2. Hoe om ordentelik jou gat te sien (en nie 'n bekende enigiets te word nie)

7 0 0
                                    


Hoe om ordentelik jou gat te sien (en nie 'n bekende enigiets te word nie)

Wanneer jy 42-43 jaar oud is, kyk jy somtyds terug en dink na oor jou lewe. Soos mens mos maar doen. In my geval; 'n bietjie van 'n opgedingeste, morsige lewe en 'n paar grootskaalse kak-aanjaag-sessies. Okay, moerawiese popo-wat-die-fan-belt-getref-het keuses.


Wat om nie te doen, is somtyds 'n beter les as wat om te doen (natuurlik net as dit nie jy is wat jou gat sien nie). So, hier dis ek, een "clueless" mens aan 'n ander, my pêrels op.


Liewe Matrikulant; asseblief moenie kollege toe gaan as jy nie weet wat jy veronderstel is om te studeer nie. Dit verg nie gevorderde wetenskap nie. Neem 'n jaar. Reis. Werk oorsee. Moet. Dit. Net. Nie. Doen. Nie.


Ek is so lief vir daai poepholle wat net geweet het van kindsbeen af wat hulle wou word. Bliksems. Elke nuwe skooljaar wou ek iets anders word. Eers was dit onderwyseres, toe kunstenaar, daarna tekenprentjiekunstenaar, modeontwerper en laastens reggiseur.


Ek het in daai ry gestaan en ek het geweet ek was nie veronderstel om te registreer vir die tweede jaar in Theaterkunde nie. Ek het die eerste jaar voltooi in wat hulle in 1999 net "Vermaaklikheidstegnologie" begin noem het. Ek het my sertifikaat gekry. Hoekom kon ek dit net nie daar los nie? Theaterkunde was cool maar ek het geweet ek wou werk in die filmbedryf, nie theater nie. Ek was misrabel.


Ek het my hoërskoolloopbaan voltooi by die beste kunsskool in Pretoria, nes die televisie reeks "Fame" en dit was fantasties! Eerstens omdat ek weggekom het van die rowwe, growwe meisies wat my gebullie het by my vorige, gewone skool en laastens omdat kunsskool vol "weirdos" was, nes ek. My dae van wegkruip in die badkamers was vir altyd 'n vaë herinnering soos 'n poep in die wind.


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.


My hoofriging was Skone Kunste. Ek het A's vir als gekry wat my geïntresseer het (al my kunsvakke). B's vir Engels. C's vir Afrikaans en dit het net afdraand gegaan van daar af want ek het net kuns op die brein gehad en basta met die res. Ek het ook gewerk op die skool se koerant, die Phoenix, en is amper as redaktrise gekies maar ek het verloor as gevolg van my laë hoeveelheid ambissie. Ek kon wel fliekresensies skryf tot my hart se genot.


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.
Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now