Reëlings

31 1 0
                                    

Om 'n troue vanuit Pretoria in Nelspruit, te reël is beslis nie kinderspeletjies nie. My ouers het ons voor 'n keuse gestel om 'n onthaal te hou of om die geld te gebruik om huis op te sit. Natuurlik wou ons 'n onthaal hou!

Ek is 'n lysie-tipe mens. Dit was November en ons sou eers die volgende jaar Oktober trou.
Ek wou al die reëlings sou gou moontlik afhandel.

Die kerk is geboek, die saal, die predikant, kleur van troue. Ons het gegaan om foto's te neem by 'n fotograaf vir die troukaartjies. Aangesien ek al 'n paar jaar al in my woonstel gebly het, wou ons eerder geld as trougeskenke kry as slaaibakke in verskillende kleure en groottes. Dit is mooi bewoord op die kaartjies gevra sonder om soos bedelaars te klink.

Al die breekgoed en tafeldoeke het ek ook gereël vanuit Pretoria. Gelukkig was die telefone geduldig. Ek was nie! My ma was te besig met haar eie dinge en soms het ons lelik stry gekry oor al die reëlings wat ek so gou as moontlik wou afhandel.

Trourok soek was ontsettend spesiaal. Ek en my pa het gegaan, anders as wat baie bruide hul ma's saamneem. My pa het gereeld Pretoria toe gegaan vir werk.

My afdag was besonders om saam hom te deel. By die boetiek wat trourokke uithuur, het ek en my pa 3 rokke gekies om aan te pas. Die eerste een het ek nie eers vir hom gewys nie. Ek het soos 'n seekoei gelyk en gevoel, alhoewel ek 'n skrale 48kg geweeg het. Rok 2 was geparadeer, maar nie reg nie. Toe ek rok 3 aantrek, het ek geweet dat dit die regte een is. Buite die aantrekkamer het my pa met trane in sy oë vir my gesê: my meidjie, dis jou rok! (Dit was sy troetelnaam vir my).

Die vrou wat ons gehelp het, het met 'n pikante hoedjie vol blink kraletjies en gaas die prentjie voltooi. Ek kon nie wag vir die groot dag nie!

Jaco het sy pak gekoop. Al die reëlings was klaar, die troukaartjies gepos en finale gastelys opgestel. Sy ma sou die blomme doen en 'n vriend van hulle sou vir almal se spys en drank sorg. Dit sou 'n oop kroeg wees waar almal hulself gratis kon help. Die DJ was 'n ou kêrel van my nou getroude sus met 2 kinders.

Intussen het my aanstaande skoonma vir my 'n kitchentea uit die boonste rakke gereël. Hier het ek genoeg geld gekry om net lekker te kon gaan inkopies toe en inlaai wat my hart en kombuis begeer.

Een week voor die troue, sou ek huis toe gaan om die finale reëlings te tref.

Klaar gepak en baie opgewonde die Donderdagaand het ek lekker snoesig gesit en Golden Girls kyk.

Toe lui die telefoon!

Aan die anderkant van die lyn was Keith, my boer.

En raai wat vra hy? Dat hy 'n groot fout gemaak het om my te los daardie tyd en of hy my weer kan sien. Ai tog! Hoekom nou?

As dit 'n paar jaar terug was, het ek nie twee keer gedink nie. Nou het my hart aan iemand anders behoort en dit was 'n week voor ons troue

Ek moes met trane wat oor my wange afrol, dit vir hom vertel. Aan die ander kant van die lyn, het hy net so hard as ek gehuil.

Op 'n vreemde manier 'n stukkie van my hart steeds aan hom behoort.

Die stemme in die nagWhere stories live. Discover now