Dit het weke, maande, amper jaar so aangegaan. Elke sekonde van die dag, het ons verder uitmekaar gedryf.
Iets wat wel anders was, was seks. Jaco sou skielik meer seks wou hê, al het hy in maande niks aan my geraak nie. Hy het ook met die vreemdste dinge en kinky goed vorendag gekom. Hy wou orale EN anale seks hê skielik. Enige tyd, byna enige plek indien moontlik. Hy was teen die tyd al oor 40 jarige ouderdom. Alhoewel ek 'n baie sterk vermoede van 'n buite-egtelike affair gehad het, het ek van die dinge tóg toegelaat, want ek het gedink, lekker stupid ek, dit sou my gebroke huwelik red). Soms was ek so naar tydens die seks dat ek ná dit gebraak het. Ja, dit was net seks. Nie meer liefde maak, of liefkosings of voorspel van enige aard nie. Soms ook net wham-bam-fuck-you-mam!
Ek het een dag vir hom gesê:
Jaco, jy loop al nou met jou donnerse piel op jou fokken voorkop rond! Jy moet seker een of ander hoer hê, want die liefdes spel wat ons eens gehad het, was altyd bevredigend ( het ek gedink).Hy het hom net vererg vir my en weer pad gevat. Ek was in elk geval nie iemand wat sulke taal gebruik het nie.
Dit was Vrydagmiddag, middel Mei, nét voor 5 uur wat ons sou huis toe gaan.
Ek het 'n telefoonoproep ontvang by die werk. Anonieme vroue stem.Is jy mev Grobler? Die vrou het doodseker gemaak.
Is jy met Jaco Grobler getroud al vir 14 jaar?
Ja........ wie praat?
Dit maak nie saak wie praat. Ek is aan jou kant. Ry hy 'n grys Isuzu bakkie?
Ja..... wie praat?
Is julle besig om te skei?
Nee....... WIE praat?
Jou man het 'n buite-egtelike verhouding!
Dit het gevoel of 'n beker yswater oor my omgekeer is. Ek het dit vermoed, geweet, maar was te dom om dit te aanvaar. Ek het gesit in bewe. Daar was geen trane nie, net hierdie yskoue beklemming om my hart.
Het jy dit geweet? Weet jy met wie?
Ja, ek het vermoed. Al die tekens is daar. En ek het 'n sterk vermoede met wie dit is ja.
Sy is blond? Ry 'n blou kar? Het 'n kind?
Ja ek weet dit alles. Sy is ook verloof aan sy beste vriend.......
Gaan julle skei?
Nee, dit was nog nooit genoem nie. Ons is baie gelukkig ( lieg ek sommer).
Wel, daar word vir haar gesê dat julle besig is om te skei en dat hy met haar gaan trou! Hulle is besig om saam blyplek te soek!
Waaaaaat? Dis die eerste wat ek hoor van alles!!!! Hoe wéét jy dit wat jy sê is enigsins waar?
Ek weet, want dis my dogter! En wat hulle doen, is nie reg nie!
Jy kon my met 'n veertjie omtik! Haar eie Ma! Dan was my vermoedens al die tyd reg. Maar wat nou?
Wat nou? Wat stel jy voor?
Jy sal hulle op heterdaad moet betrap. Ek weet hul gaan saam naweke weg en boek by 'n plek in buite die dorp, ek weet net nie waar nie. Sodra ek uitvind, laat weet ek jou, dan gaan vang jy hulle red-handed.
Wel, ek weet nie of ek juis als glo wat jy sê nie. Jy sal meer bewyse vir my moet gee.
Die waarheid maak bitter seer. En al is dit vir my uitgespel wou dit nog nie insink nie. Nie regtig nie. Die regte egte waarheid was, al het ek vermoed, dit geweet, steeds soos 'n dolk deur my hart.
YOU ARE READING
Die stemme in die nag
RomanceSaans as mens wil slaap, dan kom al die stemme, die planne, ek moes dit of dat gedoen het........die duiwel fluister in jou oor, jy is baie brawer. Maar as die son opkom en al die realiteite van die lewe jou tref, wil jy soms dan n slaappil drink en...