En so begin dit....

44 1 0
                                    

Marco het aangehou om my uit te vra. Ons eerste date was milkshake by Sunnypark en daarna put-put speel. Hy het 'n ou Toyota gery, maar dit was baie meer pret om te loop. Romanties. Hy het my laat giggel soos 'n skooldogter ( wat ek eintlik nog amper was).

Na die eerste date het ek die vlinders in my maag voel draai. Maar tog was ek bang. Hy was 22 en ek 18. Hy was wêreldwys en ek? Naîef en stupid.

Ons het meer begin uitgaan ná my skofte en ook as ek naweke af was.
Hy het my dinge geleer wat die platteland my nie geleer het nie. Ons het motorfiets gery, na ralleys gegaan. En baie keer skelm by Sterland flieks ingesluip. My vriendinne het my altyd gevra watter flieks die beste was, want daar was niks wat ons nie gesien het nie. Van komedies, romanses, rillers, alles wat te sien was het ons gaan kyk. Gewoonlik het ons gewag totdat die fliek reeds begin het. Die mense by die deure was dan reeds weg en ons het kamstig vanaf die badkamers gekom en dan gekyk waar lee sitplekke was. In die begin was ek vrekbang daarvoor, maar het later soos 'n pro-insluiper geword. Min het ons geweet dat ons dopgehou was deur die bestuurders. Eendag is ons "uitgevang" en moes na die bestuur se kantoor gaan. Dit het weer soos in skooldae gevoel as jy kantoor toe geroep is!

Marco was egter 'n meester charmer. Hy het die bestuurders om sy pinkie gedraai! En raai? Daarna het ons vir die tydperk wat ons mekaar geken het, nooit betaal vir fliek nie. Dit was 'n bargain, alhoewel fliekkaartjies daardie jare spotgoekoop was.

Binne 'n paar weke was ek en hy dolverlief en onafskeidbaar. My studies het voortgegaan en ek het tog nog steeds hard geleer om my drome waar te laat word, maar net so hard geval vir Marco.

Nie lank daarna het Marco 'n klein eenmanswoonstelletjie gekry. Gemeubileerd en als. En ek het saans nie teruggegaan koshuis toe nie. Het uitslaap pas gekry om by my ouma oor te bly.

En dit was moeilikheid soek......

Die stemme in die nagWhere stories live. Discover now