13. There is no testimony without a test or message without a mess

4 0 0
                                    



Nog 'n 2018 Sosiale Media plasing

Liewe vriende

Vir iemand daar buite wat bemoediging nodig het


Hierdie is my getuienis: ek kom van 'n gebroke huis en 'n disfunksionele, kinderjare agtergrond. Die vyand het my probeer vermoor in die baarmoeder sowel as later in 'n karongeluk.


In my laat-tienerjare (die laat 1990s) het ek baie kwaad geword vir die Here. Waarom het Hy toegelaat dat al daai slegte goed met my gebeur het?


Ek het begin klubs toe gaan en deurmekaar geraak met die "New Age" want die pyn was ondraaglik en ek wou net die skyn hê van beheer oor my eie lewe. Ek was erg depressief, het selfmoordgedagtes gehad en ek wou net dood gaan. Die "Alternative Rock" musiek waarna ek destyds geluister het, het geblyk asof dit die pyn en verlange verlig. Kurt Cobain was my broeder in pyn.


Ek het uitgegaan na klubs en kroeë in 'n poging om my leë siel te vul maar ek sou terugkom tuis en selfs nog leër voel as voorheen. Dronklapgeid was dom. Dans was pret, tot dit nie meer was nie en vryerasies met vreemdelinge het my nie beter laat voel nie.


Ek was kwaad vir God. Ek het alleen gevoel. Daar was nog iets. Ek kon iets donkers voel broei net onder die oppervlak van my bewussyn. Iets wat ek skaars aan myself kon erken.


God het agter my aangekom soos die vader in die verlore seun storie. Hy was meedoënloos gedryf in sy agtervolging en het die heeltyd Christene op my pad gestuur waarheen ek ook al gedraai het. Ek sou die liedjie "Adam, Adam, Where Are You?" deur Don Francisco hoor speel in my kop. Letterlik. Soos 'n plaat wat oor en oor speel op die grammofoon van my hart. Ek het gevoel hoe God my trek. Letterlik. Soos 'n fisiese, magnetiese krag wat my inkatrol tot ek eventueel ingegee het.


Na my rebellie, in die jaar 2000, het ek teruggekeer na my Hemelse Vader. Ek het begin terugflitse kry en onderlinge herinneringe van seksuele mishandeling en verkragtignsinsidente het begin opduik. Niemand het my geglo nie. Dit was so aaklig, ek kon dit self skaars glo. Dit was die vaë, onduidelike, wasige herinneringe van 'n kind.


Die meerderheid mense het gesê ek maak dit op om aandag te kry. Ander het gesê ek was mislei deur die duiwel en ek het 'n geestesongesteldheid gehad. En nog 'n laaste groep, en dit is my persoonlike gunsteling, het gesê ek was beheer deur die een, gawe persoon wat my wel geglo het en die persoon was besig om 'n persoonlike vendetta van wraak uittevoer teen die beskuldigde. Die finale uitspraak: die misbruiker was 'n hulpelose, onskuldige lammetjie en ek was 'n berekenende, kwaadwillige, klein leuenaaressie.


Ek was in my tweede jaar by Bybelskool op daardie stadium en selfs al het die kerkleiers my aanvanklik geglo, het 'n Jezebel en 'n Agab hulle gaan oortuig ek jok. Ek was behandel soos 'n uitgeworpene en verstoteling en aangekla daarvan dat ek die kerk se reputasie besmeer het. Een vroulike leier het selfs na my toe gekom in die gange en my voor my vriende en klasmaats gekonfronteer en gevra hoe ek dit kon doen? Hoe kon ek met myself lewe?! Ek was heeltemal uit die veld geslaan en verslaë.


So, dit is veilig om te sê ek verstaan wat die meeste vrouens in die gesig staar wanneer hulle wel besluit om vorentoe te kom met die waarheid. Ek verstaan selfs beter waarom die meerderheid besluit om dit nie te doen nie. Dit raak lelik. Die moddergooi-smeerveldtog raak baie lelik. "Dis Ek, Anna", is 'n baie goeie Afrikaanse boek en film oor die verskynsel. 

Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now