Nog een Sosiale Media plasing
13 Mei 2018
Gelukkige Moedersdag, Ma. Ek's lief vir Ma.
Ons verhouding is nie perfek nie, ek weet. Kort-kort wil ons mekaar net doodmaak :D (lol). Maar dit hou nooit lank nie want ons is net te lief vir mekaar <3. Ons kan baklei soos kat en hond maar ons is ook hewig lojaal aan mekaar.
Ons is saam deur dik en dun. Deur Ma se moeilikheid, deur myne. God het ons aan mekaar gegee vir daai tye. Dis waarom ek so lief is vir Ma. Dankie dat Ma dit vasgebyt en deurgedruk het saam met my <3.
Ek wil Ma eer in hierdie twee dinge: eerstens, Ma is 'n baie goeie Ouma. Ons kan almal sien hoe lief Ma die kleinkinders het en hoeveel moeite Ma insit om daar te wees vir hulle. Ons prys Ma vir Ma se uitstekende Ouma-vaardighede. Ma het 'n groot invloed op my broeders-en-susters-kinders en hulle verafgod Ma. Hulle is Ma se bekroonde prestasie.
Tweedens, Ma het die mees belangrikste ding reggekry; Ma het my voorgestel aan my Hemelse Vader, my Helper en my Vriend. Ma behoort trots te wees. Ek bedank Ma dat Ma my die beste Geskenk van alles gegee het: Jesus Christus <3 Mag Hy Ma seën.
Gelukkige Moedersdag
DU LIEST GERADE
Briewe van die Ander Kant
HumorDie dol avontuur en sprokiesfilmverhaal van 'n donquijotiese, middeljarige vrou wat nie wil opgee op haar droom nie en dus aanhoudend haar gat sien.