4.2.2 Land van die mullet, gesigpoeier en brandrissies

3 0 0
                                    


Negende nuusbrief (Tweede trip. Tweede nuusbrief)

5 Desember 2007


Wow, ek's al by die drie maande merk verby en dinge gaan so goed ek moet myself daagliks knyp. Ek is so gelukkig hier in Thailand! My tweede ondervinding van werk in Thailand verskil hemelsbreed van die eerste keer. Hierdie keer het ek 'n eerlike en ordentelike skool wat mooi na my kyk. Ek kan met trots die blye nuus met julle almal deel: ek het laas week my visa en werkspermit gekry. Als is nou in die oopte en wettig en ek kan net dankie sê al die pad. God het my geseën. Ek is geseënd in Thailand!


Ek skryf so min deesdae (laas keer was ek meer gereeld met my nuusbriewe) omdat ek so verskriklik besig is. Ek LIEF my werk. Werklik dit was die moeite werd om vas te klou aan die idee dat mens moet soek vir dit wat by jou pas en volhou en veg daarvoor. Dis gewoontlik dit wat die moeilikste vir jou is om te doen, wat jy MOET doen! Daai les (aanhouer wen) leer jou om die seëning reg te kan hanteer wanneer die deurbraak kom. Praat ek brabbeltaal? Jammer, ek raak, so met al my seëninge en voorspoed, baie filosofies.


Vir die van julle wat nie my vorige nuusbriewe al gelees het nie, hier is 'n klomp interessanthede wat deel maak van my daaglikse lewe in Thailand (en ek het 'n paar ekstras bygesit vir die wat al my ou nuusbriewe gelees het).


Ek moet my skoene uit trek voor ek in enige Thai se huis ingaan. Dis selfs so by sekere winkels want die mense woon op die tweede vloer van hulle winkel. Ek sit nou in die Internet kafee en tik my nuusbrief uit. Ek moet ook hier my skoene uittrek voor ek inkom. Ek kul so bietjie en dra my skoene in my hande in, en trek dit onder die tafel aan – want dis 'n voetskimmel hemel in hierdie hitte, humiditeit, nattigheid en reënerigheid.


Volgens die Thai kalender is dit die jaar 2550 (na Budda se koms). (Kyk "Little Buddha" met Keanu Reeves).


Hulle het hulle eie skrif. Dit lyk soos iets tussen Indiese en Chinese skrif. Thailand sit ook presies in die midddel van die twee groot moonthede van die verlede. Ek wonder of dit nie dalk juis wys hoe die twee antieke beskawings die wêreld om hulle beinvloed het nie, m.a.w. Suid Oos Asië? Selfs in hulle mitologie is daar 'n unieke mengsel van die Indiese (b.v. Hanuman die apie god) en Chinese (kuns by die Thai tempels) volksoorleweringe.


Hulle is sterk deur die Weste beïnvloed. Tog het hulle hulle eie "Pop" en "Rock" musiek in hulle eie taal. Maar dis snaaks as mens baie pleinliks kan sien hoe hulle die Weste na-aap. Veral Thai "Hard Rock" musiek. Dis eintlik hartseer. Nie alles wat die Weste aanbied is so wonderlik nie. Seks, dwelms en "Rock 'n Roll" is op daai lys. Jammer Amerika. Maar julle weet ek's nogsteeds baie lief vir julle. Nou dat ek daaroor na dink, niemand is imuun nie. Suid Afrika word ook maar net so sterk beïnvloed deur Amerikaanse films, TV en musiek. Ons is maar almal slawe van die "zeitgeist" of tydsgees. Afrikaanse musiek lyk seker net so belaglik wanneer dit Amerika naboots. Dit is eintlik van toepassing op almal, né?


Vandag, Woensdag die 5de Desember, is die koning se verjaarsdag. Hy is vandag tagtig en saam met sy verjaarsdag is dit ook Vadersdag, want hy is die 'vader' van die Thais. Hy regeer al 60 jaar en die mense is mal oor hom. Ek moet sê, dis vir my baie mooi om te sien met watse aanbidding en vereering hulle hom eerbiedig. Hy was 'n baie, goeie, ou koning gewees. Hy't sy posisie gebruik om sy mense te help, nie net wegtekruip in sy weelderige kasteel soos baie Westerse monarge doen nie. Hy't in die vroeë 40tigs of 50tigs die opiumboere aangemoedig om eerder kos te plant en die land amper heeltemal bevry van die soort dwelm (ek dink so).

Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now