Die dolkop avontuur en sprokiesfilmverhaal van 'n donquijotiese, middeljarige vrou wat nie wil opgee op haar droom nie en dus aanhoudend haar gat sien.
Op skool was ek dol oor al die kunstige vakke, insluitende tale, maar ek het Wiskunde en Wetenskap gehaat. Dalk omdat ek al Wiskunde begin dop het in Graad 6. Ek was versot op Kuns. Aan die einde van Graad 9 (in daai dae was dit Standard 7 genoem), toe my skool my laat weet het dat daar geen kunsklasse meer sou wees die volgende jaar as gevolg van min belangstelling nie, het ek dus aansoek gaan doen by 'n bekende kunsskool in Pretoria. Dit was 'n droom bewaarheid en ek was oortuig ek sou eendag 'n wêreldberoemde kunstenaar word. Die beskeidenheid van die jeug.
Na skool het ek Vermaaklikheidstegnologie gaan studeer (kostuumontwerp, grimeerkuns, bou en verf van rekwisite, klank en beligting ens.). Dis toe dat ek daai realiteitsbyt gekry het, soos 'n ton sement op my kop het als net skeefgeloop van daar af! Ek het rerig net nie meer my kursus geniet nie en ek was nie meer seker wat ek met my lewe wou doen nie.
Ek het besef dat ek film gelief het, nie teater nie en dat ek nie daarvan gehou het om agter die skerms te werk nie (om 'n verhoogsassistent te wees nie). Ek wou skep en deel wees van die kreatiewe proses. Ek het begin droom van aktrise word maar dit het vir my onmoontlik gevoel want ek was baie skaam en teruggetrokke. Die realiteit van goed studeer waavan ek nie gehou het nie en die probleme met finansies het daartoe gelei dat ek na een en 'n half jaar my studies opgeskop het. Domgat skuif nommer een.
Ek het 'n deeltydse "Method Acting" dramakursus begin. Dit was wonderlik. Vir die eerste keer in my lewe het ek iets gevind wat my vry en lewendig laat voel het. Dit was dieselfde manier wat kuns my laat voel het maar net nog meer so. Drama was pure ekstase en pure pyn en leiding. Ek moes leer om my "verhoogvrees" te oorkom.
Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.
Na my vreesaanjaënde ondervinding in 2000, het ek besef dat ek nogsteeds die Metode toneelspel will doen, net nie op daai stadium nie. Ek het 'n breuk nodig gehad. Ek het besluit om eerste te konsentreer op my geestelike lewe deur inteskryf by my kerk se Bybelkollege. Ek wou seker maak dat Metode toneelspel God se wil was vir my lewe en ek was bereid om tydelik my drome neertelê en te wag op die Here vir antwoorde. (Om my vrees vir my Metode toneelspel onderwyseres te oorkom was ook 'n hoë prioriteit).
Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.