11.3 Avonture van 'n Mediasendeling - Deel 3: Die Terugkeer van die Jedi

8 0 0
                                    


Nuusbrief 3 – Die Mense

8 Augustus – 30 Oktober 2017

Liewe vriende


Mense is God se geskenk aan ons. Wat my drie maande by die filmskool so wonderlik gemaak het was die mense. My lektore en klasmaats het God se skatkis geword, elk met iets unieks, mooi en ryks om ons siele mee te verfris en op te bou.


My vriend, moenie dink jy is sommer maar net 'n "klein mensie" en jou lewe is sommer maar net "allerdaags en doodgewoon" nie. Jou lewe is God se geskenk aan die wêreld. Jou siel is God se skatkis waarvan Hy geskenke uitdeel aan ander.


Soos Jesus stories gebruik het om groot waarhede aan ander te leer, so illustreer die liewe Vader Sy beginsels deur mense se lewens en karakters. Ek het iets waardevols geleer van elke persoon wat ek ontmoet het, soos God vir my die diamant, robyn, smarag of pêrel gewys het, weggesteek agter elke gesig.


Deel 1: "Die Onderwysers"


Van ons direkteur en hoof het ek die waardevolle les geleer om lateraal en uit die boks te dink. Sy het ons ook geleer om ons konstruk te verander van 'n "boks" na "borrels" en ons aangemoedig om borrelbarsers te word.


'n Ander baie belangrike les wat ek by haar geleer het is om optehou om myself lostemaak en te ontkoppel in verhoudings. As jy misverstaan word of verkeerdeliks geoordeel word, bly "betrokke" en gee die mense 'n kans om jou beter te verstaan. In tyd sal hulle hulle fout raaksien. Moenie opgee en jouself onttrek nie.


Direkteur Leia se gawe en skatkis juweel is: "Grasieuese Leierskap"


Uiteindelik het ek Eunice ontmoet, na ons aan mekaar voorgestel is en bietjie gesels het op WhatsApp. Ek het groot nederigheid in haar gesien. As 'n ouer vrou in haar veertigs, het sy nederigheid asook taaihed aan die studente ten toon gestel. Sy was 'n baie harde werker. Sy was warmhartig en gasvry en het my 'n paar keer uitgevat om my aantemoedig toe dinge net te mal en energiek geraak het in die koshuis.


Eunice se gawe en skatkis juweel is: "Beskeie Maar Taai Leierskap".


Wynton, ons huisvader by "YWAM Royal House", was my vriend en helper. As 'n man in sy dertigs, het hy my uitdagings al te goed verstaan. Hy het my laat lag, diep, maag uitbarstings en hy het my baie keer vergesel na die Tuisbasis. Hy was die definisie van 'n sympatieke oor, wat ek rerig waardeer het.


Wynton se gawe en skatkis juweel is: "Leierskap met Onbeperkte Aanvaardig van mense".


Van Ahsoka Zaziwe het ek geleer hoe vurig en sterk vroulike kerk leiers kan wees. Sy is rerig 'n vroue kampioen en haar gawe en skatkis juweel is: Kragtige, Begeesterde, Vroulike Leierskap".


Ek sal nooit die dag vergeet wat my rekenaar gebom het en ek op Laura se skouer gehuil het nie. Sy was so gaaf en gerusstellend. Van Laura het ek veel meer as "Final Cut Pro" video redegeringsvaardigede geleer. Laura se gawe en skatkis juweel is: "Vriendskaps Leierskap". Sy was werklik 'n vriendin vir ons almal en ons het haar bemin.

Briewe van die Ander KantDonde viven las historias. Descúbrelo ahora