11. Avonture van 'n Mediasendeling - Deel 1: 'n Nuwe Hoop

6 0 0
                                    


Proloog – Die geloofsreis

Liewe vriende


My drie maande by 'n Christen Film-en-Televisie Produksieskool in die Kaap, is verby en ek kan my net verwonder aan God se goedheid aan my. Wat 'n welwillende en getroue Vader dien ons nie.


Soos meeste van julle alklaar weet, het ek vir die afgelope drie jaar gewerk as 'n Engelse TEFL ("Teaching English as a Foreign Language") onderwyseres. Selfs al was ek dol oor die uiteenlopende groep studente, het ek die verouderde en pedantiese onderwysstelsel gehaat. 'n Probeem wat ek ook in die twee jaar wat ek in Thailand skoolgegee het ondervind het, wat my, as 'n kreatiewe mens, geen einde van frustrasie veroorsaak het nie. Die lewe was een groot, bittere teleurstelling. Ek was gedemoraliseer en hopeloos.


'n Sleutelpersoon in my lewe, iemand wat ek na opgekyk en aanbid het as kind, het vir my 'n brief geskryf en my gelukgewens dat ek my drome opgegee het en 'n realistiese volwassene geword het. Dit was die pad na sukses, het hulle my verseker. Wel gedaan dat jy grootgeword het en onthou, jy kan altyd jou droom verklein tot 'n realistiese grootte as 'n stokperdjie oor die naweke.


Iets in my het ontplof. 15 jaar in die wêreld van werk het my in die rotreis, op die broodlyn, skaars oorleef met 'n minimumloon en geen voortuitsig van vooruitkoms gelaat. Ek was nêrens naby aan my droom te bewaarheid nie. Ek was 'n gedienstige en gedwëe familielid en het almal se raad geneem en net enigiets gedoen om te oorleef en die wolf op 'n afstand te hou maar alles wat hulle my belowe het, het nooit gematerialiseer nie. Ek sou een stappie voorentoe neem en die lewe sou my twee stappies teruggdruk. Ek was moedeloos en neerslagtig!


Ek het net daar en dan besluit dit was tyd om my drome te volg. As ek arm moes wees, sou ek ten minste arm wees in die nastrewing van my drome. Ek sou armgat maar nie ellendig wees nie.


Soos woestynblommetjies gestrooi in die droë grond, het Jesus tot my gespreek deur baie ware vriende. Rory het my vertel van 'n filmskool in die Kaap en van haar vriendin Eunice, wat ook 'n hart propvol drome gehad het maar 'n plat sak. God het bonatuurlik vir Eunice voorsien. Hy sal dit ook vir my doen, het Rory my verseker.


My kollegas by die TEFL Skool, Vera en Priscilla, het vir my gebid en saam met my geglo. Priscilla was my lewensafrigter en het my aangemoedig om my drome te volg en Vera was my gebedsvernnoot wat haar geloof, saam met myne, in die atmosfeer vrygestel het. Hulle het saam met my gestaan en geglo na ek bedank het by my werk en daar op daai stadium, nog geen teken van die klasfooigeld was nie.


Die Heilige Gees het my uitgedaag om "te bedank by my werk" in die begin van Julie 2017 en te gaan na die Filmskool in die Kaap. Dit kon net sowel Kanada gewees het want ek kon nie die vliegkaartjie na een van die twee bekostig nie. Albei was ewe belaglik.


Die salaris wat weerhou is by die werk, is uiteindelik aan my uitbetaal, na baie mense saam met my gebid het. Ek het net weer uitgedaag gevoel deur 'n C.S. Lewis aanhaling wat ek in die fliek "God's Not Dead" gehoor het. (God praat met my deur flieks).


Om te parafraseer: "Slegs as daar 'n werklike risiko is, is dit werklike geloof". Dit het tot my gespreek.


Ek moes my geloof uitoefen. Iets doen wat my iets sou kos. 'n Werklike risiko neem. Ek het besef ek moes dit gou doen en sonder om enigiemand te vertel anders sou hulle my probeer oorreed om dit nie te doen nie en dus my geloofsaad steel.

Briewe van die Ander KantDonde viven las historias. Descúbrelo ahora