Die volgende paar maande het verby gevlieg. Ek en Jaco ewe verlief. Soms as ek op 'n sondaggend, voetslepend en amper aan die slaap by die hospitaal uitstap, het hy stralend buite met 'n bos blomme vir my gewag
Ons het so paar ure geslaap en daarna die pad gevat. Baie keer net gaan uiteet by die Mikes Kitchen oorkant my woonstel. Ek sou op liefde en koue water kon leef, maar die groot teddiebeer kon nie.
Hy het beslis sy kos nodig gehad.
Ons het heerlik gekuier so oor die etenstafel en mekaar baie beter leer ken. Van die moets en moenies in 'n verhouding.
Hy het my nooit amptelik gevra om sy meisie te wees nie. Dit het net gebeur. Ek is aan al sy vriende wat ek toe nog nie geken het nie, voorgestel as sy meisie.
Maande lank het ons so gekuier- hy deurgery Pretoria toe en by my gekuier en ander naweke by vriende se huis.
Totdat hy besluit het dat ek sy ouers ontmoet. Kriek, hierdie was skielik ernstige sake. Ek het nie veel geweet van hul nie en na my vorige ondervinding met die ander amper skoonma, was ek baie benoud.
Ons het eers die aand by vriende gaan kuier en laatnag eers saggies in die kasarm van 'n huis ingesluip. Hy het my net gewys waar is my kamer en die badkamer en toe naggesê en gaan slaap. Die huis het allerhande geluide gehad en dit was pikdonker buite op die plaas. Ek het daardie nag nie 'n oog toegemaak nie.
Die volgende oggende het ek benoud gelê in die bed dat hy my darem sal kom haal en aan sy ouers voorstel. Ek het hul hoor praat aan die voorkant van die huis.
Naderhand besef ek dat ek nie sy stem hoor nie. Het vinnig badkamer toe gesluip en gebad, skoon aangetrek en toe maar op my eie die familie gaan aandurf.
Dit kom toe uit, dat hy gou moes ingaan werk toe en het my wraggies net so gelos.
Gelukkig het hul my nie opgeëet nie!
Dit was nogals awkward om heeldag met vreemde mense wat ek van geen kant af ken, te kuier. Ek mag met niks gehelp het nie en het doodstil gesit en heeltyd bedien geword.Natuurlik het Jaco van hierdie gehoor, toe hy na werk by die huis kom. Met hom aan my sy, was die familie bekendstelling baie beter.
Die naweek het omgevlieg en Sondag, het hy my teruggeneem Pretoria toe. Die verdict was darem dat sy ouers my goedgekeur het!
Ons het heerlik oor en weer gekuier en die telefoonlyne (en die rekening), het gegons!
Elke naweek as ek af was, het ons mekaar gesien
Kon net nie genoeg van mekaar kry nie.Hy moes egter nog my ouers ontmoet! My pa het altyd gesê die man wat my eendag kry, moet deur 'n klip kan piepie. Ons sou moes wag en kyk!
YOU ARE READING
Die stemme in die nag
RomanceSaans as mens wil slaap, dan kom al die stemme, die planne, ek moes dit of dat gedoen het........die duiwel fluister in jou oor, jy is baie brawer. Maar as die son opkom en al die realiteite van die lewe jou tref, wil jy soms dan n slaappil drink en...