Van: Yvette van Os
Aan: Letters @ Time Magazine
Sondag 23 April 2017
Hier bevind ek myself, vir die eerste keer in my lewe, waar ek vir julle skryf oor iets wat my deesdae meer en meer kommer veroorsaak.
In die afgelope paar maande het ek agtergekom dat die media totaal en al subjektief geword het in hul verslagdoening. Eens betroubare nuusverskaffers soos CNN en TIME het onregverdig, partydig en onprofessioneel geword in hul verslaggewing. Ja, ek praat van jul president, President Trump.
Moenie vir 'n oomblik dink omdat ek lewe aan die ander kant van die wêreld dat julle land nie my lewe affekteer nie. Amerika is die globale leier, julle krisis raak ons almal.
Een van my vriende het onlangs vir my gesê dat die manier wat ons vir Zuma verafsku is hoe julle oor Trump voel. My vriende, ekskuus, maar ek stem nie saam nie.
Eerstens, ons president is alklaar in sy tweede termyn. Ons het hom meer as genoeg tyd gegee om homself te bewys.
Julle president het skaars 'n dag se vrede gehad. Van Dag Een is hy beledig, aangehuts en uitgelok deur die media, wat alte goed geweet het hy sou reaggeer soos 'n parmantige, self-geldende entrepreneur sou. Die hele rede waarom baie hom ingestem het was juis omdat hy nie 'n glibberige, twee-gesig, skynheilige politikus is nie. Ja, hy gaan moet werk aan sy humeur maar, my liewe aarde, het jul al gelees van die goed wat mense vir hom sê?
So sy reguit eerlikheid word teen hom gebruik. Ook sy selfversekerdheid. Kwaliteite, albei, wat oorweeg word as tekens van krag in die besigheidswêreld.
Tweedens, ons president is op heterdaad betrap waar hy geld gesteel het uit die staatskoffers om vir homself 'n herehuis te bou. Die laaste wat ek gelees het (en ek staan onder korreksie hier) het President Trump gesê hy het nie 'n salaris nodig nie.
Derdens, ons president is uitgevang waar hy gefinansier was deur die Gupta familie vir sekere voordele, soos landing by 'n militêre lugmagbasis om 'n troue bytewoon en dalk selfs die afdanking van een van ons beste Ministers van Finansies en 'n Kabinetskommeling. Wie weet?
My punt is, julle nuutverkose president is hard besig om julle ekonomie te probeer verbeter (en met al daai jare se besigheidsondervinding, sal hy weet hoe) nie om homself te verryk nie. Dit kom voor of julle nie weet wat 'n slegte president is nie.
My vriende, dis tyd om eerlik te wees met julself. Is julle regtig besig om regverdig te wees as hy nog net vir 'n paar maande president was? Is julle rerig besig om professioneel te wees as julle sy haarkleur bespot? Gee jul posisie van voorreg rerig vir julle die reg om jul president so uittelok en aantehuts as julle eintlik saam met hom behoort te werk om julle land te bevorder?
Is al hierdie artikels wat julle skryf rerig voorbeelde van joernalistieke integriteit of net subjektiewe opinies wat rerig baie klink soos galbraak?
Ongeveer nege jaar gelede toe Obama president geword het, het die Republikeine dit nederig aanvaar en hulself soos goeie sportsmanne en volwasse grootmense gedra. Julle optrede herinner my aan 'n peuter wat 'n vloermoer gooi. Dit is rerig besig om bietjie oud te raak.
YOU ARE READING
Briewe van die Ander Kant
HumorDie dolkop avontuur en sprokiesfilmverhaal van 'n donquijotiese, middeljarige vrou wat nie wil opgee op haar droom nie en dus aanhoudend haar gat sien.