Hoe beskryf mens geluk, sonder om aan jou woorde te verstik?
Ek het diep gedink, alles in my kop het oor en oor gespeel.
Die handdoek steeds om my lyf en ek steeds op die punt van die bed.
"Wat sien ek nie raak nie?" begin ek met myself praat.
Dit was so duidelik. 'n klop aan die kamer deur bring my terug.
"Lexi! Lexi!" Klop Esme aan die deur.
Ek het nie 'n woord geuiter nie, ek net na die deur gestap en oopgemaak.
"Hoekom is jy nog nie aangetrek nie? Dit is amper tyd en jy is die een wat Nevin belowe het ons gaan" Esme agtervolg my na die bed soos sy beduie maar steeds antwoord ek haar nie.
My oë het nie beweeg nie , dit was net op een plek.
"Earth to Lexi! Lexi!!" Esme het my aan my skouers geruk en ek het dadelik aandag aan haar geskenk.
"Wat gaan met jou aan?"
Ek wou haar op daardie stadium alles vertel, maar ek kon nie sy gaan dink ek is van my trolie af.
"Ek weet nie , of ek nog wil na die jol gaan" Ek het elke woord bedoel wat my mond verlaat het, ek het nie kans gesien om te gaan nie, maar of ek nou gaan of nie iets gaan gebeur.
"Ek het so uitgesien want ek ry môre asseblief Lexi ek het my nuwe rok ook aan en is doodelik koud buite maar ek wil boud wys so kom aan jy kan mos nou nie dit vir my bederf nie en jy het Nevin belowe" Esme was baie mooi daardie aand aangetrek , hoe kon ek 'nee' sê sy geniet skaars haarself is net boeke in en boeke uit by beide van ons. Hoe kon ek 'nee' sê.
"Okay dan, ons kan gaan" Ek het vinnig opgespring en die rok gegryp wat Althea my gegee het. End it vinnig aangetrek.
Ek en Esme het die koshuis verlaat.
"Geniet julle aand dames" Het die koshuis moeder nog agterna gesê toe ons die koshuis verlaat.
"Hoekom ruik julle kamer so na voete?" Wou Esme weet.
Ek het begin lag laat die trane loop , tenminste het sy 'n goeie sin vir humor en dit het laat die nervous gevoel skoon verdwyn.
"Dit is my roommate sy het bietjie 'n voet probleem vertrou my ek wou al hoeveel keer dit vir haar sê, maar ek wil nie ongeskik klink of haar in haar gesig vat"
"Nee jinne as ek jy was het ek skimp gegooi kan sy nie ruik hoe die kamer ruik of is haar neus arrogant?" Esme het in haar koddige klein fyn stemmetjie beduie.
Ek kon nie help as om aaneen te lag die loop na vishuis was toe nie so sleg soos wat ek gedink het dit sou wees nie en Esme het my kalm gemaak en ek het skoon vergeet van die vision wat ek gekry het.
"Lexi Callum en Esme Rossow!" Het 'n bekende stem ons geroep die oomblik toe ons naby vishuis was.
Bekend was die stem gewees dramaties was die lyf gewees.
Ek en Esme het altwee stil gestaan en in ons spore omgedraai om 'n gesig aan die stem te sit.
"Keathon?" Het beide onse monde verlaat , ons was opgewonder om hom te sien.
"Yaas bitches! Yaas Queens!" Het hy sy vingers gesnap soos hy model, model aankom met dik winter hak bootse en 'n stywe kort broekie en 'n krop top.
Dit was diep koud gewees, maar dit het nie een van ons gekeer nie al het ons loop en buber. Julle wonder seker hoe ken ons vir Keathon. Aan die begin van elke jaar is daar 'n groot fees waar eerste jaars die kampus leer ken en is 'n party hier en 'n party daar ek en Esme het albei vir Keathon een aand in ons eerste jaar by die 'Rag farm' ontmoet. En van daar af is ons 'cool' met mekaar nou nie ons beste vriend nie maar iemand wat ons ken.
Ons albei het breed geglimlag "Wat slay jy weer ons lewens so vanaand? Jy ook oppad vishuis toe"
"Omtrent Lexi hy laat nie ons hom ore aansit nie jong!" Lag Esme lekker soos hy ons altwee omhels.
"Is mos by Vishuis waar die goed ruk , ek moet mos kom kyk watter straight man ek weer kan hurk vanaand! En my tweede naam is mos slay waar jy gesien ons kom na 'n pens down dan moet ons winter klere aantrek nooit gesien nie , op die manier kry jy 'n oulike bag wat vir jou 'n baatjie aanbied sien jy" Beduie Keathon soos ons verder aanloop.
Ons het ons klaar gelag vir Keathon een ding van Keathon hy is baie mooi, en nie op sy mond geval nie.
Nevin het my gesien en dadelik van die stoep afgekom.
Maar soos hy aankom sien ek iets wat my swak maak ek begin soek vir asem.
Word vervolg
Comment, like, share
Wat sien Lexi, wat haar swak maak.
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.