Nuwe begin

26 1 0
                                    

Skielik was ek weer alleen en vry. Die werk by die hospitaal uitdagend. En my sosiale lewe het darem weer vlamgevat. In my af dae, het ons -ek en my nuwe buurvrou- die naglewe aangepak.

Die eerste optrede van die Chippendales in 'n bekende nagklub, het ons almal se knieë lamgehad. Ooooohooo kon hul dans, en daardie lywe!!!! Ons het heelaand omgekwyl.

Na hul optrede, is die deure oopgemaak om mans binne te laat. Ons het met elkeen gedans wat gevra het. Danie was een van die wat my gevra het om te dans. Hy het nie so omgegee dat die plattelandse meisie nie al die danspassies van die nagklub kon doen nie. Hy was heeltemal gewillig om my te leer. Vir 'n gunsie, sou ek later uitvind. My vriendinne is vroegaand al huis toe en Danie het aangebied om my terug te neem na my blyplek. In daardie dae was dit nog relatief veilig, maar steeds was ek nog naief oor die manlike geslag. Ons het van die nagklub af geloop in Kerkstraat tot amper by die stasie waar sy kar gestaan het.
Ek het benoud begin voel terwyl ons stap,want dit was stikdonker, maar nou was dit reeds te laat. Dit was beter om saam hom te stap as alleen.

In sy kar het ek gou verduidelik hoe om by my woonstel te kom. Daar aangekom, wou hy iets drink. Maar dit was nie sy plan nie. Hy het my vasgedruk en begin soen. Volgens hom was hy in die army en het vir my en die hele Suid-Afrika geveg op die grens - het 'n naweekpas gehad, en om hierdie rede moet ek my dankbaarheid teenoor hom betoon deur saam hom te slaap.
Toe besef ek dat hier moeilikheid is. Al was ek nie meer 'n maagd nie, was ek beslis nie 'n one-night stand nie. Ek moes vinnig plan maak. Het gesê dat ek net gou gaan nagklere aantrek en bietjie opfris. Ek het langer as gewoonlik in die badkamer gedraai.

Gelukkig toe ek uit die badkamer kom, het hy uitgepass gelê op een van die beddens.
Die hele nag, het ek natuurlik nie 'n oog toegemaak nie en hom vroegoggend wakker gemaak en gevra om te gaan, omdat ek moet gaan werk. Hy is daar uit met beloftes om weer te kom kuier. Gelukkig het dit nie gebeur nie. Hy het seker iemand gekry wat meer dankbaar was teenoor sy heldhaftigheid as soldaat, as wat ek was teenoor volk en vaderland en die manne op die grens.

Met hierdie episode het ek besef dat ek nie net mense, veral mans op die stadium, kan vertrou nie en het nie gou weer iemand huis toe genooi nie. Veral nie as ek alleen was nie.

Terwyl ek met tandestokkie uitgegaan het, het ek 'n paar vriende gemaak. Nadat ons uitmekaar is, het ek steeds vriende gebly met van hulle. Ons het gereeld saamgekuier na werk. Almal van ons het klaar geswot en nou was dit tyd vir kuier en ontspan.

Een middag het my telefoon gelui in die woonstel. Dit was in 1992 en in daardie tyd was daar nog nie so iets soos 'n selfoon nie.

Flip en Francois het my genooi om saam plaas toe te gaan die naweek vir 'n verjaarsdagpartytjie. Ek het natuurlik ingestem met die woorde: no strings attached en ek gaan as 'n single girl. Flip het 'n ogie op my gehad, maar hy was soos 'n broer vir my.

Vrydagmiddag het ons in die pad geval plaas toe, net anderkant Hartbeespoortdam. Die ou Nissanbakkie lekker beknop met my tussen die twee fris manne! Hemels!

Kort voor lank was ons op die plaas. Ek het reeds die meeste van die mense geken, maar hul het nie die nuwe ek geken nie.

Tydens vorige partytjies was ek soos 'n ou kloosterkoekie. Het nie 'n druppel drank oor my lippe laat gaan nie. Nou was dit anders. Die manne en ek het sterk gestaan.

Ons het heelnag deurgekuier en gedans. En toe sien ek hom!

Die stemme in die nagWhere stories live. Discover now