16. Belydenisse Van 'n Dwaas Gedurende Covid

4 0 0
                                    


Augustus 2019 – April 2024 (39 – 43 jaar oud)


Die afgelope ses jaar, van 2018 tot 2024, was ek werkloos afgewissel met korttermynwerke hier en daar. Ek het kantoorwerk gedoen vir 'n dame wat opvoedkundige voorleggins en instappies reël vir skole. Sy het my geleer om die afsprake te bespreek en die administrasie te doen. Sy was van plan om vir 'n paar maande vir haar familie in Kanada te gaan kuier. Ek was veronderstel om haar werk oorteneem terwyl sy weg was.


Ek het buite die boks probeer dink en netwerkbemarking 'n kans gegee. Gelukkig vir my het Covid ons getref en my gestop om 'n groot gat van myself te maak. My ma en vriendin het hulle "Amway" daë agter die blad en nou het ek 'n "Forever" gaatjie in my gordel gehad.


Ek het gelewe in 'n ander kommune gedurende die tyd. Wat 'n wonderlike ondervinding was die Covid-inperking (lockdown) nie vir my nie! Ja, ek was een van die gelukkiges wat nie 'n familielid verloor het aan die siekte gedurende die wêreldwye pandemie nie. Net 'n tydelike werkie.


Al wat ek ondervind het was die vriendelikheid van vreemdelinge. Almal het vrygewigheid en kameraderie betoon. Dit was ook die tyd wat rolprentmakers hulle flieks en reekse gratis vrygestel het aan die wêreld. Ek het die volle "The Chosen" Seisoen 1 vir die eerste keer gedurende die Covid-inperking gekyk en 'n nog meer vurige en ywerige aanhanger geword.


Almal was gaaf en bedagsaam. Mense het omgegee. Almal het die ekstra myl gegaan vir mekaar. Dit was een van die beste tye wat ek ooit gehad het. As 'n introvert het dit my min geskeel dat ek nie die huis mag verlaat het nie. Daar was so baie liefde en toegeneentheid, van alle kante, rondom mens ("Love Actually"). Die wêreld het die Utopia geword wat ons almal van gedroom het.


Ek het baie preke gekyk van my gunsteling prediker, Kevin Zadai, op YouTube (want ons mag nie kerk bygewoon het nie) en een dag het hy geprofeteer, "Daar is baie boeke wat geskryf moet word. God het boeke in baie van julle geplaas. Hierdie is die tyd om te skryf". Dit het gevoel asof hy sy vinger reguit na my wys deur my selfoon se skerm. God was besig om Sy vinger in my oog te druk.


Die jaar na Covid (2021) het dit gelyk asof almal hulle kwota goedheid opgebruik het en ons weer, teen 'n vet spoed, terug verval het in ons ou, distopiese manier van dinge doen.


Ek moes noodgedwonge weer intrek by my ma as gevolg van die werksverlies. In die begin het alles "hunky dory" gegaan maar dit was nie lank nie of ons was weer besig om vir mekaar te blaf en mekaar se nekke te byt soos twee Pit Bull tewe. Dit is net nie natuurlik vir 'n 40-jarige vrou om saam met haar ouer te lewe nie. Wrywing was onvermydelik. Frustrasie die ooglopende gevolg vir ons albei.


Ek het my eerste, offisiële kinderstorie geskryf in die tyd. Ek het nie 'n skootrekenaar besit nie maar dit uitgeskryf per hand op 'n stuk papier en dit met my vinger uitgetik op my selfoon – 'n tweedehandse foon wat iemand my gegee het vir my verjaarsdag.


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.
Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now