Mevroutjie is jy wakker? Baie geluk jy het 'n pragtige babadogtertjie ryker geword! Hoeveel kinders het jy al?
Twee......
Waaaaaat? Jaco, val amper oor sy eie voete! Waar is die ander twee dan? Ek het gedink hierdie is jou eerste swangerskap!
Baie dankie Narkose!
Nee, dit is wel my eerste swangerskap en eerste liefie-baba.
Ek en narkose is beslis nie beste vriende nie hoor!
Hulle het my uit die teater gestoot, hysbak toe. Voor die hysbakdeure, staan my ma en kleinboet! Toe Jaco hul die oggend bel en van die noodsituasie vertel, het hul in kar geklim in Nelspruit en voet in die hoek gesit om betyds te wees vir die groot oomblik!
Ek was so bly om almal te sien.
Kon nie wag om die nuwe lewetjie te sien nie, maar hul moes haar eers skoonmaak en aantrek.En hier het probleem een begin. Haar opwagting vier weke te vroeg, was totaal en al onverwags. Ons baba- en mammatassie was nog nie gepak.
Jaco het my gelos by die hospitaal en huis toe gery met 'n lysie van benodighede.
Dit was nogals 'n groot grap. Baba s'n was reg, maar mamma sou moes voetroom aan haar gesig smeer, want pappa ken nie die verskil tussen die buisies nie. Vet pret hier begin ons.Probleem twee: 'n voedingsbra.
Hy moes dringend een gaan koop vir my. Grootte? Soooo groot het hy met hande beduie in Edgars. Die laggende assistent het my gebel uit die winkel uit met die dilemma. Gelukkig het hulle reggekom en kon die groeiende borste wat nou skielik 'n ander rol moes vervul, ondersteun word.Nou moes ek die narkose afslaap en ek moet bysê dat ek nie gebou is vir pyn nie. Elke beweging was folter.
Die middag het hulle sussie ingebring. Ag watse wonderwerkie was dit nie om haar in my arms te kon vashou die eerste keer nie! Pappa se glimlag was reg rondom sy kop! My hart wou bars van vreugde en liefde.
Dit is darem die wonderlikste gevoel om so kleine lyfie vir die eerste keer vas te hou in jou arms.
Wat sê hulle, 9 maande in jou maag en 18 jaar in jou beursie? Ja en so begun dit!
Pure vreugde.
Sussa het baba geelsug gekry en omdat ek hoë bloeddruk gehad het, moes ons 5 dae lank in hospitaal bly. Hierdie was welkome ruskansie.
Terug by die huis, het die werklikheid van 'n nuwe baba en die nappydrill ons met 'n spoed gevang. Ek het egter gou besef, dat as Sussa slaap, mamma ook moet slaap. Huis skoonmaak kon bietjie wag. Gelukkig het my dierbare Ouma kom hand bysit. Sy het omtrent 3 maande lank gebly. Kosgemaak, so bietjie skoonmaak was haar prioriteite.
Jaco het seker net die eerste 2 weke goed saamgespeel. Daarna het hy die manlike voorreg of reg soos hul dit sien, aangegryp. Mamma moet tuis bly en kind grootmaak. Pappa kan mos maar aangaan en kuier saam vriende soos in die dae voordat ons "grootgeword" het.
Menige aande het ek bed toe gekruip na 'n vermoeiende dag met Sussa en al die dinge wat 'n vrou moet doen, wat soms vanselfsprekend deur die manne aanvaar word. Pappa het dan in oggendure huis toe gesluip of geslinger gekom. My prioriteite en belangstellings het verander. Syne nie.
Ek dink 'n nuwe baba is die toets van enige huwelik. Hier moet ons saamstaan en beslis nie toutrek nie.
Dis glad nie lekker om jou baba basies alleen groot te maak nie.
Moet my nie verkeerd verstaan nie. Jaco was baie lief vir sy meisiekind. Sy vriende en leefstyl waaraan hy gewoond geraak het, was soms net belangriker as dit.Ek moes baie besluite alleen neem. Baie aande alleen by die huis sit, as sy knieserig was. Ons het steeds uitgegaan en saam vriende gekuier en als, maar dit was anders met 'n baba saam. Soms moes ek alleen vroeër huis toe gaan, omdat sy nie wou slaap of siek was. Dan het Jaco gekuier totdat die son opkom. En dan die volgende dag omgeslaap, terwyl ek met die gewone dagtake aangaan.
Hierdie is nie goed vir enige huwelik nie.
Ek het gehoop dat hierdie fase by Jaco sal verbygaan en dat hy sou grootword. Ek het nie verwag hy moet op die stoep sit en oud word nie. Net dat ek hulp sou kry om ons dogter groot te maak.
YOU ARE READING
Die stemme in die nag
RomanceSaans as mens wil slaap, dan kom al die stemme, die planne, ek moes dit of dat gedoen het........die duiwel fluister in jou oor, jy is baie brawer. Maar as die son opkom en al die realiteite van die lewe jou tref, wil jy soms dan n slaappil drink en...