My sprokiesfilmverhaal
(Opgedra aan die liefde van my lewe en die beste ding wat nog ooit met my gebeur het; Jesus Christus.)
Ek het my eerste, ernstige "Method Acting" rol losgeslaan in 1986, op die rype ou ouderdom van ses. Ek het die super-noodsaaklike rol van Bethlehem ster gespeel in ons kleuterskoolkersspel. Daai bruisende opwinding toe die gehoor geklap het. Wat 'n belewenis. Dit was in die sterre geskryf.
Van dat ek kan onthou was ek lief vir films gewees. As jongeling was dit Walt Disney se "The Little Mermaid" en "Sleeping Beauty", en as 'n meer volwasse "tween" was dit "Hook" en "The Goonies".
As jong latte het ons konsert gehou vir ons geduldige ouers, bure en basies enige onskuldige bystanders wat verby geloop het. Nie te min, harde ervaring het my geleer om meer gewigtigde beroepskeuses te maak en ek het dus van Teater na Film oorgeskuif. Ons het onafhanklike films gemaak, huisproduksies op videokassette, my broers, hul vriende en ek.
Ouboet was die regisseur. Die rol van die dame in nood het op my gretige skouers geval. My broers het die nuutste tegnologie ontwikkel vir hulle films. Hulle het 'n oneindigende lang stuk rekenaar uitdrukpaper gebruik wat hul buite die kamera se raam geskuif het vir die opskrifte. 'n Radio het in die agtergrond gespeel vir die klankbaan. Daar was geen draaiboek nie. Hierdie maestro was lief vir improviseer. Ons Kostuum, Grimering en Klank departemente was hoogs-ontwikkeled; 'n ou swartsak vol speelklere, tamatiesous vir bloed en die filmspan se byklanke om geweerskote na te maak.
My liefde vir Film het gegroei. Na kunsskool het ek kollege toe gegaan. Vermaaklikheidstegnologie ("Teater kunste") was ontmoedigend want ek wou in die Filmbedryf werk, nie in Teater nie, en voor die kameras, nie agter nie.
Metode Toneelspel was lewensveranderend. Ek het my vokale projeksie sterk ontwikkel, veral by familie braais as ek my sibbe gevra het om vir my die sout aantegee en hulle vir my gevra het om optehou skreeu. Met my nuwe lewensvaardighede kon ek ook die honde kundiglik inroep huistoe.
Daarna het ek die wonderlike wêreld van werk betree. Ek het werkies gedoen in verkope, administrasie en rekenaars. Die goed wat drome van gemaak is. Ek het gewerk as 'n kinderoppasser vir vyf jaar. Jou tipiese "Mary Poppins", net 'n "grungier", 1990s weergawe. Ek het seker gemaak "my" seuns was goed opgevoed in wat werklik saak maak in die lewe: nl. Kuns en Vermaak. Daai seuns het die beste flieks gekry vir hulle verjaarsdae en Kersfeeste. Ek's nou nog trots op hulle DVD versameling.
Diegene wat kan, doen, en die res van ons paloekas gaan gee Engels in Thailand, so ek het 'n bietjie gereis en Engels gegee aan buitelandse leerders. Ek het gou agter gekom dat die enigste manier om die kort aandagspan en aandagafleibare verbeelding van die Millenniêr vas te vang was deur die towerkuns van Film. Daai dramaklasse het ook nogal nuttig te pas gekom. Ek het 'n reputasie ontwikkel as "Die Kletsrym Juffie", terug tuis in Suid Afrika, vir 'n sekere groep studente, wat naamloos sal bly.
Ek kan aan en aan gaan oor die garingdraad, of sal ek sê "motief", van Film wat deur my lewe geweef is maar dit is 'n "cliché" en ek het nou net 'n bietjie in my mond opgegooi, so ek sal liefs stilbly. Als en als het elke ondervinding my voorberei en gepropel na hierdie oomblik. Film and Metode dramaskool hier kom ek. Uiteindelik. Dis blêrrie tyd.
Vrywaring: Vernederende feit: Ek's 44 jaar jonk en my familie dink ek gaan deur 'n middeljare-krisis. Moenie vra nie. Ons het mos gepraat van dom opmerkings; onder andere "late bloomer" of "platsak" of my persoonlike gunsteling "die spreekwoordelike, armgat kunstenaar" om maar 'n paar te noem. Kies een.
Oulik maar waar
Die Patch Adams van Film
Yvette van Os,
Ook bekend as "Sy Wat Nie Wil Groot Word Nie", "Sy Wat Woon In 'n Droomwêreld" en die beste een by ver, "Sy Wat Nog Woon By Haar Ma", aan haar bewonderaarsklub.
YOU ARE READING
Briewe van die Ander Kant
HumorDie dolkop avontuur en sprokiesfilmverhaal van 'n donquijotiese, middeljarige vrou wat nie wil opgee op haar droom nie en dus aanhoudend haar gat sien.