(My sprokiesfilmverhaal)
Opgedra aan die liefde van my lewe, Jesus Christus; die beste ding wat nog ooit met my gebeur het.
Ek het my eerste ernstige "method acting" rol gekry in 1986, op die rype ou ouderdom van ses jaar. Ek het die noodsaaklike rol van Bethlehem ster gespeel in ons kleuterskool kersspel. Jy sien, selfs toe al, was dit in die sterre geskryf. Die pure genot toe die gehoor geklap het. Wat 'n belewenis.
Van dat ek kan onthou was ek lief vir flieks gewees. As kind was dit Walt Disney se "The Little Mermaid" en "Sleeping Beauty", en as 'n meer volwasse "tween" was dit "Hook" en "The Goonies".
As kinders het ons konserte aangebied vir ons geduldige ouers en bure en basies enige onskuldiges wat verby geloop het. Met harde ervaring het ek geleer om meer ernstige beroepskeuses te maak en het dus van teater na film geskuif. Ons het onafhanklike films gemaak: huisproduksies op videokassette, my broers, hulle vriende en ek.
Ouboet was die regisseur. Ek het die dame in nood gespeel. My broers het die nuutste tegnologie ontwikkel vir hulle films. Hulle het 'n oneindigende lang stuk paper gebruik wat hul uit die kamera se raam geskuif het vir die opskrifte. 'n Radio het in die agtergrond gespeel vir die klankbaan. Daar was geen draaiboek nie. Hierdie regisseur was lief vir improviseer. Ons kostuum, grimering en klank departemente was hoogs ontwikkeled; 'n ou sak vol speelklere (wat ons gebruik het om ons ouers mee te betoor in ons verhoogproduksies), tamatiesous vir bloed en die filmspan se byklanke vir geweerskote.
My liefde vir film het gegroei. Na kunsskool het ek kollege to gegaan. Theaterkunde was cool maar ek wou in film werk. "Method Acting" was awesome. Ek het my stem se projeksie sterk ontwikkel, veral by family braais as ek my sibbe gevra het om vir my die sout aantegee en hulle vir my gevra het om optehou skreeu. Dit was ook nuttig as ek die honde geroep het.
Daarna het ek die wonderlike wêreld van werk betree. Ek het werkies gedoen in verkope, administrasie en rekenaars. Jong, die goed wat drome van gemaak is. Ek het ook gewerk as 'n kinderoppasser vir vyf jaar. Nes, "Mary Poppins", net 'n "grungier", 1990s Mary Poppins. Ek het seker gemaak daai seuns was goed opgevoed in wat werklik saak maak in die lewe: nl. kuns en vermaak. Daai seuns het die beste flieks gekry vir hulle verjaarsdae en kersfeeste. Ek's nou nog trots op hulle Dvd versameling.
Soos die Engelsman sê: "Because those who can, do, and those who can't, travel to Thailand and teach", het ek so bietjie gereis en Engels gaan gee vir buitelandse leerders. Ek het gou agter gekom dat die enigste manier om die kort aandagspan en lae verbeelding van die "millennial" vas te vang was deur "movie magic". Daai dramaklasse het ook nogal nuttig te pas gekom. Ek het 'n reputasie gekry as "The Rapping Teacher" (terug tuis in Suid Afrika) vir 'n sekere groep studente wat ons nie sal noem nie.
Ek kan aan en aan gaan oor die garing, of sal ek sê "motief", van film wat deur my lewe geweef is maar dit is "cliché". Als en als het elke ondervinding my voorberei en gepropel na hierdie oomblik. Film and "Method Acing" skool hier kom ek. Uiteindelik. Dis blêrrie tyd.
Embarrassing feit: Ek's 43. Moenie vra nie. Ons het mos gepraat van "clichés"; onder andere wat van "late bloomer" of "platsak" of my persoonlike gunsteling "die arm kunstenaar" om maar 'n paar te noem. Kies een.
Corny maar waar
Die Patch Adams van Film
Yvette van Os,
Ook bekend as "Sy Wat Nie Wil Groot Word Nie" en "Sy Wat Woon In 'n Droomwêreld" aan haar bewonderaarsklub.
YOU ARE READING
Briewe van die Ander Kant
HumorDie dol avontuur en sprokiesfilmverhaal van 'n donquijotiese, middeljarige vrou wat nie wil opgee op haar droom nie en dus aanhoudend haar gat sien.