Nuusbrief 2 – Die Uitdagings
Liewe vriende
In my vorige nuusbrief, het ek julle die hele storie vertel van hoe dit gebeur het dat ek filmskool toe gegaan uit, sommer so uit die bloute uit. Ek het dit "Die Proloog" genoem want dit was alles wat gebeur het voor ek by die filmskool in Kaapstad aangekom het. Tog, dit was net so belangrik soos die hoofgebeure. Nou gaan ek jul alles vertel wat gebeur het in Augustus tot November 2017 en al die uitdagings wat ek in die gesig gestaar het in daai drie maande van aanpassing en hoe God met my was elke treetjie van die pad.
Ek het geland in Kaapstad op Maandagoggend, 8 Augustus, op die vroëoggendvlug van Johannesburg na Kaapstad Internasionale Lughawe. Dit was 'n wonderwerk! Ek was uitgeput. Die vorige aand het ek rondgerol in die bed. Ek kon net nie aan die slaap raak nie. Die donker heer van Mordor ("The Lord of the Rings") was besig om alles te probeer om my te stop.
Op die vlug, het ek ook iets ondervind wat nog nooit van tevore met my gebeur het nie. Terwyl ons besig was om aftesirkel, en laër en laër te gaan in fases, het ek die mees ondraaglikste pyn ervaar in die masker van my gesig. Dit het gevoel asof ek aanhoudend gesteek word in my voorkop en gesig. Volgende het dit gevoel asof my oordromme enige oomblik sou bars en ontplof. Die pyn was so intens dat ek angsbevange geraak het. Hierna het ek die pyn gevoel afbeweeg van die boonste deel van my kop en voorkop na my kakebeen toe. Dit het selfs tot in my kiestande gepyn! Dit was twee minute van akute hel. Ek het die heeltyd gesluk en my gesig gemasseer maar dit het dit net erger gemaak en die pyn verder versprei. Die pyn het eers opgehou toe ons geland het.
Ek weet nogsteeds nie wat daar gebeur het nie maar ek neem aan dit het iets te doen gehad met die griep-en-sinusinfeksie wat ek gehad het in Mei en die chroniese allergië gekombineer met die hoogte bo seespieël. Dit was baie skrikwekkend en ek was heeltemal alleen toe dit gebeur het. Nogtans, my hemelse Vader was met my deur dit alles.
Een van die filmskoolstaf, Jedi Meester "Obi-Wan Kenobi", het my kom oplaai by die lughawe. Dit het gevoel asof ek deur die klerekas geklim het in Narnia in ("The Chronicles of Narnia: The Lion, the Witch and the Wardrobe"). Min het ek geweet dat die gevoel nog baie sou versterk teen 'n kommerwekkende, vet spoed. YWAM ("Youth with a Mission") is 'n wêreldtjie van sy eie, maar gelukkig is die "force" sterk daar.
Jedi Meester Obi-Wan het my na die hoof se huis geneem. Ek was heeltemal uitgeput en siek van min slaap en het gevoel asof ek vlugvoosheid het selfs al het ek slegs een aand se slaap verloor. Ek was so moeg ek het die heeltyd aan die slaap geraak gedurende die verrigtinge.
Na eindelose vorm op vorm ingevul is, bekendstellings gemaak is en middagete geëet is, is ons na die YWAM Tuisbasis geneem, waar ons opdrag ontvang het in maaltye, YWAM regulasies en die YWAM gedragskode. Uiteindelik is ons geneem na ons studentehuis, "Royal House". Dank Vader! Ek was gereed om flou te val teen die tyd. Maar dit sou nie gewees het nie. 'n Nie-amptelike huispartytjie was volgende op die studentekomitee se agenda.
Groot aanpassings het op my gewag. As 'n 37-jarige-vrou, was ek gewoond daaraan om my eie kamer te hê, baie privaathied en omdat ek op my eie Thailand toe is, onafhanklikheid en vryheid van beweeging.
Ek het 'n koshuiskamer gedeel met vyf meisies tussen 17 – 23 jarige ouderdom. Daar was geen privaatheid nie. Die volgende dag is daar met my geraas omdat ek alleen na die OTM toe gestap het. 'n Paar weke vroeër is 'n vrou met 'n mes gesteek reg voor die Tuisbasis. Praat van 'n kultuurskok. Kaapstad het bendes en die misdaad is, in my opinie, tien keer erger as in Gauteng (Pretoria and Johannesburg).

YOU ARE READING
Briewe van die Ander Kant
HumorDie dolkop avontuur en sprokiesfilmverhaal van 'n donquijotiese, middeljarige vrou wat nie wil opgee op haar droom nie en dus aanhoudend haar gat sien.