7. Wat ek dink van Sosiale Media

1 0 0
                                    


1 November 2014 om 9:24 n.m. (34 jaar oud)


Ek het onlangs nogals baie aan Sosiale Media gedink en hoe dit ons lewens verander het. Soos mens mos maar doen. (Ja, ek weet ek's 'n bleeksiel!) Een ding wat ek oor dol is van Facebook en Twitter, is die wisselwerking van nuwe idees. Dit help my ook om te ontlaai want ek kan net 'n klomp nuwe, interessante feite vining lees, sonder baie moeite of konsentrasie en dan's ek totaal opgevang en op datum met wat aangaan in die wêreld. (Ons stel mos maar altyd belang om te weet wat aangaan in die wêreld om ons. Dis nie om brokkies inligting intesamel vir die skindermeule nie. Nooit.)


Wat my pla is, soos 'n swak draaiboek, verander dit ons in tweedimensionele karakters. Ons is almal komplekse wesens. (Vra maar net jou familie. Hulle sal met groot blydskap vir jou vertel watse windgat jy is). 140 karakters, of kort status opdateerings, kan nou regtig net nie tot die omvang kom van hoe vol nonsens jy is en al jou eiesinnighede nie! (Diep) Byvoorbeeld jy pos 'n klomp grappies op jou muur, dan, word jy vir altyd 'n grapgat geetiketeer of jy het 'n slegte dag en jy gaan bietjie gal af en dan word jy vir altyd 'n trol geetiketeer. (Jip, alles wat ek hier noem het ek geleer deur my eie blommie foute op Sosial Media en my geliefdes en dierbares wat dit vrolik vir my uitgewys het, natuurlik.)


'n Ander nadeel is verslawing. Man, jy moet rerig versigtig wees hier, daar is 'n fyn lyn tussen om vermaak te word en verstringeld te raak. Vir almal is dit anderste. Al wat ek weet is dit kan jou nou rerig haak en dan's jy oorle! Jy moet dit beheer. Nie dit jou nie. Dis 'n panarie. Ek probeer die 1:2 Reël te volg. Vir elke een dag wat ek aanlyn is, sal ek twee dae aflyn bly. As dit 'n goeie week is 1:4. Maar dis dan 'n goeie week! 'n Klomp mense wat ek ken het sommer hul rekeninge heeltemal gesluit oor hierdie probleem. Ek respekteer dit maar ek verkies self om eerder dit te probeer beheer deur my 1:4 methode te volg. Elkeen na sy eie smaak, né? Aartjie na sy vaartjie.


Dan is daar die alewige slaapprobleme. Ek het in die verlede gesukkel met slapeloosheid en kon net nie verstaan waarom nie. Toe, vir 'n paar weke het ek vroeg gaan slaap en nie op Sosiale Media gespeel net voor ek bed toe is nie en BOEM! geen meer slapeloosheid nie. Dit was 'n wonderwerk! (#GesigPalmKlap)


Sosiale Media is nogsteeds die moeite werd. Dis nog die beste manier om in kontak te bly met vriende oorsee. Maar ek probeer om dit klein te hou. Laas jaar het ek omtrent 'n 100 kennisse uitgedun of ge'unfriend' op Facebook want ek het hulle net nie geken nie, jy weet? Dis 'n wapen vir goed of kwaad. Nes Pumbaa se poep in "The Lion King", kan dit jou vriende wegjaag en laat hol, gillend, vir die berge of dit kan jou vyande klap reg tussen die oë. Hang af hoe jy dit gebruik. #Wapen #Hulpmiddel


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.


Nog 'n nadeel van Sosiale Media is dit kan baie vinnig buite beheer afwaarts spiraal in "Miskommunikasie 101". Niks vergelyk, nogsteeds, met iemand in die oë te kyk, hulle stemtoon the hoor en hulle liggaamstaal te lees nie. Van aangesig to aangesig is nogsteeds die beste. (Ek klink soos my Ouma. Dit lyk my hulle het 'n ding of twee geweet). Mens word net heeltemal misverstaan as jy nader aan iemand probeer kom op Sosiale Media. (Bekruiper waarskuwing!) Die feit is ons is almal so anders, dink so anders, sien dinge so anders, praat nie eens van die kulturele verskille of taal versperrings nie. So dis regtig nie die moeite werd om te probeer diep raak op Sosiale Media nie. Dit gaan oppervlakkig en twee dimensioneel bly. En dis okay.


Laastens, nog 'n voordeel van Sosiale Media is dat ons Introverte 'n kans kry om babbelbekke te wees en die ore aftepraat van al die Ekstroverte tot hulle wens ons tog net weer sal stil bly. Ons sou nooit ons gedagtes so deel met vreemdelinge nie maar nou moet hulle deur ons drie ure lange diskoers van "Pret met Vlaë" deur Dokter Sheldon Cooper ("The Big Bang Theory") deursit. Die nadeel is ons deel te veel of "overshare", soos nou, wat rerig net probleme veroorsaak op die lange duur omdat dit Miskommunikasie 101 is. Sien julle die bose kringloop hier? "Oversharing" is 'n nadeel. Jy maak net jouself seer. Ek sit my voet in my mond. Alhoewel figuurliks. Ekstroverte, so is dit hoe dit voel?


Baie mense wonder dan wat's tog verkeerd met "oversharing"? Ek het "Metode" toneelspel gedoen en die eerste les wat ons geleer het was om emosioneel eerlik te wees. Dit doen wonders in Drama. Maar dit suig in die regte lewe! Hoekom? "Oversharing" maak jou kwetsbaar. Om geheime te deel moet gedoen word met intieme vriende wat jou liefhet, aanvaar en nie dinge oordeel volgens die uitterlike nie. Wanneer jy jou negatiewes deel (gedagtes, gevoelens, idees) gaan die onskuldige bystanders dink jy bedoel hulle. Dis altyd die goeies wat dink dis hulle. Miskommunikasie 101. Dan voel hulle kak. Die skuldige japie (vir wie jy eintlik, baie subtieliks dit bedoel het, maar natuurlik nooit direk voor gesê het nie) wie jy geteiken het met jou "tweets" sal dit gate uit geniet om te sien hoe jy 'n gat maak van jouself. Jy voel kak. Heimlik weet die vent eintlik dit was vir haar bedoel en sy voel kak. Almal verloor. Speletjie verby. Die kak het gespat in alle rigtings.


En dit, my liewe vriende, is "The Game of (social media) Thrones". So "oversharing" is net nie wys nie. Ek weet die ironie van my klein opstelletjie is dat ek nou net ge"overshare" het. Maar ek't gedink as net een ander person hulle weg kon vind uit hierdie uitgestrekte dwarreling van verwarring genaamd Sosiale Media, sal dit alles die moeite werd maak. Asseblief leer van my domgat foute en welkom.


'n Les wat ek myself geleer het, as ek die brandende jeuk voel om gal te gaan braak aanlyn, is die 24 Uur Reël. As ek die begeerte het om iets te gaan skryf wat net lyk asof dit te veel inligting is, vra ek myself: "Is ek emosioneel, ontsteld, depressief of kwaad?". As die antwoord ja is vir enige van die vrae, wag ek 24 uur voor ek enigiets tik. Ek skryf dit neer, Ou Skool, op 'n stukkie papier. Gewoontlik teen die volgende dag is ek so dankbaar dat ek my digitale bek gehou het. As ek dit klaar geplak het op my muur, sal ek dit gou verwyder. Maar dis gewoontlik dan al te laat. So, die 24 Uur Reël het al baie keer my bas gered.


Die grootste voordele van Sosiale Media is nogsteeds dat mens lekker pret kan hê en dat mens diverse en interessante nuwe mense kan ontmoet. Maar net as 'n begin tot 'n verhouding. Sosiale Media sal nie 'n verhouding kan volhou oor 'n lang periode van tyd nie. Dit sal dit eintlik verwoes as dit nooit oorbeweeg na die regte wêreld nie!


My slotsom: gebruik dit vir pret, swem in vlak waters, moenie te veel deel nie en moenie dit te ernstig opneem nie dan sal dit kwaai lappies wees, my Internet pêl!


Professor Yvetta Bobetswetta van Os :)


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.



Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now