17. Epiloog: Die Profesie

1 0 0
                                    


Die profesie het gelui:


Lank lank gelede, in 'n onheilspellende, ou woud het daar 'n klein, saailingboompie gewoon. Sy was die kleinste en swakste van al die bome in die woud. Die ander bome het dik takke gehad en hulle het al die son uitgeblok. Hul wortels was sterk en hul het gulsig al die water opgeslurp. Die klein saailingboompie het grootgeword in hul sombere skaduwee.


Die Skepper was baie lief vir die klein saailingboompie. Hy het seker gemaak dat een goue sonligstraaltjie direk op haar val. Die klein saailingboompie het pennetjiesregop gegroei in daai een skag suiwere lig. So reguit soos 'n pyl. Uiteindelik het sy al die ander bome verbygevaar. En die Skepper was tevrede.


Toe haar tyd aangebreek het, het die Skepper haar omskep in die fraaiste, mees elegantste handgekerfde pyl en haar in sy pylekoker geplaas. Hy het die pylekoker aan sy seun, die Meester Krygsman, gegee.


Een dag sal die Meester Krygsman sy boog stel, direk mik na sy aardsvyand die Bose Een en sy nemesis reg deur die hart skiet. Die klein sailingboompiepyl sal flink haar teiken tref. Dit is haar roeping.


Haar naam is Eva.


Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.



Briewe van die Ander KantWhere stories live. Discover now