12. Realiteitsbyt, al weer!

3 0 0
                                    



'n 2018 Sosiale Media plasing


Liewe vriende


Terug na die realiteit. Terug op die perd. Meeste mense sal saamstem dat Sosiale Media baie vals kan wees somtyds. "Moenie iemand anders so hoogtepunte filmrol vergelyk met jou vervelige, alledaagse lewe nie", is nogsteeds een van my gunsteling truismes oor Sosiale Media.


Die hartseer deel is as jy eerlik is, word jy ook daarvoor gekritiseer. Mense noem jou negatief. Tog, ek voel dis belangrik om eerlik te wees want elke dromer moet voorbereid wees op die prys wat hulle sal moet betaal vir hul droom. So, as ek gekritiseer gaan word, gaan dit ten minste wees omdat ek eerlik was. Moenie sê ek't julle, mede-dromers, nie gewaarsku nie, maar moenie my verkeerd verstaan nie: dit is nogsteeds die moeite werd!


Een jaar gelede, toe ek gewerk het as 'n Engelse TEFL onderwyseres in Suid Afrika, was ek diep en deeglik depressief. Ek was vasgevang in 'n siklus van armoede, in 'n werk wat my gefrustreer het en het gelewe net bo die broodlyn. Ek was so moedeloos dat ek opgehou oefen het. Ek was so besig om toetse te merk en rapporte uitteskryf dat ek skaars meer uitgegaan het. Ek het meer en meer geisoleerd, gedemoraliseerd en uiteindelik siek geword.


Toe neem ek 'n groot risiko en volg my droom en gaan studeer rolprentmaak in die Kaap. Dit was 'n mal ding om te doen want ek het net halfde van die fondse gehad, in donasies, maar ek was so desperaat dat ek net ingespring het soos 'n wilde perd en roekeloos 'n kans gevat het. ("Little Miss Sunshine").


Jip, jy kan sommer net raai wat gebeur het.


Ek het teruggekom met minder as niks. Ek het alles op die spel geplaas en ek het alles verloor. Ek het misluk. "Big Time".


Daarna het ek werk gesoek. Ek het my CV na seker meer as 50 produksiemaatskappye gestuur. En ek kon niks kry nie.


Ek het 'n "crowdfunding" skarefinansieringsveldtog begin want ek het besef dat die kursus was slegs 'n inleiding, 'n fantastiese inleiding, maar ek het nog opeiding nodig gehad. En niks het daarvan gekom nie.


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.


Eerste het ons ingetrek by my oom vir twee maande, op die plaas wat hy bestuur het in Glencoe, Kwa-Zulu Natal. Daarna het ons in 'n eenslaapkamerwoonstel ingetrek in Pretoria. Ek het op 'n matras geslaap, op die vloer van die oopplan sitkamer-en-kombuis area.


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.


Ses maande van werksaansoeke het verbygegaan en dinge het erger en erger geword. Op die oomblik oorleef ek want my Vader in die Hemel het menslike engele gestuur om 'n dak oor my kop en kruideniersware te stuur. Ja, weereens het my familie, my en my ma, onderhou. Hulle het die huur betaal en kruideniersware gebring.


Selfs ek kan sien, en erken, dat hulle 'n punt beet het in hul griewe teen my. Die enigste probleem is dat hul blind is vir die volle kompleksiteit van wat ek mee moet deel. Hulle dink dis 'n eenvoudige oplossing. Om op te gee op my droom is NIE 'n oplossing nie, dis 'n tragedie!


Ek lewe die realiteit elke dag. Ek kan jou verseker, hierdie is geen eenvoudige kinderlegkaardraaisel om optelos nie. Wat so eenvoudig oorkom vir diegene wat aan die buitekant staan, is baie ingewikkeld vir die wat in die vel van die stryd is. In die gange van die labirint is alles onder mis en vertroebel in duisternis ("Pan's Labyrinth"). Diegene wat buite die doolhof staan kan nie moontlik verstaan behalwe as hulle self al daar was nie. Wat hulle nie was nie. Maar ek is seker, hierdie hele verdedigingsdiskoers klink vir hulle, natuurlik, na net nog 'n verskoning.


Ek moedig myself maar aan met stories oor suksesvolle, professionele filmmense wat ook moes slaap op hul ma's en vriende se rusbanke en stukkende ou karre moes ry (nie dat ek al ooit 'n kar besit het nie, ek ry 'n bromponie). Ek is nes hopelose Annie in die fliek "Bridesmaids". Anders as Romy en Michelle, het ek nie eens die moed gehad om my gesig te gaan wys by my hoërskool reunies nie ("Romy and Michelle's High School Reunion"). Dit bemoedig my om te weet ek's nie die enigste een nie.


Ek het nogsteeds volkome en absolute geloof in my gawe, hemelse Vader wat, ek weet, my gered het van "rock bottom" (ja, dit kon soveel erger gewees het). Dit is net 'n wonderwerk as mense hulle huise vir my oopmaak. Ek sien God in hulle dade en ek sal bid vir hulle beloning.


Daar is 'n wêreld van oordeel op my nou. Ek het foute gemaak in die verlede. Ek erken dit en vat verantwoordelikheid daarvoor. Ek het 'n geruite verlede as dit kom by my werkgeskiedenis en finansies. Ek het baie gesukkel. Mense sien dit as 'n herhaling en hulle wil die nonsens uit my uit moker. Ons kunstenaars het 'n harde tyd in hierdie linkerbrein wêreld waar ons nie inpas nie en waar niemand ons verstaan nie... ("La La Land").


Al wat ek sê is, selfs al het ek met leë hande teruggekom; Ten. Minste. Het. Ek. Probeer. 


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.
Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now