlig ek dink hulle gaan nodig wees" Die dokter het hierdie hartseer kyk op sy gesig gehad.

"Hoe is dit moontlik wat het die koma veroorsaak?" Alles van my was deurmekaar ek nie geweet kom of gaan ek nie. Die koshuis vader het aangedui da thy Nevis se ouers sal kontak.

"Sy organe het begin ingee ons weet nog nie wat die oorsaak is nie, maar julle het hom betyds hospitaal toe gebring ons kon dit beheer en hom dadelik in 'n koma gesit dit was die beste opsie"

Vir my was die hele woordeskat van die dokter vreemd maar ek het geweet dit was nie sy organe nie dit was alles konekteer aan ek wat nie na my Ma wil luister nie.

Die dokter het my na Nevin se kamer gelui. Hy het so mooi gelyk wanneer sy oë toe is ek het hom nog nooit so vredevol gesien nie. Ek het dadelik aan sy hand gevat en dit gestreel.

"Ek is lief vir jou, ek hoop jy weet dit en ek is jammer ek is die rede agter al hierdie wat saam met jou gebeur ... (My trane het gerol)  Eersten wil ek sê ek het ook 'n toekoms saam met jou begin sien in my geestes oog, en dit breek my dat ek nie deel kan wees van ons toekoms saam nie, ek weet is onmenslik om jou net hier te los maar ek moes lankal na my Ma geluister het....Is diep seer maar totsiens Nevin ek weet jy gaan die beste prokureur wees jy gaan die hele wêreld gaan jou naam ken... Totsien my lief" Ek het hom 'n drukkie gegee en 'n soen voor sy voorkop en ek het sy kamer met 'n swaar hart verlaat...


Nes ek die gang afloop om uit by die hospitaal te gaan kry ek weer 'n visie hierdie keer is dit duidelik, baie duidelik....

Word vervolg

Comment, like , share

Dit Moes EindigWhere stories live. Discover now