Ons het sorgvry op die platteland grootgeword
In daardie tyd kon ons nog lekker tok-tokkie speel sonder om gevang of doodgeskiet te word. Gesokkie soos net ons kon op Jennifer Rush, die Carpenters en Geraldine se musiek.Ek het 'n heimlike crush gehad op my beste vriendin se broer wat 3 jaar ouer was as ons. Totdat sy dit uitgevind het en Cupido gespeel het. 3 jaar lank was ons gekys. Fantastiese sorgvrye jare.
Ons - ek en my vriendin- het een middag huiswerk by haar huis gedoen. En op die ingewing van die oomblik besluit om sjokolade fondue te hou met gesmelte sjokolade en marshmallows. Dit het gevoel of "iets" kort. Na 'n kort soektog, het ons haar broer en my kerel se bottel Red Heart rum ontdek. Dit het beslis die fondue baaaaaaie beter gemaak. Sjokolade met rum, marshmallows was egter nie so goeie kombinasie op die end nie. Haar broer was smoorkwaad. Haar ma het my ouers gebel en voorgestel ek slaap oor, aangesien die huiswerk nog nie klaar was en ons tog so sukkel.
O eina die hoofpyn die dag daarna! Nodeloos om te se dat dit die eerste en laaste sjokolade fondue by haar huis was.
Ons is gehok vir 'n paar dae en dit het behoorlik soos tronkstraf gevoel
Ons het mekaar gewoonlik daagliks gesien en die lekkerste kuier was op die betonmuur tussen ons 2 huise. En nou was dit taboe vir 'n week lank.Gelukkig vlieg die tyd as jy jonk is.
Skooldae was lekker. Ons was baie pligsgetrou en het absoluut nooit klas gebank. Behalwe in matriek, want dan is jy mos semi-groot, weet alles en het die hele wereld aan jou voete.Teen matriek was my eerste crush al iets van die verlede. Ek moes op my studies fokus en wou verder studeer na skool. My groot passie was en is steeds verpleging.
Die matriekjaar het soos 'n oogwink verbygevlieg.En toe ek my oe uitvee was skool klaar en het hierdie plattelandse, onskuldig-naiewe meisie in Pretoria in 'n koshuis gesit met die begeerte om 'n verskil te maak in ander se lewens en ook lewens te red.
YOU ARE READING
Die stemme in die nag
RomanceSaans as mens wil slaap, dan kom al die stemme, die planne, ek moes dit of dat gedoen het........die duiwel fluister in jou oor, jy is baie brawer. Maar as die son opkom en al die realiteite van die lewe jou tref, wil jy soms dan n slaappil drink en...