Sesde nuusbrief
17 Desember 2006
Jammer ek was so traag met my korrespondensie die afgelope maand en 'n half maar die skole het 1 November weer geopen en ek's deesdae 'n baie besige bytjie. Ek het ook nie direkte toegang tot die internet, by die huis of werk nie, so ek het bietjie agter geraak met die nuusbriewe. Ek hoop julle almal verstaan.
November was 'n goeie en vol maand gewees. Ek is twee keer Karnchanaburi provinsie toe vir kort naweek uitstappies. Soos ek julle al voorheen vertel het is Karnchanaburi bekend vir die wêreldberoemde Kwaerivierbrug (sê Kwê).
Die eerste keer was ek saam met die bank dames. Vrydag laatmiddag na werk is ons op pad af Karnchanaburi toe. Ons was almal so opgewonde en vol bone, letterlik en figuurlik, dat ek te veel koffie gedrink het en nie kon slaap daai aand nie.
Vyf uur die volgende oggend is ek wakker geruk deur 'n vrolike oggendmens. Ons moet die die ses uur trein haal het sy probeer keer. Die arme Thai vrouens het nog nooit 'n brommende "falang" gesien nie en ek dink hulle het groot geskrik. As jy hierdie slapende beer so vroeg wil wakker maak het jy niemand behalwe jouself om te blameer nie! Ek is definitief nie 'n oggendmens nie.
Ons het 'n treinrit gevat op die "Death Railway" waar die Geallieërde krygsgevangenes die brug gebou vir die Japanese in die Tweede Wêreld Oorlog. Hulle het doodgegaan soos vlieë (kyk "Bridge on the River Kwai").
As buitelander moes ek 50 Baht betaal terwyl die Thai meisies slegs 7 Baht elk hoef te betaal het. Melk daai blêrrie "falangs" sê ek!
Ons het ook gaan kyk na die bekende brug oor die Kwaerivier en daarna by die "floating" restaurant (gebou op vlotte op die rivier) 'n lekker middagete geëet. Daar was stalletjies met die mooiste varswaterpêrel juwele en ek het gewens ma was daar en ek kon vir ma iets koop. Wanneer ma kom kuier sal ek ma vat.
KAMU SEDANG MEMBACA
Briewe van die Ander Kant
HumorDie dol avontuur en sprokiesfilmverhaal van 'n donquijotiese, middeljarige vrou wat nie wil opgee op haar droom nie en dus aanhoudend haar gat sien.