My ouers

31 1 0
                                    

My ouers het geweet dat ons uitgaan en het later daarop aangedring om Jaco te ontmoet.
Hul het een naweek vir my kom
kuier en Jaco het ook spesiaal deurgery om te kom ouers ontmoet.

Oorkant my woonstel het 'n nuwe restaurant oopgemaak en ons het besluit om daar te gaan eet.
Eers was Jaco dood benoud oor die ontmoeting, maar hy en my pa het gou besef brandewyn en coke het nie brieke nie en die aand was goed ge-olie! Ons het so gelag en gesels en ek het die simpelste grappe vertel van senuwees.

Een was: hoekom is daar so baie kakkerlakke? Antwoord: want hul kon nog nooit nie sulke klein kondome maak nie!
Nooit het ek gedink dat ek sulke grappe voor my ouers sou vertel nie. Ons het ontsettend konservatief grootgeword en hierdie grappie was erg ! Vandag sou ek nie eers gedink het dat dit snaaks is nie.

Die koeël was deur die kerk.
Almal het van mekaar gehou en oor die weg gekom en my ouers het uiteindelik goedkeuring gegee vir "n verhouding! Nie dat ek so vreeslik baie kêrels gehad het nie.

Binnekort was ons naweke Laeveld toe om te gaan kuier. Die liefde het geblom. Ons was in daardie tyd onafskeidbaar.
Jaco, my pa en broer wat 5 jaar jonger is as ek, het gereeld met kuiers gaan gholf speel en vasgehaak by die klub na die tyd. Ek dink my pa het harder gevry as ek!

Die maande van ons verhouding het langer geword. So ook die diepte van ons liefde vir mekaar.
Ons sosiale lewe was besig. Die naweke wat ons nie gewerk het nie, was dit kuier saam vriende op die plaas. Of Laeveld toe na my ouers.

Ek het voorheen nie baie gedrink nie, maar die klomp boere en hul meisies kon. So ek het maar lekker saamgekuier.

Een aand het ek sy oom ontmoet. Hy was nog jonk van gees en ons almal, ek en Jaco, sy oom en die se dogter en kêrel is na 'n kuier plek iewers naby Johannesburg. Voordat ons gery het, het elkeen 'n glas rooiwyn gedrink om warm te word, aangesien dit winter was.

By die restaurant het ons eers gekuier in die kroeg voor die vuur. Rooiwyn en toe Sambuka shooters, en daarna kan ek nie onthou nie. Hierdie was beslis nie 'n goeie kombinasie nie. Ek het gedans met al wat 'n gewillige man was. Nou moet ek bysê, dat ek nie juis veel
van 'n danser is nie. Maar die aand kon ek dit fantasties doen.

Die restaurant was net langs die kroeg. Ons het soontoe gestap. Toe die koue lug my tref, het die drank in my maag geskommel en ook my kop aangetas. Almal het gaan eet, maar ek het op my knieë voor die groot wit ronde troon deurgebring en die katte op aarde verminder.

Hul het dit darem goedgedink om vir my 'n doggiebag te kry, waarvoor ek eers baie later die volgende dag kans gesien het.

Oppad terug Pretoria toe, moes ons noodgedwonge 'n hele paar noodstoppe langs die pad doen , sodat ek nog méér katte kon skiet. Teen die tempo was Pretoria byna katvry!

By die woonstel, is ek net afgelaai en nadat Jaco gekyk het dat ek veilig in die bed is met 'n emmer langs my, het hul verder die stad gaan rooiverf.

Ek weet nie hoe laat hy teruggekom het nie, maar die aarde het die aand baie kere meer om sy as gespin as te vore. My kop die volgende dag wou bars. Ek het nie al die babbalaas regmakers geken nie en moes maar suffer. Gelukkig was dit nie nodig om te werk nie. Ek sou beslis 'n paar arme pasiënte vergiftig het met my asem alleen.

Die les: moet nooit weer jou drank meng nie!!!!!

Die stemme in die nagWhere stories live. Discover now