Eerste afspraak

39 1 0
                                    


Flip was soos my broer,al wou hy op 'n stadium meer as vriende wees. Hy het geweet van my vorige twee mislukte verhoudings en dat ek eers bietjie in die bondel wou vry.

Jaco was soos 'n vasgehaakte plaat in my kop. Ek kon hom net nie daaruit kry nie. Een aand voor my nagskof sou begin, het ek besluit om Flip te bel. Kastig om dankie te sê vir die partytjie. Vreemd dat dit eers na 3 weke gebeur het, ne?

Hy vertel toe dat Jaco knaend is en heeltyd my telefoon nommer vra. Dankie tog daarvoor,het ek gedink! Hy wou dit nie vir hom gee nie, maar ek het hom oortuig dat dit reg is met my. Skaars klaargepraat, toe lui die telefoon weer.

Jaco. Jaco. Jaco. Yes yes, yes!!!

Vlinders, vlinders, vlinders!!!

Uiteindelik kon ek weer sy stem hoor. Ons het land en sand gesels. Ek was byna laat vir werk. Maar nie voordat ons 'n date gereël het nie vir die volgende Saterdag!

En watse date? Die curriebeker wedstryd tussen die Blou Bulle en die WP! Romanties ne? Veral as mens nie vir dieselfde span skreeu nie! Hy was natuurlik die Blou Bul en ek moes net anders wees.

Van skooldae af, was ek 'n WP ondersteuner. Nou hier gaan jul dalk ophou lees. Dit was alles Naas Botha se skuld dat ek nie die Blou Bulle ondersteun het nie. Hoekom nie? Nie sy tande nie, maar daai wit broekie wat so styf gesit het en ook dat hy die bal altyd so vasgehou het en nie gepass het nie.
Chester Williams was my held, al was dit nog in die apartheidsjare.

Die volgende oggend doodmoeg na werk, het ek eers my ma gebel en vertel dat ek my droom- en trouman ontmoet het
Ek het haar vertel dat hy soos 'n groot teddiebeer was. Ek is 1.62 m lank en hy 2.1 m! En hy dra 'n no 14 skoen teenoor my no 4 of 5!
Al was ons nog glad nie saam of op 'n date nie, het my ouers ook uitgesien daarna om hom te ontmoet. Ek was lanklaas so opgewonde oor 'n man.

Saterdag het te stadig, uiteindelik aangebreek. Ek was uitgevat in 'n t-hemp, tekkies en jeans. Al Jaco en sy vriende het rugby hemde aangehad en natuurlik almal die Blou Bulle s'n.

Oppad na Loftus, het ons by 'n garage gestop om ys te koop. Daar het 'n klompie studente gestaan, alreeds witwarm gekuier en ook oppad na Loftus. Een van die ouens het 'n WP hemp aangehad en natuurlik wou ek dit hê. Jaco het van die bakkie afgeklim en die hemp vir my gekoop vir R20, dit het nie baie oorruiging geneem nie. Nou het die student meer drankgeld gehad en ek 'n hemp! Ek het vinnig in die bakkie se voorkant ingeklim. Al die vriende het soos 'n kordon om my gestaan, gelukkig met hul rûe na my toe. Ek het vinnig my t-hemp uitgetrek en die WP hemp aangetrek. Nou was ek reg soos 'n roer vir die wedstryd. Natuurlik the odd one out met my wit-en-blou-strepies hemp tussen al die bloues.

Die wedstryd het soos 'n oogwink verby gevlieg. Seker omdat ek daar was, het die WP uitstekend gespeel en natuurlik gewen! Ek was ekstaties! My span het gewen! Jaco en sy vriende het nie soveel in my uitbundige vreugde gedeel nie.

Net oorkant Loftus was daar 'n ou vervalle huis op die hoek waar ons parkeer het. Hier het ons party gehou om die nederlaag te vier asook die oorwinning. Ek en Jaco het agterop die bakkie gedans, terwyl Queen of hearts van Bad boyz blue gespeel het. Dit was een van die groot treffers van die vroeë 90's.

Ons het gebraai, gedans en gekuier by die ou hoekhuis tot in die vroeë oggendure.

Jaco het my later gaan aflaai by my woonstel en weereens seker gemaak dat ek veilig is, voordat hy gery het.

Die belofte om my gou weer te bel en dat ons mekaar weer gaan sien , het my aan die slaap laat raak met 'n glimlag. Ek was tot my ore toe verlief.

(A/N):  Ek sou vreeslik graag wou konmentaar hoor
3op die storie. Goed of sleg? Boring?  Of wat gaan deur jul lesers se koppe?  Laat weet groot asb.

Die stemme in die nagWhere stories live. Discover now