Mosambiek en nuwe uitdagings

38 0 0
                                    

So gaan die eerste ses maande se getroude lewe verby. Alles is nie altyd maanskyn en rose nie, maar ons pas goed aan by mekaar. Die wittebroodfase is darem nog steeds daar.

Ons sou soms om byna middernag lus wees vir pizza en roomys. Daar was 'n 24 uur pizza plekkie in sunnyside waar ons salarisse inbetaal was het dit gevoel. Dan het ons sommer gegaan en pizza bestel en ook roomys en heerlik midnight feast gehou en al die matras kaskenades wat gewoonlik daarna gevolg het. Ons was immers nog so te sê op wittebrood en die kos moes verbrand word. Draf was so uit soos hoendertande. So wat is dan nou beter as die matras kaskenades?

In Julie het ons jaarlikse verlof aangebreek. Sy oom het ons genooi om Mosambiek toe te gaan.

Ponta Malangani was daardie tyd nog in beginfase van ontwikkeling. Die grenspos was nie soos almal ons gewaarsku het nie. Ons is maklik daardeur sonder enige bribes.

Paaie was beslis nie baie toeganklik nie. Ons het sommer met die intrapslag vasgesit, al het ons met 'n bakkie gery en moes uitgesleep word deur een van die min voertuie wat daar verby ry.

Die strand was spierwit, die water blou, die weer perfek. Vreemd in die vreemde. Ons het geen winkels gehad, net die natuur om ons. Sy oom het 'n permanente staanplek daar gehad met 'n karavaan en 'n tent. Hy in die karavaan, ons in die tent. Die ablusie blokke was nou nie juis iets waaroor mens huis toe kon skryf nie. Dit was wel daar, maar die toilette kon nie spoel en die water was koud. Dit het my nie gepla nie. Ek het elke dag stukkie van die lyf vir stukkie gestort onder die koue water. Die manne het in die see geswem. Dit is mos goed genoeg?

Hulle het daagliks visgevang. Ek het op die strand gelê en lees. Het probeer snorkel, maar ek kon dit nie regkry.

Elke aand was daar heerlike vars vis op die kole. En wyn wat uit die hemel geval het. Ons en twee ander mans was die enigstes in die kamp. Dit het ons vrye teuels gegee om so laat en so hard as moontlik te kuier.

Een sonskynoggend het ons die pad aangedurf Maputo toe. Wat 'n ervaring!
Ons moes al met die strand langs ry tot op 'n sekere plek waar ons dan tot op die "hoofpad" kon gaan. Moet sê dat ons meestal in die bos langs die pad gery het, want daar was geen pad nie, net een groot gat.

Uiteindelik naby Maputo,moes ons met die ferry ry tot by die hawe. Dit was vreemd. Die water nie baie skoon hier. In Maputo het ons gou by 'n tipe kafee kos gekoop. In die paar minute wat ons binne was, is als van die bakkie afgesteel.

Elke meter wat jy ry, was daar honderde swartetjies wat gebedel het of probeer goed smous het. Ons het die swartmark besoek wat nogal interessant , maar skrikwekkend was. Ons almal het mekaar vasgehou hier, om nie weg te raak tussen die honderde mense nie. Noodsaaklike items soos kos is hier gekoop.

Die kersie op die koek was dat ons die ferry terug gemis het. Dadelik is daar slaapplek gesoek. Die hotelle wat skoon genoeg was, se pryse was buitensporig hoog. Dus was die bakkie die enigste uitweg. Ons het by 'n veilige plek gestop. Jaco se oom het voor in die bakkie geslaap. Ons twee agterop onder 'n seiltjie. En dit was skielik vrekkoud! Jaco wou heeltyd die seil toe hê aangesien dit koud was, maar ek wou versmoor. Hierdie was een van die ongemaklikste slaapsessies ooit. Die son kon nie gou genoeg opkom nie.

Met sonsopkoms, is ons ferry toe. Gelukkig die keer betyds. Die rit het soos 'n eeu gevoel. Met die reën wat deur die nag geval het, was die terugtog baie stadig. Dit het intussen donker geword en ons het verdwaal. Ons het in 'n Frelimo kamp geland. Skielik was ons omring deur 'n klomp swartes met AK47 gewere. Dit was onsettend scary. Gelukkig kon sy oom Fanigalo praat en met bietjie omkoop geld, was ons vinnig "vrygelaat".

By die pad wat ons op die strand moes ry, was dit hoogwater. Dit het beteken dat ons weereens 'n nag in die bakkie moes deurbring. Ons het nie juis kos gehad om te eet nie. Net 'n brood, blikkies bullybeef en paar tamaties. En natuurlik brandewyn. Die bullybeef blikkie is met 'n knipmes oopforseer. Elkeen het 'n homp brood afgebreek en die tamaties sommer net so gebreek of geskeur. Ten minste kom ons dit afsluk met brandewyn.

Na nóg 'n moeilike nagrus kon ons darem met sonsonopkoms die pad strandlangs aandurf terug kamp toe.

Vet pret die aand gehad. Ons het 'n reuse vuur gemaak en prawns (hele 10 liter emmer vol vir R20 in Maputo gekoop) gebraai met knoffelbotter op die vuur. Bykosse was kerrierys en wyn en wyn en wyn. Ek is glad nie 'n roker nie. Die aand het ek myself laat ompraat om 'n sigaret te rook. Een sigaret, saam al die wyn en heerlike ryk vars maputo prawns is beslis nie 'n goeie kombinasie. Ek was verskriklik siek van dit alles. Nodeloos om te sê, rook en ek het nie boesemvriende geword nie.

Die volgende dag het ons 'n dringende telefoonoproep van Jaco se ouers in Suid-Afrika gekry. Ons het ons doodgeskrik. Daar was nie juis telefoonseine nie en hul het iemand op Ponta da Oro gebel wat vir ons die boodskap kom gee het. Ons het die ergste verwag.

Het oor die grens gery ná 'n bietjie omkoopgeld en na die naaste klein dorpie wat telefoonontvangs gehad het.

Die dringende soek na ons, was gelukkig nie doodtydings of siektes nie. Ek moes binne die volgende twee dae gaan vir 'n onderhoud by die plaaslike munisipale kliniek in Jaco se tuisdorp. Ek het al vergeet daarvan dat ek my cv ingestuur het, net na ons troue.

Ons moes noodgedwonge die vakansie kortknip en terugkeer huis toe. Ek was nogal ontsteld daaroor, want op 'n manier het ek geweet dat ek die werk sou kry.

Na die onderhoud het ek binne twee ure gehoor dat ek aangestel is as klinieksuster by die munisipale kliniek. Hierdie was vir my eintlik soos 'n vonnis. Dit sou beteken dat ons moes Brits toe trek. Vir Jaco sou dit beter wees, dan het hy nie nodig gehad om elke dag van Pretoria af werk toe te ry nie. Finansieël sou ons ook baat vind.

Ek het bedank by die hospitaal. Ons het gou blyplek gekry in 'n ordentelike woonstel.

Die dag wat ons trek aangery is na Brits , het ek heelpad gehuil.

Ons lewens sou drasties verander mer hierdie besluit.

Die stemme in die nagWhere stories live. Discover now