Die dolkop avontuur en sprokiesfilmverhaal van 'n donquijotiese, middeljarige vrou wat nie wil opgee op haar droom nie en dus aanhoudend haar gat sien.
Wanneer jy 'n werklose oujongnooi in haar veertigs is, blik jy somtyds terug oor jou lewe en dink na oor al jou foute. Soos mens mos maar doen. In my geval; 'n bietjie van 'n morsige lewe en 'n paar grootskaalse dinges-droogmaak-sessies. Okay, moerawiese popo-wat-die-fên-belt-getref-het-ef-ups.
Wat om nie te doen, is somtyds meer opvoedkundig as 'n lysie vol voorskrifte (natuurlik veral as jy nog self nie nonsies aangejaag het nie). So, hier is my pêrels, een weetniet tot 'n ander.
Liewe Matrikulant; asseblief moenie universiteit toe gaan as jy nie seker is wat om te studeer nie. Dit verg nie gevorderde Wetenskap nie. Vat 'n jaar af. Reis. Werk oorsee. Leer jouself beter ken. Moet. Dit. Om. Hemelsnaam. Net. Nie. Doen. Nie.
Ek is so lief vir daai eiegeregtige bliksemstrale wat net 'n onwrikbare geloof in hul roeping gehad het van kindsbeen af. Poepholle. Elke nuwe skooljaar wou ek iets anders word. Eers 'n onderwyseres, toe 'n skonekunstenaar, auteur, tekenprentjie-kunstenaar, modeontwerpster en laastens 'n film reggiseur.
Ek het in daai ry gestaan en ek het geweet ek moes nie registreer vir my tweede jaar in Teatertegnologie (Teater kunste) nie. Hulle het in 1999 dit net "Vermaaklikheidstegnologie" begin noem. Ek het my een-jaar, nasionale sertifikaat suksesvol voltooi. Hoekom kon ek dit net nie daar los nie? Die trein het teen 'n honderd myl 'n uur gevlieg en ek het nie geweet hoe om aftespring nie.
Ek het voorheen my hoërskoolloopbaan voltooi by die beste kunsskool inPretoria, nes die televisie reeks "Fame" en dit was fantasties! Eerstens omdatek ontsnap het van die rowwe, growwe meisies wat my geboelie het by my vorige skoolen laastens omdat my kunsskool vol kreatiewe "weirdos" was, nes ek. My dae vanwegkruip vir die meisies in die badkamers was vir altyd 'n verre herinnering,soos die vaë reuk van weggespoelde riool wat wegwaai op die wieke van die wind.
Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.
My hoofriging was Skone Kunste. Ek het A's gekry vir als waarin ek belang gestel het (al my kunsvakke). B's vir Engels. C's vir Afrikaans. Dit het basies net afdraand gegaan van daar af. Ek't nie omgegee vir enigiets anders nie. Ek het net kuns op die brein gehad en basta met die res.
Oops! This image does not follow our content guidelines. To continue publishing, please remove it or upload a different image.