My gunsteling, goed-gemaakte, Christen flieks, reekse en dokumentêre programme wat uitblink in die kunste van rolprentmaak (tegniese vaardigheid) en toneelspel (kunstige vaardigheid).
Dank die Heer, die dae van inkrimp-waardige, slegte, Christen films is verby. Toe Mel Gibson 'n enorme kans gewaag het om "The Passion of the Christ" te maak met sy eie kapitaal en dit 'n wêreldwye verskynsel geword het, het dit die weg gebaan vir ander onafhanklike Christelike rolprentmakers en vervaardigers om flieks te maak vir hierdie onderbediende mark. Man, is ek dankbaar vir Mel Gibson se staalballe!
Na sy sukses het sekulêre produksiemaatskappye sy resep probeer naboots maar met geen sukses nie. "Noah" en "Exodus: Gods and Kings" was groot loket flops. Hoekom, mag jy vra? Want dit het die mees belangrikste, sleutelbestanddeel gemis: geloof. As 'n regisseur of rolprentmaker nie glo in God of voel dat God ongenaakbaar, ontoegangklik en sinister is, sal dit gereflekteer word in sy uitbeelding. Jy kan nie 'n Christen flous nie my vriend, ons kom dit agter.
Christen films moet 'n basis van geloof hê. Die gees van die kunstenaar is in die kuns. As die draaiboekskrywer of akteur nie glo in God of dink God is koud en vêr sal dit gereflekteer word in sy kuns.
Ek verkies flieks wat eg en relevant is; nie te stroopsoet nie maar ook nie te krubelaai nie. Ek graviteer na ware verhale want die waarheid is altyd die beste en mees soliede fondasie vir enige storie. Die karakters is sommer outomaties en oorspronklik drie-dimensioneel. Die waarheid is vreemder as fiksie, soos hulle sê.
BẠN ĐANG ĐỌC
Briewe van die Ander Kant
Hài hướcDie dol avontuur en sprokiesfilmverhaal van 'n donquijotiese, middeljarige vrou wat nie wil opgee op haar droom nie en dus aanhoudend haar gat sien.