Lewe in die groot bose stad

68 4 0
                                    

Sak en pak Pretoria, jakarandastad toe. Kan nie wag vir die nuwe avontuur. Is tog ook benoud vir die vreemde groot stad.
By die koshuis is ek en mede-vriende baie braaf deur ons ouers afgelaai. Die trane het later gekom. Gou hightea gehou saam matrone, hoofsusters en superintendent van die hospitaal. Asook natuurlik ons ouers. Reels, regulasis, strawwe en alle noodsaaklike gesprekke aangehoor. Bla-bla-bla.........

Ouers is gegroet en toe vloei die trane. En skielik was ons rerig alleen saam met die seniors. Broeke het gebewe. Hul was vriendelik, maar ons moes vinnig uitvind wie is baas en wie is klaas.

Hier was skielik nou n klompie ander reels op ons afgedwing. Soggens vroeg, gaan draf. Urgh ek het elke oomblik gehaat.Danskompetisies, mej bikini kompetisies, swem
Ek kon net versuipslag swem tot groot vermaak van my nog vreemde vriende.

By Sunnypark moes ons in n sirkel le op ons waslappe en sonbrand, daarna rug teen rug mekaar se tande borsel. Dit was nogals pret. Om wild vreemde stadsjapies uit te vra minder pret.

Dag 1 van ons opleiding het begin. Op saalronde deur hospitaal geneem om georieenter te word tov sale en pasiente. Ons het tog te netjjes gelyk in die spierwit rokke, sykouse en toeruigskoene. Die skoene beslis onvroulik,.maar vir gemak waarvoor ek later baie dankbaar was.

My eerste dag moes ons leer om volle bedwasse te doen. En my eerste pasient? 'N semi-komateuse omie van 84!
Vir die plattelandse meisie was dit beslis 'n skok. Volle bedwas beteken VOLLE bedwas. Dit beteken alles was van kop tot toon. Ons was gelukkig twee. En gelukkig was die ou oomie nie by sy positiewe. En hier het die begin van alles sien in die menslike liggaam begin. Die tweede bedwas was beter, maar dit het nie beteken dat ons nie bloedrooi gebloos het nie!
Onthou, hierdie was in die 80's. En daardie tyd was ons regtig nog naief en onskuldig.

Behalwe die bedwas skok, moes ons gou leer hoe om temperature en bloeddrukke te neem en ook urienes te toets. Daardie dae het ons nog als selfs gedoen. Ons moes hoeveel keer hard sluk om nie naar te word of flou te val met als wat ons geleer het nie.
En die susters was kwaai! Het voor en na elke besoektyd "fix" rondtes gehad. Dit het beteken dat elke pasient byna soos n mummie in die bed moes le met komberse en lakens army styl gevou. Alle trollies se wiele moes presies na dieselfde kant toe kyk. Elke ding stip op sy plek. Dis hoe ons geleer het

Die stemme in die nagWhere stories live. Discover now