8. Nanny Yvette Poppins McPhee: Die Nanny Dagboeke

3 0 0
                                    


Junie 2009 – June 2015 (29 – 35 jaar oud)


Liewe Karien


Ek kan nie glo ek werk al oor die vyf jaar vir Maggie en Wouter nie. Ek kan nie eens my lewe voorstel sonder voorbarige Wim en sy kleinboetie, sensitiewe, saggeaarde Armand nie. Die seuns het so 'n groot plek in my hart ingeneem. Sjoe, maar hulle het groot geword. Hulle is nou al 11 en 12 jaar oud. Een van die mooi dae gaan hulle hoërskool toe.


Ek onthou nog daai heel eerste keer wat ek vir Wim en Armand opgepas het. Hulle was toe maar 6 en 5 jaar oud. Ek moes teen daai gruwel van 'n bergpad, wat hulle hul oprit noem, opry en dit het tien minute gevat om my hart te kry om optehou bokspring en tekere te gaan in my borskas, na die tyd.


Die seuns het met hulle plastiek fietsies buite op die geplaveide inrit gespeel. Wim was besig om met 'n lang tou te speel en Armand het sy broer gevolg en moes natuurlik als doen wat Ouboet doen.


Die fietsies, groot fietse vir groot seuns en die plastiek fietsie vir babas, was gestapel teen die garage se afdakpale. Wim het die briljante idee gekry om die tou te span van een kant van die parkeerarea tot die ander en dan moes hul kyk wie onder dit kon ry en wie die laagste kon gaan op hul fietsies.


Slegte idee! Maar ek was nog nuut in die "nanny" spel nes Fraulein Maria in "The Sound of Music" en nog nie gewoond daaraan om alles drie keur deur te dink (met ander woorde; wat kan alles verkeerd gaan!) nie. Veral die briljante idees van 'n vindingryke, hoogs-intelligente ses-jarige nie.


Als het goed gegaan, tot klein Armand teen 'n vet spoed en buite sy beheer, presies by sy nek gevang is en verstringel geraak het in die tou en basies homself opgehang het. Hy's van sy fiets afgevee in een groot sweep en het amper homself verwurg. Die trane was groot. Hy't sy nek en keel vrek seergemaak. My skok was nog groter. Kinders. Dit lyk my hulle wil kyk hoe vining hulle hul nekke kan breek. Ek gaan moet versigtig wees hier. Dinge kan baie verkeerd gaan, baie vinnig. Welkom tot die wonderlike wêreld van kleuters!


Ek het vining geleer om niks van Maggie wegtesteek nie. As dit kom by kinders oppas is die waarheid altyd die beste. En vining ook. Maak nie saak hoe verleë jy voel nie. Gelukkig was sy gewoond aan haar twee woelwaters se manewales en het dit nie teen my gehou nie. Veral nie op my eerste kinderoppassessie nie. Ek was nog nie eens permanent aangestel nie. Dit was net 'n oefenlopie. Jong, hierdie kinders oppas ding verg nogals senuwees van staal!


Na my verjaarsdag is ek permanent aangestel. Die ander meisie was nooit beskikbaar nie want sy was 'n student en haar studies was net te tydrowend en veelysend. Ek was altyd gereed, op die laaste nippertjie, om te kom en net te dankbaar vir die werk.


Ek onthou nog die Sondag voor my eerste werksdag, asof dit gister was. My ma het my gaan aflaai by hulle huis sodat ek die "nanny mobile", 'n silwer, 1980 City Golf met 'n oop kattebak kon gaan oplaai. Ek het by daai bergpad afgery en gewonder hoe hulle moet voel, om 'n wild vreemdeling so te sien wegry met hul derde kar. Ek't definitief die gewig, van die verantwoordelikheid, op my skouers gevoel.


Ek het so hier en daar met die karretjie gaan ry, vir my eie persoonlike gebruik, maar ek't so skuldig gevoel dat ek besluit het dit was net nie die moeite werd nie. Een keer het hulle by my verby gery en ek't so gevries ek't gemaak asof ek hulle nie sien nie. Daarna het ek besluit om maar liefs te vra voor ek die kar gebruik vir persoonlike ritte. Ek het net te skuldig gevoel.

Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now