Proloog

180 9 3
                                    

Dis doodstil rondom my. Onder in die straat ry 'n paar motors verby. Dis al 12h00. Middernag...

Die woonstel is stil
My dogter slaap en hoes nou en dan. My amper tweede eks-man slaap in die spaarkamer.

Ek le alleen met my gedagtes in die bed. En die stemmetjies in my kop praat lekker saam
Nee ek het NIE 'n gesplete persoonlikheid nie! Ek diagnoseer myself sommer as depressief, angstig en gespanne. Om natuurlik nie te vergeet van oorwerk en onderbetaal nie.

Hoekom tog het ek weer in die strik getrap? Hoekom is ek waar ek nou is? 46 en amper weer alleen vir die tweede keer.

Dalk was die tweede troue as gevolg van eensaamheid, die soeke na daardie iemand wat verstaan, jagsheid, beslis simpelgeit. Genade soms weet ek self nie eers nie.

Ek weet net alles voel op die oomblik donker en mistroostig. Ek voel moedeloos. Het nie die regte antwoorde nie.

Wat is fout met my? En hoekom nou weer ek? Miskien moet ek voor begin? Dalk maak alles sin aan die einde....

Die stemme in die nagWhere stories live. Discover now