Gevang

32 1 0
                                    

Ek het in die vroeë oggendure hom raakgesien. Al die vlinders in die wêreld was in my maag en keel vasgevang. Hy het my ook raakgesien en uitgekyk, altwee was te skaam om die eerste skuif te maak.

Ek sou saam ander vriende terugry Pretoria toe, maar het te lekker gekuier. 'n Paar van die manne het gesê hul gaan eers later terug en dat ek kon saamry. Ek was verheug hieroor.

Ons klompie vasbyters, het na een van die ander huise op die plaas gegaan en besluit om af te koel in die plaasdam. Natuurlik is die brandewyn saam. Op 'n buiteband en 'n glasie in die hand, het ek en Jaco mekaar uiteindelik mekaar bietjie beter leer ken in die dam.Hy het in die omtrek grootgeword en was byna saam almal daar op skool of saam in die army. 'n Groot hegte vriendekring wat mekaar deur dik en dun bystaan.

Later het almal besluit om deur te ry Pretoria toe en die kuier daar voort te sit. Ek was baie braaf en het aangebied om een van die bakkies terug te bestuur. Die verkeersbeamptes was sekerlik almal op vakansie daardie tyd, want as hul ons gestop het, sou ons almal seker nou nog tronkstraf uitgedien het vir bestuur onder die invloed.

In Esselenstraat Sunnyside was 'n kuierplek Upstairs, waar ons beland het. Dit was 'n studente uithangplek. Hoe ons nog kon kuier na die deurnag en heeldag se kuier verder, weet ek tot vandag toe nie. Almal was heeltemal buite hulself gekuier. Jaco het die grootste voete gehad en daarom natuurlik die grootste skoene. Dit was net heeltemal 'n moet om hierdie skoene te gebruik as 'n yslike glas waaruit almal moes drink. Gross!!!! Brandewyn het mos nie brieke nie!

Kort voor lank moes ek egter regtig briek aandraai, anders het ek meer 'n gek van myself gemaak.

Jaco was nogal 'n groot reuse gentleman en het aangebied om hierdie giggelende meisie huistoe te vat. Hy het my woonstel toe gevat, gesorg dat ek in die bed kom sonder om advantage van my te neem. My voordeur was van daardie soort wat self sluit as jy uitgaan. Hy het homself uitgelaat en verder gaan kuier. Dit was 3 weke voordat ek enigsins weer van hom gehoor het.

Die stemme in die nagWhere stories live. Discover now