10. Diegene wat kan, doen. Die res gee Engels - Deel 3

6 0 0
                                    


Onderrig in Suid Afrika: Anderkant die swartbord

1 April 2015 – 30 Julie 2017 (+ Augustus 2019)


TEFL, "Teaching English as a Foreign Language",  is 'n ander balspeletjie altesaam in Suid Afrika. Na my 5-jaar-termyn as 'n "nanny", het ek die oorversadigde mark van TEFL in Suid Afrika betree. Oorversadig met hoopvolle, misleide onderwysers wat dink hulle gaan biljoenêrs word oornag. En met die nuutste vooruitgange in tegnologie, sommer in die gemak van hul eie huise.


Die seisoene het weer verander. Ek het gegaan van 'n lewe omring deur kinders, na 'n lewe omring deur buitelandse, volwasse studente. In April 2015 het ek begin werk by die eerste TEFL skool in Pretoria. Aanvanklik het ek net een klas, 'n paar dae 'n week gegee.


Hierdie eerste taalskool was besit deur 'n dinamiese maar saggeaarde jong vrou in her laat twintigs. Die skool was haar eerste besigheid en omdat haar agtergrond in Onderwys was, het die TEFL industrie gelyk soos 'n goue gans wat net wag om baie goue eiers vir haar te lê.


Susan was baie gaaf en ons het vining vriende geword. Een oggend, terwyl ek nog kinders opgepas het, bel Susan my paniekkerig en vra of ek dalk onmiddelik kan inkom en 'n vermis-in-aksie, voltydse onderwyser kan kom vervang wat nie opgedaag het nie.


Ek't gespring vir die geleentheid. Hoe kon 'n onderwyser net hul verantwoordelikleid so verontagsaam? Ek was verontwaardig maar baie bly op die kans om 'n voltydse, permanente post te kry. Min het ek geweet dat ek ook gou sou uitvind, en erger nog, myself in dieselde situasie sou bevind, waar ek heetemal, alte goed, dit sou kon verstaan vanaf die ander onderwyser se perspektief af.


My eerste klas was 'n baie spesiale klas. Die eerste groep wat jy onderrig is altyd. Ek is nogsteeds in kontak met meeste van hulle op Sosiale Media. Die een groot vreugde van grootmense klas gee is dat jy opeindig met lewenslange vriende. Dit was nog altyd vir my die grootste voordeel van Engels gee vir volwassenes.


Terwyl ek besig was om te "nanny", was ek ook besig om Koreaanse studente, wat ek ontmoet het by my kerk, te tutor in Engels (2014 – 2015). Ek het lêrs vol werkkaarte en voorheen voltooide lesplanne alklaar opgebou en gereed gehad.


Om klas te gee by die huis het sy slaggate. In my opinie, werk dit skaars. Studente kanseleer laaste minuut. Jy het jou hele oggend gemors terwyl jy vir hulle gewag het plus die aand voor die tyd toe jy die les voorberei het. Hoe meer hulle kanseleer hoe minder gee jy om om ook te kanseleer. Binnekort word een keer 'n week, een keer 'n maand. Jy eindig op met minder geld en baie gemorste tyd.


So, toe Susan my gebel het, het ek 'n arsenaal vol speletjies, werkkaarte en lesplanne, net reg om gepluk te word, gereed gehad. Omdat dit so laaste-minuut was, kon ek so kreatief wees soos ek wou. Omdat TEFL oor leer-deur-spel gaan, kon ek my klasse pret maak. Wat 'n ongewone idee!


Die studente het altyd dieselfde versoek waarookal ek onderrig; meer spreektyd vir hulle, asseblief! Ek kon my lesse gebruik en hulle na hartelus laat praat. Groepwerk, kaardspeletjies, mimiek en rolspeletjies. Ons het soveel pret gehad.


Susan het die "New Headway" handboeke gebruik, wat ek gedink het is baie beter as die standaard, "Cutting Edge" handboeke. Die kurrikulum is dieselfde maar "New Headway" is meer relevant en met die tye, mooier ontwerp met 'n kleurvolle bladuitleg en meer pret. Die meer gevestigde "Cutting Edge" syllabus het 'n sterk klem op die Grammatika en is dus nogals vervelig. Maar dis net my opinie.

Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now