11.4 Avonture van 'n Mediasendeling - Deel 4: Solo: 'n Star Wars Storie

5 0 0
                                    


Nuusbrief 4 – My nootlottige, 2018 fondsinsamelingsprojek

Liewe vriende


My 19-jarige klasmaats se optimisme het 'n diepgaande effek op my gehad: dit het op my afgevryf. Hulle was so propvol idees en idealisme. Na die kursus verby was en ons almal in ons verskillende rigtings ingevlieg het, het my jeugdige vriende 'n saadjie geplant; "wat as ek 'n "crowdfunding" skarefinansieringsveldtog begin, om geld intesamel, sodat ek rolprentmaak voltyds kan gaan studeer?"


Hulle het my verseker dit werk. Hou dit net lig en snaaks, het hul gesê. Hulle het die geld ingesamel wat hul nodig gehad het om die "YWAM DTS" en "SVP" kursusse te kom swot. Hul het selfs 'n vriend gehad wat nie die klasgelde kon bekostig nie, wat die fondse ingesamel het deur 'n "GoFundMe" veltog. (Ek wou nie hulle gevoelens seer maak deur uittewys dat dit heelwaarskynlik geskenk is deur dieselde mense wat Vader Kersfees en die Tandmuis speel elke jaar nie).


So kinderlik. So naïef. So nat agter die ore. Tog entoesiasme is aansteeklik, daarom het ek dit nogsteeds my beste probeerslag gegee. Hier is my nederige poging.


Bevry 'n Aspirant Rolprentmaker-Dromer om 'n Doener te word


Ek het nog altyd gedroom daarvan om 'n Metode aktrise, skrywer en regisseur te word soos Matt Damon, Ben Affleck en Kevin Costner en om te werk in die internasionale vermaaklikheidsbedryf. Belaglik, ek weet. Wie het ek gedink is ek om so groot te droom en so hoog te mik?! Ek was besig om te groot te word vir my eie skoene, dis wie!


Ek het selfs na 'n AFDA opedag (die beste filmskool in Suid Afrika) gegaan in 2005 want selfs toe, lank gelede, 12 jaar terug toe ek 25 was, was die droom sterk en dringend in my hart. Maar dit was tevergeefs. Finansies. Altyd die onvermydelike struikelblok. Soos gewoontlik.


Die realiste het gereeld met my geraas en vir my gesê om optehou droom en groot te word. Wie was ek om te dink ek kon werk in die film industrie? Ek was geen aktrise nie het sommiges vir my gesê. "Jy is NIE 'n mediasendeling nie", het 'n ander een gesê. Aanvaar jou situasie, het hulle almal vir my gesê.


Na 15 jaar van linkerbrein werke doen wat ek haat, vir minimumlone en nogsteeds lewe op die broodlyn, het ek besluit dit was gaan-groot-of-gaan-huistoe-tyd. Ja, selfs op 37-jarige ouderdom! As ek die spreekwoordelike, platsak kunstenaar gaan wees, gaan ek dit ten minste doen in die nastrewing van my regterbrein droom.


So ek het op 'n malhaas avontuur gegaan. Ek het op 'n vliegtuig geklim, Kaap toe gevlieg en 'n gekondenseerde, verkorte, drie maande kursus in film en video produksie gaan doen, met slegs halfde van die fondse. Soos net Hy kon het my getroue Vader weer voorsien.


Mens, het ek gevoel soos 'n voëltjie wat uit haar kou vrygelaat is vir die eerste keer in 'n baie lang tyd.


Die reis eindig nie hier nie. Die opleiding wat ek ontvang het is goed, maar slegs 'n inleiding. Dit was net genoeg om my eetlus wakker te maak. Die volgende stap is AFDA, "The South African School of Motion Picture Medium". In my progressie tot die volgende geloofstap, moet ek my filmstudies verder vat en 'n in diepte, geakkrediteerde, vier jaar, graad kursus in Rolprentmaak voltooi.


Help my asseblief om my dekades-lange droom in 'n realiteit te verander.


Dankie


Aan my mede-dromers daar buite. Daar is niks belangriker as jou Godgegewe drome nie. Die wêreld het jou spesifieke gawes nodig. Moenie dat mense wat opgegee het op hulle drome jou uit joune uitpraat nie. Kry hul jammer. Vergewe hulle. Maar moet nooit opgee nie. Dit gaan moeilik wees. Die lewe is onregverdig en miskien moet dit ook so wees. Die teenspoed en swaarkry maak ons sterker en berei ons voor vir ons Beloofde Land.


Gaan droom groot drome en verander die wêreld, een droom op 'n slag!


God is die Droomgewer en Hy is meer as in staat.


Yvette van Os


Rolprentmaker, draaiboekskrywer, regisseur, kinematografie en Metode toneelspel aspirant, mediasendeling, dromer en doener in Christus Jesus.


NS: Na 'n jaar het ek presies nul Rand ingesamel. Nie eers 'n sent nie. Weereens moes ek my drome op die agterste rak sit om stof optegaar. Dit was terug na realiteit met my. 


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.
Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now