Laaste jaar en vet pret

58 1 0
                                    

My laaste en vierde jaar het aangebreek.  Yolanda buurvrou 'n paar woonstelle van my af het my voorgestel aan die lekker van partytjies, drank en Pretoriaanse naglewe. Tot hierdie tyd, behalwe van tandestokkie , was ek
nog  'n ou klein kloosterkoekie en het geen alkohol oor my lippe laat gaan nie. Ek het ook nie sommer uitgegaan, behalwe die steeds insluip by die fliek. Die kere was dit meer wettig. Voor die fliek , het ek die eienaars met wie ek ook intussen vriende geword het, gaan sien en hul het gesê watter teaters redelik leeg was.

Ons het ook psigiatrie gedoen en by Weskoppies gaan werk. My eerste dag daar was baie erg. Ons het 'n ou tannetjie van in die 60 gehad wat aan psigose en depressie gely het. Dit was 'n groot gesukkel om haar te bad, want die stemmetjies het vir haar vertel sy mag nie kaal wees nie. Bad na amper 2 ure klaar, kosvoer na 'n uur se gesukkel , want ons vergiftig haar, het sy uiteindelik tot rus gekom.

'n Uur daarna was sy weg. Soos mis voor die son verdwyn.  Die hele verpleegspan het in groepe ingedeel om haar te soek. Die polisie langsaan (Weskoppies is net langs die polisie opleinding skool), is ook betrek. 

Ons het ure in die versengende hitte na haar gesoek, die hele dag lank.  Uiteindelik net voor 5 die middag, kry ons haar, skaars 10 meter van haar saal af, waar sy in die bosse vir ons weggeskruip het.
Velig terug in haar kamer, het ons besef dat hierdie die moeilkste deel van ons opleiding sou wees.

Ons was self nog vreeslik jonk. Twintig, een-en-twintg. Ons moes eintlik nog onself ook vind.
Ons is blootgestel aan manupileerders van formaat, depressielyers, skisofrene, pedofiele ens.  Hier het ons net dagskof gewerk en gelukkig vir ons die reeds opgeleide personeel nagdiens.

Dit was ook in die tydperk dat Hendrik en Linda besluit het , dis 'n goeie tyd om Keith te ontmoet. Yeah....!!!

Die langnaweek het ons in die pad geval na Belfast. Naby die dorpie, het Hendrik gesê dat ons na Keith se ander plaas toe naby Badplaas sou gaan. En ook dat dit 'n klein kliphuisie is, met net 2 groot slaapkamers en talle beddens in. Die belangrikste was: geen elektrisiteit.  In daardie jare was  ons meisies se hare almal geperm en het soos 'n wolk om jou kop gepas. Met bietjie gel en water, kon die haardroeër maar in die tas bly.

By die hek, het hierdie boer gestaan. 'n Lange riet, bruingebrand, kakieklere en die mooiste blou oë. Keith was wel 'n engelse naam, maar 'n Afrikaanse boer in murg en been. Ek het hom nog nie eers ontmoet nie, maar die vlinders in my maag het so rondgevlieg dat ek skoon aan die bewe gegaan het tot groot vermaak van my vriende.

Ons is voorgstel aan mekaar. Aanvanklik bietjie skugter vir mekaar, maar soos die branewyn vloei, het ons oor die styfheid gekom en net met mekaar gesels.

Ek kan nie eers onthou of ons wel iets geëet het, daardie aand nie. By my was dit liefde met die eerste oogopslag. En dit het amper gelyk of Keith ook so voel.

Onder luide aanmoediging van ons vriende, moes hy my die plaas gaan wys. Halloooooo? Dis dan donker?  Maak nie saak nie. Hy het 'n motorfiets met 'n lig! Whao!  Fantasties.

Ek het hom styf vasgehou met styftoegeknypte oë ook. Ons het deur die velde gejaag, met die wind deur ons hare. My hart het gedoef-doef teen sy rug.

En skielik! Skielik vrek die motorfiets en dit is doodstil en pikdonker om ons. Toe ek opkyk sien ek honderde oë na my kyk!

O f....... Keith, hier is leeus! Kry my hier uit!

Keith het op die grond neergeval soos hy lag.  Ek plattelandse-stadsmeisie was nog nooit op 'n plaas nie moet ek net bysê.

En die leeus? Hy het met my in die beestekamp ingey. Of die motorfiets rerig gevrek het of aspris, sal ek nooit weet nie.

Ons moes terugstap huistoe waar niemand kon ophou lag vir die leeustorie nie. En hierdie was die begin van 'n fantastiese vlinder-in-die-maag verhouding.

Die stemme in die nagDonde viven las historias. Descúbrelo ahora