Moed is nie om krag te hê om aan te gaan nie, dit is om aan te gaan wanneer jy nie meer krag het nie.
'Hoe moet ek help waar is jy?'
Ek het probeer terug bel maar haar foon het reguit voicemail toe gegaan.
Ek het vir Nevin 'n boodskap gestuur.
'Is Esme in die klas??? Dit is dringend laat weet my groot asseblief'
Nevin het dadelik 'n boodskap terug gestuur een wat my anks nog erger begin maak het.
'Sy het nog nooit opgedag nie, is jy okay moet ek liewer uit die klas kom?'
Ek was vrees bevange ek kon in my voel iets is nie reg nie ek het letterlik gevries met die foon in my hand.
Die visie van Esme wat by die boom buite die koshuis hang het weer in my kop afgespeel die bloed by my voete dieselfde aand toe Nevin my terug na die koshuis toe loop, asook die reuk van iets wat dood is. En haar stem wat ek verskeie kere gehoor het.
'Jy word waarsku, jou Ma sal jou die volle waarheid gee en jy sal besef ek is nie jou vyand nie, ek probeer jou beskerm, maar daar is 'n groot prys om te betaal'
Die stem het weer 'n verskyning gemaak.
"Ek is moeg, wys my wie jy is asseblief ek is moeg om jou net te hoor wys jouself"
'Jy het nog baie om te leer'
"Ek probeer sin maak van alles maar ek kan dit nie op my eie doen nie, ek dra geen kennis van wat besig is om met my te gebeur nie, wys my asseblief wie jy is miskien het ek 'n beter verstanding"
'Ek is nie 'n gees nie, dus waarom jy my nie kan sien nie'
Ek was ontkant gevang "Nou maar wat is jy?? En asseblief wys my waar Esme is"
'Ek is deel van jou... Ek weet ook nie waar Esme is' Die ding het begin lag.
Dit het vir my gevoel dit speel 'n speeletjie met my.
"Jou speeletjie raak vervelig!! Wys my wie jy is !!!" My neus het skierlik begin bloei.
Die stem het net begin lag 'Gaan soek vir Esme'
Ek het na die badkamer gehardloop om 'n nat waslap te kry.
'Lexi?? Moet ek na jou toe kom? Is jy oraait???'
'n tweede boodskap het van Nevin afgekom.
'Help my om Esme te vind , ek sal jou alles vertel sodra ons mekaar sien , maar vir nou help my soek ek sal suid om kampus soek en jy wes'
My hart het val hoe viniger begin klop soos ek die boodskap tik met die nat was lap op my neus.
Voor ek die soektog begin moes ek weer my Ma skakel.
"Mammie jy moet my vertel wat aangaan my vriend is in die moeilikheid en ek kan haar nie help nie" Ek was desperaat , ek wou nie nou al , al die antwoorde kry nie want ek wil ontsnap van al hierdie.
"Dit is nie so maklik nie Lexi" Ek kon hoor hoe haar stem verander aan die anderkant.
"Mammie praat saam met my asseblief , ek wil die waarheid hoor"
"Dit moes eindig!!!" Sy het begin skree aan die anderkant.
"Wat moes eindig?? Maak sin asseblief ek het nie langer tyd nie ek moet my vriend gaan red"
"Lexi luister na Mammie , gaan red jou vriend en pak jou tasse en kom huistoe"
"Maar... maar Mammie wat van die res van die jaar wat ek moet klaar maak?? Ek kan nie sê vir my wat is dit met vrouens in ons familie miskien kan ek dit keer" Ek was frustreerd want dit het gevoel die tyd loop en Esme kan dalk in gevaar wees.
"Hou op hardkoppig wees , jy kan dit nie keer nie, ek het gedink die vloek is verby dit het by my gestop dus hoekom ek nie gedink dit sal oorslaan na my dogter, ek het dit nie verwag nie Lexi dit is hel my kind... As 'n moeder verkies ek, ek dit gehad! Jy verdien nie die nie" Sy het histeries begin huil ek kon skaars duidelik die woorde hoor.
"Mammie , maak asseblief sin! Ek wil net weet hoe om dit onder beheer te kry"
Skierlik het die airtime klaar geraak.
"My hemel!! Vervlaks!! Ek is so naby aan die waarheid en dan raak die donnerse airtime klaar !! Esme!!! Waar is jy!!!" Ek het soos 'n maal ding geskree.
Die koshuis moeder moes maar die kamer binnekom.
"Lexi?? Is alles reg hier binne?"
Ek moes my gesig vinnig verander "Ja alles is reg"
"Dit klink nie vir my so nie, ek kon sweer ek het jou hoor skree" Sy het my vreemd aangekyk.
"Nee jinne ek is seker Moeder verbeel vir moeder nou, ek seker net weer hard saam gesing is mos maar so as mens jou earphones in jou ore het" My earphones was ver van my af en ek kon sien dat die koshuis moeder dit raak sien.
"Iets is fout met jou, miskien het Althea waar gepraat" Het sy 'n opmerking gemaak.
Ek het daar gestaan en vir haar aangekyk asof ek nie weet waarvan sy praat nie.
"Ek moet gou uithardloop is daai tyd van die maand net vir my doekies gaan kry" Ek is vinnig verby die koshuis moeder sonder 'n handsak of 'n beursie.
"Vergeet jy nie iets?" Het sy na my gestaar.
"Nee ek is seker ek het alles" Het ek vinnig voort gegaan.
Sy het my met groot oë aangekyk en dus besef ek jirre Lexi vat darem jou beursie jy gaan mos nie verniet doekies gaan koop nie.
'Is jy al opsoek want ek vind niks sover , dink jy sy is saam met Floyd?' Dit was Nevin se boodskap ek nie nog twee keer gedink ek het 'n vermoede sy is saam met hom hy het haar tog opgelaai volgens haar teks vanoggend.
Word vervolg
Comment, like , share.
BINABASA MO ANG
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.