As jy van die platteland afgekom het in die '80's, was jy geklassifiseer as "soet, onskuldig en naief". En glo my, ek was.
Hier en daar was daar wilde oomblikke.My eerste koshuisdag was vreesaanjaend in daardie tyd. My kamer was langs die koshuistannie s'n. Tannie Annetjie was soos 'n ma vir ons arme "wesies". Sy het ons soos goud opgepas.
Ek was nog besig om uit te pak, toe daar 'n klop aan my kamerdeur was. Voor my het 'n blondekop meisie gestaan in net 'n t-hemp. Hare na al die kante toe en sigaret wat uit mond hang.
"Hi, ek is Susan, as jy enigiets en ek bedoel ENIGIETS nodig het, klop net aan my deur"."
Doodonskuldig en verbouereerd het ek net my kop geknik.
"Ja, dankie, ek sal".Later het ek uitgevind Susan is lesbies en het my kamerdeur elke aand toegesluit. Onthou in daardie jare was dit 'n groot sonde. Ons het nooit vriende geword nie en ek het nooit gevra vir enigiets nie!
Ons koshuis was baie gewild by die manlike geslag. Nursies is mos as maklik gesien.
As die son sak, het van die meer vrypostige (letterlik en figuurlik) meisies buite op die stoep gesit en al die aandag geniet.
Een middag na 'n 12 uur lange skof, het ek die stoep tussen die meisies en manne aangedurf.
"Hallo, mooiding!", is daar vir my geroep. Ek het die voormalige vryer geignoreer, want hy het by een van die ander meisies gekuier.
So het dit vir 'n lang ruk aangaan. Ek het hom heeltemal ignoreer en by die ander deur ingesluip na skofte.
Tannie Annetjie se kleinseun het vir haar kom kuier en hy het oorgeslaap in haar woonstelletjie langs my kamer. Een aand na werk het hy voor my kamerdeur gewag en my fliek toe genooi.
Sterland was die uithangplek in daardie jare. Ek en Adriaan het the mission gaan kyk. Niemand het egter gese hoe lank die fliek is nie. Terug by koshuis was al die deure reeds gesluit. Adriaan het egter die slim plan gehad om deur 'n oop venster in te klim. Dit was nogals vet pret gewees. Al giggelend het ons teruggesluip deur die donker koshuis na my kamer en sy ouma se woonstel. Dit was egter die laaste kuiertjie tussen ons, want hy moes terug Bloemfontein toe waar hy geswot het. Ons het met briewe gekommunikeer later van tyd, maar dit het 'n stille dood gesterf met verloop van tyd.
Die vryer wat by die ander meisie gekuier het, het nie opgegee nie.
Hy het geweet ek probeer hom ontduik. Een aand kom die meisie Karin na my en sê dat die ou Marco my baie graag wil ontmoet. Ek het eers geweier, maar elke aand was dit dieselfde. Sy het aangehou, aangesien daar glo niks tussen hul was nie. Na 2 weke het ek ingegee.En net hier begin 3 jaar se goeie en slegte tye.
YOU ARE READING
Die stemme in die nag
RomanceSaans as mens wil slaap, dan kom al die stemme, die planne, ek moes dit of dat gedoen het........die duiwel fluister in jou oor, jy is baie brawer. Maar as die son opkom en al die realiteite van die lewe jou tref, wil jy soms dan n slaappil drink en...